Boekoorsig: Jou eie besigheid: raad en wenke
Baie droom daarvan om hulle eie besighede te begin. Ek is dus opgewonde om die splinternuwe boek getiteld Side Hustles and Startups (a Heavy Chef Recipe Book) met KragDag-lesers te deel. Dit is ’n praktiese 10-stap gids oor hoe om ’n besigheid in Suid-Afrika te begin. Heavy Chef is ’n leergemeenskap vir entrepreneurs. Die naam kom van gesegde “Never trust a skinny chef” – in hierdie geval is ’n “heavy chef” ’n suksesvolle persoon met ervaring.
Die lokteks op die agterblad som die inhoud só op: “Whether you’re looking to earn some ectra money on the side or deaming of starting The Next Big Thing, Side Hustles and Startups is packed with the information you need to take this big step into your bright future. We’ll teach you how to 1) Find your passion, 2) Test your idea, 3) Manage your money, 4) Write a business plan, 5) Get funding, 6) Do the tax and admin, 7) Brand and market your business, 8) Set up processes and systems, 9) Build your team, and 10) Take care of you.
Heavy Chef sat down with some of South Africa’s foremost entrepreneurs, side hustlers, strategists, marketing whizzes, investors and, yes, even tax specialists to get you going. Combined, they have centuries of experience creating and growing side hustles and startups. We’ve turned their advice into bite-sized lessons for you to snack on, as if you’re firing off instant messages to these trailblazers when you get stuck on your journey. Go on. Start up and hustle away.”
Side Hustles and Startups beslaan 234 bladsye en tien hoofstukke. Daar is ’n “Learn. Do. Share”-afdeling aan die einde van elke hoofstuk. Die “Learn”-gedeelte som die inhoud van die voorafgaande hoofstuk op. Die “Do”-gedeelte het plek vir jou eie aantekeninge en moedig jou aan om jou idees neer te skryf en aksie te neem. Die “Share”-gedeelte lei jou na meer navorsing, en jy kan ook gesprekke begin oor dít wat jy geleer het. Moeilike en onbekende terme word uitgelig en gedefinieer. QR-kodes gee ook toegang tot meer inligting. Die inhoud word duidelik oorgedra op ’n bemoedigende geselstrant. Daar is hope praktiese, uitvoerbare wenke en raad.
Fred Roed, die medestigter van Heavy Chef, skryf die volgende in die voorwoord: “Consider this book more than just a recipe for success that will give you helpful tips for your journey. Consider it a guide written by a group of sage elders. These are the superheroes who have walked the walk, dug the trenches, rolled up their sleeves and done their 10 000 hours. The tactics and strategies contained within these pages are authored by technologists, leaders and creatives who have taste-tested the ingredients of entrepreneurship. They have eaten their own food, so to speak. With this book, they are passing their findings to you, the next generation of heavy chefs.”
Ek beveel hierdie inspirerende, praktiese gids graag aan vir enigiemand wat ’n besigheidsidee het en dit graag wil laat maak werk. Selfs huidige besigheidseienaars sal ook hierby baatvind.
Kompetisie
Drie gelukkige KragDag-lesers kan elk ’n kopie van Side Hustles and Startups wen. Om deel te neem, skryf in die kommentaarveld waarom jy graag ’n kopie sal wil wen. Die boeke kan slegs na ’n adres in Suid-Afrika gekoerier word. Sluitingsdatum 31 Januarie 2025.
Side Hustles and Startups
Ek sal baie graag hierdie boek wou ontvang, synde ek vir ‘n hele paar jaar al werk en beplan om my eie besigheid met “kunswerk en Kreatiewe kunshandwerk” te begin. Ek bedank einde Desember uit my 13jare lange beroepswerk (boekhoudster), en wil dan graag my jare lange droom van genoemde besigheid begin. Ek glo ek sal die wenke en raad uit hierdie boek, BAIE handig kan gebruik.
Boekoorsig: Jou eie besigheid: raad en wenke
Hierdie boek kan my en my kinders help om vir ons self te werk. Deeltyds begin doen vaarvoor ons geskep is en nie n slaaf vir geld word nie maar ons passies kan uit leef.
So kan ons en kein kinders ook gelei word om onderrig te kry in lyn met ons passies en ons God gegewe talente ontwikkel.
Ek glo hierdie riglyne kan in die skole vanaf graad 8 onderrig word sodat kinders alreeds weet hoe om met geld te werk en beginsels leer om vir hul self te werk. DOEN SELF JOU EIE DING.
