Dit alles word by AfriSake KragDag 2018 uitgestal

Soms is mens skoon teleurgesteld wanneer jy na die tyd uitvind wat jy het deur nie ‘n geleentheid by te woon nie, of nie geweet het waarvoor om uit te kyk terwyl jy wel daar is nie. Sonder om baie gestruktureerd dinge te kategoriseer, lys ons hieronder sommer in een paragraaf ‘n klomp van die dinge wat by AfriSake KragDag 2018 uitgestal gaan word. Die lys is nie naastenby volledig nie en daar is verseker vele interessante dinge wat ons oorslaan, maar wat vir jou nog lekker verassings gaan inhou wanneer jy die KragDag ekspo op 9-11 Augustus bywoon. Jy kan die volgende te wagte wees:

Wateropvangs, -stoor en -suiwering; sonkragoplossings; 3D drukkers; gewere; messe; verskeie nasionale en plaaslike organisasies; voedselproduksie (ingesluit akwaponika, hidroponiese stelsels en vertikale tuine); insektebeheer; elektriese motorkarre (ook Suid-Afrika se eerste elektriese bakkie); internet-oplossings; kooktoerusting; geotermiese energie; boorgate; pompe; opvoedkundige speelgoed, hulpmiddels en kurrikulums; kuns; isolasiemateriaal; verfoplossings; elektriese- en waterbestuur; plaastoerusting; veiligheidsalarms, -kammera’s en oplossings; batterye; buitelug- en kamptoerusting; rioolverwerking; braaiers; kragtoerusting; boeke; 4×4 sleepwaens; gastoerusting LED ligte; weefsel ingenieurswese; masjienbouers; oprigters van maste en staalstrukture; klamptoerusting; taktiese uitrusting; kreatiewe staalwerk; byeboerdery; droë ys oplossings; elektriese motorfietse; lugversorging; elektriese gereedskap; elektriese ware; aard-sel tegnologie; houtkloof toerusting; houtkerwers; leerprodukte; songeisers; energiebesparende produkte; windkrag; skoonmaak en herwinning; hidroponiese groenvoer; vuurveg- en brandtoerusting; bergingshouers; hittepompe; sleepwaens; vervaardiging; nutsgoed; slim elektriese- en watermeters; nutsvoertuie; boog- en jagtoerusting; veehantering hulpmiddels; kragopwekkers; waterontsouting; robotika; motoronderdele; kortkursusse; konstruksie; tonnels en kweekhuise; beveiliging teen diefstal van sonkragtoerusting; isolasie; huishoudelike doen-dit-self produkte; plasmasnyers; sweismasjiene; brood-oonde en mini-rookers; erfenis sade; kombuistoerusting; gesondheidsprodukte; fokusvrye vêrkykers; reservoirs en tenks; kettingsae en bossiekappers; outonome grassnyers; nagsig; hommeltuie; veebeveiliging; swembadtoerusting; krokodilboerdery; soldeeroplossings; grasnyertrekkers; werk”speelgoed” en implemente vir die hoeweman en kleinboer; pesbeheer; plaatmetaal toerusting; sonkrag motors; komposhouers; meubels van bande en herwinde materiaal; en verhittingspype.

En dan noem ons nie eers die interessante produkte in die snuffelmark en van die junior entrepreneurs nie.

Loer ook gerus na die voorlopige lys van uitstallers op die KragDag webtuiste .

Onthou AfriSake KragDag 2018 vind plaas op 9-11 Augustus. Toegang is gratis, mits jy voor Dinsdag 7 Augustus om 24:00 registreer … so nie is ingang R80 per volwassene (kinders bly gratis). Jy is ook welkom om al drie dae van die ekspo by te woon sonder enige verdere koste. 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui