The diary of a CEO

Penguin Random House UK publiseer The diary of a CEO geskryf deur Steven Bartlett.

Die boek beslaan 260 bladsye en beskryf 33 fundamentele besigheids- en lewenslesse wat die toets van tyd deurstaan het. Hierdie beginsels kan deur enigiemand in enige industrie toegepas word. Dit is gebaseer op sielkunde en gedragswetenskap en is onder meer ‘n samevatting van Bartlett se mees gewilde potgooi-onderhoude (ook getiteld The diary of a CEO) met van die wêreld se mees suksesvolle mense op verskillende terreine.

Bartlett word beskryf as ‘n mega-entrepreneur wat graag sy ervaring en onkonvensionele pad na sukses met ander deel. Hy is die HUB (hoof uitvoerende beampte), stigter en medestigter van vier industrieleidende maatskappye met ‘n gesamentlike waarde van meer as $1 biljoen. Hierdie maatskappy bied werk aan duisende werknemers wêreldwyd. Bartlett het op sy eie byna $100 miljoen se beleggings vir sy maatskappye ingesamel en belê self ook in meer as 40 maatskappy. Hy adviseer handelsmerke soos onder meer Apple, Coca-Cola, Nike, Amazon en TikTok oor aanlyn bemarking.

Jay Shetty, New York Times-topverkoperouteur, het net lof vir Bartlett se The diary of a CEO: “Weaving the latest research, his own experiences, and captivating stories, Steven guides readers to redefine success and achieve their potential. This is a must-read for anyone dreaming of doing something audacious.” Hierdie boek is beslis vir die sakeleier wat graag vernuwend dink en professioneel sowel as persoonlik wil groei. Dit moedig entrepreneurs aan om hulle drome, ideale en idees met passie en ywer na te jaag op praktiese, doenbare wyses.

The diary of a CEO rus op vier pilare, naamlik “The self”, “The story”, “The philosophy” en “The team”. Bartlett skryf: “This is not a book about business strategy. … This is a book about the fundamental, enduring laws of building great things and becoming great yourself.” Hy haal Einstein aan: “Everything should be as simple as possible, but not simpler.” Die inhoud is dus maklik verteerbaar, want hy span kragtige beelde en ongelooflike ware verhale in.

Bartlett fokus op sakeleiers se vermoë om hulself te beheer (self-awareness, self-control, self-care, self-conduct, self-esteem en self-story). Dan kyk hy na sakeleiers se vermoë om ander te beïnvloed, oor te haal en in hul en hul visie te laat glo. Hy bespreek ook hoe sakeleiers se filosofieë hul optrede raak en kan lei tot aksies en besluite wat hulle op die pad na sukses kan plaas. Dan fokus hy op hoe om die beste span bymekaar te kry, want : “I’ve never seen anyone build a great company, project or organisation without a group of people, and I’ve never seen anyone reach personal greatness without the support of a group of people” (5).

Hier volg net enkele van die 33 wette wat Bartlett aan sy lesers voorhou:
Law 5: You must lean in to bizarre behaviour. (This law is responsible for every successful company I’ve ever built – it teaches you how to stay at the forefront of the rapidly changing world we live in, how to capitalise on change and how to avoid ever being left behind by any of the incoming technological revolutions.)

Law 14: Friction can create value. (This law will show you the counterintuitive truth that sometimes your customers will want your products more … if you make their experience worse.)

Law 21: You must out-fail the competition. (This law proves that the higher your failure rate, the higher your chances of success. It will inspire you to start failing much faster than you currently are!”)

Law 26: Your skills are worthless, but your context is valuable. (This law explains how you can get paid multiples for the skills you already have, and how all the value comes from the context, not the skill itself.”)

The diary of a CEO deur Steven Bartlett is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars. Dit kan ook hier aangeskaf word.

Kompetisie

Twee gelukkige KragDag-lesers kan élk ‘n kopie van Steven Bartlett se The diary of a CEO wen met komplimente van die uitgewer. Al wat jy moet doen om in aanmerking vir die boekpryse te kom, is om hier onder te vertel waarom jy graag die boek sal wil wen.

Sluitingsdatum 29 Maart 2024.

5.00 avg. rating (94% score) - 1 vote
Louise Viljoen
  • Louise Viljoen
  • Boekwurm Louise Viljoen is ’n vryskutskrywer en taalversorger van Jeffreysbaai. Sy werk heeldag met stories, haar eie en ook dié van ander. Louise skryf, redigeer, proeflees en vertaal teks om die pot aan die kook te hou. Dit is haar passie om skrywers te help om hulle manuskripte te slyp. Sy lees dus vir werk én vir ontspanning. Louise vertel graag van die wonderlike boeke op haar boekrak wat haar hart vinniger laat klop. Haar boekresensies verskyn gereeld in verskeie publikasies en kan ook oor die radio gehoor word.