Ek en my vrou droom al lankal daarvan om ons eie klein besigheid te begin, maar dit voel soms soos ‘n onbekende berg met baie klowe. Daar is soortgelyk boeke beskikbaar, maar hulle fokus is meestal die VSA of ander lande. Dit lyk of hierdie boek presies die regte “resepte” boek is vir ons om van die konsep na die praktiese oor te gaan hier op die suid punt van Afrika. Mag 2025 die jaar wees van groot dinge.
Reon en Elandri Coetzee is vanjaar as wenners aangewys in AfriForum se Juniorpreneurs-kategorie 4 fase. Hulle stel belang om hulle klein besigheid verder uit te bou. Ons glo “Side Hustles and Startups” sal hulle kan help. Baie dankie!
Genade! Hoekom sal jy NIE die boek wil he nie? Met besighede wat baie jare al bestaan wat toemaak is dit maar ‘n senutergende oefening om steeds elke dag die deure te probeer oophou. Veral vir ‘n vrou. Dan is daar nog idees wat moet kom want die geld raak op maar die planne nooit nie!
Goeie dag
My seun het met lê henne begin en wou net vir die huis eiers voorsien. Hy het nou uitgevind dat daar ‘n redelik mark in ons omgeweing is, en ook verder. Hy wil nou graag die boerdery uit bry sodat dit ook vir ‘n ekstra inkomste kan sorg.
Hierdie lyk na die idiale boek vir die nodige inligting wat ‘n mens nodig het, juis omdat dit Suid Afrikaans ge-orienteerd is. Als wat ‘n mens op die rakke kry is vir Amerika.
Ek bedryf my eie besigheid bekende as Die Raamwinkel Al sedert 2007 en weet daar is altyd nog meer om te leer en te ontdek, ek hou van uitdagings en sal die prakties raad implementeer en waardeer
Hoe meer mens kan leer hoe beter!
Ons wil graag uitbrei en groei..daar word al hoe meer struikelblokke in ons pad gegooi, ipv om klein besighede te laat groei en floreer, is Tshwane besig met struikelblokke, finasieël en papierwerk..
Met die hulp van díe boek, hoop ek om probleme en struikelblokke effektief en vinnig op te los of nog beter.. te vermy.
Ons is ‘n gesin met 3 tieners en besef dat in vandag se wêreld jongmense hulle eie besihede moet begin sodat hulle op hulle eie voete kan staan maar ook omdat die klein besighede in SA die ekonomie diversifiseer en aan die gang hou.
Ek het onlangs afgetree en bedryf tans ‘n bok-melkery en kaasmakery. My melk en kaas is oral ‘n gunsteling, maar bokmelk is ‘n nutsmark en my potensiële mark moet opgevoed word deur werkbare en praktiese bemarking. Synde ‘n werker uit die korporatiewe wêreld het ek baie praktiese raad nodig oor hoe om my eie besigheid te bedryf.
Goeie dag.
Ek sal baie graag ‘n kopie van “Side Hustles and Startups” wil ontvang.
Vir geruime tyd dink ek daaraan om my eie besigheid te begin, maar is so onseker hoe en waar en wat. Vriende en kennis gee raad maar jong Dit sal wonderlik wees om raad vanuit hierdie boek te kry. Dit maak dit net soveel makliker om alles te onthou want ek kan aantekeninge maak en weer terug gaan na wat geskryf is.
Net so beplan my 18 jare dogter om haar eie besigheid of twee mee te begin. Haar eie dansskool is defnitief op haar lysie, sommer heel bo aan.
Daarom hoop ek om ‘n kopie van hierdie boek my eie te kan maak.
Sien baie daarna uit. Seën wense
Ek sal graag my bestaande Wiskunde tutor besigheid wil uitbrei, sodat ek meer kinders en Universiteits studente kan help met hulle Wiskunde en Calculus.
Tans is al my klasse 1-tot-1 en dit beperk my groei, uitreik en hoeveelheid kinders/studente wat ek daagliks kan sien.
Ek sal nie graag my bestaande kliënte wil verloor nie, maar ek moet my tent penne wyer span.
Tans kry ek uistekende resultate met punte wat soms raak, raak aand 100% en ‘n paar wat wel op 100% staan!
Hoe brei ek myself uit of dupliseer ek myself…?
Ek hoop die boek sal my ten minste kan lei hierin, al is dit net die eerste stap 🙂