Knap jou sakevernuf met leesstof op
Ek het onlangs ’n heerlike boekpakkie van Van Schaik Uitgewers ontvang met die volgende vier Engelse titels: Introduction to marketing – a Southern African perspective, Basic principles of financial management, Entrepreneurial skills en Exploring creativity and innovation. KragDag-lesers, -uitstallers en -entrepreneurs kan baie baat vind deur dié interessante boeke te lees met die oog op die naderende KragDag-ekspo in Augustus.
Introduction to marketing – a Southern African perspective (Editor Nicole Cunningham)
Hierdie waardevolle tweede uitgawe beslaan 534 bladsye en leer jou alles en nog wat oor tradisionele en kontemporêre bemarking. Daar is 21 hoofstukke waar jy kan lees oor verbruikersoptrede en –besluitneming, marknavorsing, produkontwikkeling, bemarkingskanale, prysbepaling, advertering en verkoopspromosies, direkte bemarking, digitale bemarking, besigheidsbemarking, internasionale bemarking en selfs etiese konsiderering m.b.t. bemarking, ens. Daar is ook meer inligting oor die wetgewing wat verbruikers beskerm.
Uittreksel: “How do consumers become aware of products and services? How do they know which product or service is right for them? How do organisations know which products or services their consumers would like to buy? The answer is through the organisation’s marketing effort.”
Basic principles of financial management (LM Brümmer, JH Hall & E du Toit)
Hierdie leersame boek beslaan 297 bladsye en sal vir elkeen wat met die bestuur van finansiële sake gemoeid is oor 16 hoofstukke toerus met die basiese beginsels oor hoe om finansies doeltreffend te bestuur en finansiële state te interpreteer. Van klerke tot bestuurders of beleggers sal waarde hieruit put, so ook die gewone individu of entrepreneur wat begrotings wil lees, opstel en die syfers moet laat klop.
Uittreksel: “Even a layperson will glean valuable tips on how to manage finance in terms of systems and units of administration, and thus be better equipped to understand financing and investment decisions. … It is especially directed at individuals who have a limited knowledge of financial management and wish to supplement it.”
Entrepreneurial skills (NM Mmako, W Sambo & R Shambare)
Dié interessante tweede uitgawe beslaan 255 bladsye en 12 hoofstukke. Die praktiese en relevante inhoud rus entrepreneurs deur onder meer plaaslike gevallestudies toe om onafhanklik en nuut te besin oor hoe hulle waarde kan skep in die veranderde ekonomiese toestand ná die pandemie. Entrepreneurs leer hoe om hedendaagse uitdagings te hanteer en sal ook hulle vaardighede om suksesvolle besighede te bedryf, opskerp. Die inhoud sluit in: die eien van geleenthede; die stel en bereiking van realistiese doelwitte; netwerk; leierskap en bestuur; kreatiwiteit en innovasie sowel as die hantering van regskwessies.
Uittreksel: “It draws from real-world examples to introduce the reality of entrepreneurial life so that the reader will better understand his or her motivations for staring a business and avoid being disillusioned by distorted concepts about what is required to be a successful entrepreneur.”
Exploring creativity and innovation (Alex Antonites)
Hierdie tweede uitgawe beslaan 273 bladsye en 10 hoofstukke, volg ’n prosesbenadering en verskaf plaaslike relevante voorbeelde en gevallestudies om lesers te help om die konsepte van innovasie en innovasiebestuur binne die Afrika-konteks te verstaan. Kreatiwiteit is nodig om probleme op te los en idees te genereer sodat geleenthede wat deur die 4de Industriële Revolusie en in ’n aggressiewe globale besigheidsomgewing geskep is, ontgin kan word.
Uittreksel: “Exploring creativity and innovation discusses all the aspects of innovation, including the creative person, process and outcome; and now also includes a section on design thinking that facilitates creative behaviour in an array of business and organisational environments.”
Dit is baie belangrik dat entrepreneurs en besigheidseienaars op hoogte bly van voortdurend veranderende marktendense, veral in die uiters kompeterende en moeilike besigheidsomgewing waarin ons ons bevind. Niemand kan dit bekostig om foute te maak wat jou duur te staan kan kom nie. Doen jou huiswerk. Jy hoef nie noodwendig universiteitsopleiding of jare se ervaring te hê om suksesvol te wees nie, maar jy kan baie doen om jouself met die nodige vaardighede te bekwaam deur boeke te lees wat deur kenners geskryf is en bedoel is om waardevolle opleiding te verskaf wat hand-aan-hand gaan met regte lewe gevallestudies.
Koop Introduction to marketing – a Southern African perspective 2/E hier.
Koop Basic principles of financial management hier.
Koop Entrepreneurial skills 2/E hier.
Koop Exploring creativity and innovation 2/E hier.
Kompetisie
Vier gelukkige persone kan elk een van die bogenoemde vier titels wen met die komplimente van Van Schaik uitgewers. Lewer gerus hier onder kommentaar en vertel watter boek jy graag sal wil wen. Sluitingsdatum 31 Augustus 2023.
Ek sal die boek ‘Exploring Creativity and Innovation’ graag wil lees. Ek het in my loopbaan prysse gewen oor idees wat ek ingestuur het, om die werksomgewing te verbeter, en misdaad te bekamp.
Ek is positief,en skryf ook graag oor motiverende onderwerpe.
Baie geluk, Antoinette. Jy wen die boek getiteld Exploring Creativity and Innovation. Introduction to marketing – a Southern African perspective Ons sal met jou in kontak kom om te reël waarnatoe jou boekprys gepos moet word.
Sal graag “Exploring creativity and innovation” wil lees!Sal lekker wees om die voorbeelde en gevallestudies te lees en te sien hoe dit van toespassing sal wees in my beroep.
Sal ook graag Introduction to marketing – a Southern African perspective wil lees.
Baie geluk, Marlise. Jy wen die boek getiteld Introduction to marketing – a Southern African perspective. Ons sal met jou in kontak kom om te reël waarnatoe jou boekprys gepos moet word.
Introduction to marketing – a Southern African perspective dit sal baie help om te help met ons maatskapy se bemarking
Geluk, Johan, jy wen ‘n kopie van “Basic principles of financial management” (LM Brümmer, JH Hall & E du Toit). Ons sal jou binnekort hieroor kontak.
Ek sal graag Introduction to Marketing: A South African Perspective wil wen. Ek werk vryskut aanlyn en moet op hoogte bly met bemarking, ten einde my besigheid te laat groei.
Geluk, Anne! Jy wen ‘n kopie van “Entrepreneurial skills (NM Mmako, W Sambo & R Shambare).” Ons sal jou binnekort in verband hiermee kontak.