14 Comments

  • Om My self meer teverbeter en kennis teveryk in die sake wereld

  • Dankie vir die resensie. Die boek lyk interessant ek sal dit graag wil lees. Mens kan altyd iets leer by andere.

  • ‘n Hoofuitvoerende Beampte maak geleenthede en gebeurlikhede gebeur in ‘n maatskappy. Dit is kardinaal om ‘n Hoofuitvoerende Beampte reg te verstaan.

    Wanneer die Hoofuitvoerende Beampte se dagboek gekoordineer en gelyn word met die visie, missie en doelwitte van die maatskappy, word geskikte personeel betrek wat die nuwe prosesse verder neem om die suksesse van die maatskappy te help bewerkstellig.

    Sukses in ‘n besigheid is die positiewe wisselwerking tussen die Hoofuitvoerende Beampte se dagboek en die maatskappy. Hierdie wenresep verseker sukses.

  • Ek volg Steven Bartlett se Youtube kanaal. Ek het dus al van die boek gehoor en brand om ‘n eksemplaar te kry, wat ek vir my seun wil gee. My seun het sy eie besigheid begin en ek dink Steven Bartlett se raad sal goud werd wees.

  • Ek wil verstaan hoe om my potensiaal as entrepeneur te bereik.

  • Baie dankie vir die omvattende boekoorsig. Dit blyk dat The Diary of a CEO interessante en relevante konsepte in ‘n realistiese konteks uitlig. Dit kink vir my na die perfekte boek vir gesoute mense in die sakewereld sowel as jeug en ons wat nuut is tot die sakebedryf. Ek sal graag die boek wil wen en die konsepte daarvan oorweeg en toepas in ons gemeenskap.

  • Ek lees baie! Selfhelp was my voorkeur tipe maar nou dat ek my Konsultasie besigheid van die grond af kry, lees ek graag oor besigheid; hoe om daaroor te dink en hoe om net n paar stappies slimmer te wees. En baie belangrik om balans te behou tussen besigheid en self-sorg.

    Hierdie boek sal baie waarde toevoeg in my lewe.

    Baie dankie vd geleentheid om n kopie te “wen”.

  • Ek en my man het beide ons eie besighede. Ek glo dat die boek baie waardevol sal wees.

  • Ek hou daarvan om te lees oor leierskap in die besigheidswereld.

  • Ek is nuuskierig oor wat presies hy deel en bedoel met “sakeleiers se vermoë om hulself te beheer”. Dalk is daar ‘n tegniek of twee wat aangeleer kan word.

    • Ek is afgetree en het stagneer in ‘n doellose bestaan. Ek raak anti-sosiaal en depressief en onttrek myself omdat dit veilig en beskut is in my gemaksone. Ek besef dat dit niks goeds voorspel nie, maar selfvertroue, dissipline en motivering sowel as energie ontbreek om uit hierdie donker put te ontsnap.

      Ek is’n wedergebore kind van God wat voor aftrede daarop gefokus het om my doel te leef deur waarde toe te voeg, ‘n verskil te maak en ‘n intieme persoonlike verhouding met God te hê. Gevolglik het ek ‘n gelukkige, positiewe, doelgerigte,dankbare en vreugdevolle ingesteldheid gehad wat doelgerig was en ‘n goeie voorbeeld vir my kinders voorgehou het.

      Ek smag daarna om weer my ou self te wees, ‘n idee waarmee ek al lank loop, maar nie van die grond afkry nie omdat dit my telkens oorweldig en verhinder om tot aksie oor te gaan, met entoesiasme in werking te stel. Ek glo as ek net weer geïnspireer kan word met praktiese wenke en vaardighede, sal ek weer die mens wees waarop my kinders kan trots wees en oor wie God kan glimlag. Ek wil ‘n nalatenskap hê wat my kleinkinders kan inspireer en navolg.

      Hierdie boek is net wat ek nodig het om my te help om ook die 2de deel van my lewe suksesvol te lei en ‘n waardevolle bydrae te maak. Dit kan lewensveranderend wees.

  • Ek is ‘n jong entrepreneur en het by ‘n besigheids netwerk aangesluit. Die Vrydag Klube Centurion.

    Een van die aksies wat ek moet neem is om soveel besigheids afsprake moontlik in 2024 te maak. Ofte wel “koffie afsprake” op soek na nuwe kliente en verwysings.

    Die dagboek sal dus baie handig te pas kom om alle afsprake te reel en van boek of rekord te hou.

  • Ek sal graag my kennis wil verbreed en vooruit streef as n besigheidsvrou. Is tans n werknemer vir n maatskappy en wil graag op my eie suksesvolle besighede begin en in die besigheidswereld intree.

  • Byvoorbaat dank as ek ‘n wenner is. Sal graag hierdie CEO boek wil bekom vir my skoonseun aangesien dit vir hom so baie lig sal werp op sy beroep.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui