Kookboeke vir tuiniers en planteters

Selfdoeners wat graag hulle eie kos kweek en verwerk en ’n gesonde dieet en leefstyl wil handhaaf, kan gerus die volgende hardebladomslag Engels boek aanskaf. Dit is propvol wenke en raad oor hoe om jou eie gesonde voedsel te groei, voor te berei, te stoor en te geniet.

The Preserving Garden (Jo Turner)

Jo Turner se The Preserving Garden word deur Thames & Hudson uitgegee en beslaan 208 bladsye. Ashlea O’Neill was vir die stylvolle illustrasies in die gids verantwoordelik. Die hoofstukke is getiteld “How to preserve”, “Preserved vegetables”, “Preserved fruit”, “The preserving garden” en “Preserving charts”. Daar is ook ’n indeks en plek vir jou eie notas. Hierdie alles-in-een-boek sal jou toerus om jou eie tuisgegroeide kos (meer as 40 plantprofiele) self in enige spasie te groei en dit ook te bottel, piekel, fermenteer en te droog of te kook. Jy kan die resultaat in jou spens bêre vir eie gebruik of weggee of verkoop.

Turner gee nie net waardevolle raad en wenke oor hoe, waar en wanneer om jou eie kos suksesvol te kweek nie, maar sy gee ook inligting oor die verskillende variëteite van die onderskeie groente, vrugte en kruie. Sy sê watter plante saam met dit geplant kan word, of dit hou van direkte sonlig of nie en of dit rypbestand is. Sy bespreek ook verskeie maniere en metodes om dit te bewaar vir latere gebruik.

Nesbo skryf: “There is enormous satisfaction in hands-on involvement, from planting to preserving. Using fruit or vegetables grown in your own yard reduces food miles, waste and plastic use, and gives you control over what goes into the food you eat – all very contemporary concerns addressed by an old-fashioned practice” (7) … “I can’t say what gives me more satisfaction and joy: the sight of a thriving garden heavy with fruit and vegetables, or pantry shelves lined with bottles and jars of preserve” (8).

Skaf gerus jou kopie The Preserving Garden by deelnemende boekhandelaars aan of bestel dit hier.

How to go plant-based (Ella Mills)

Ella Mills se How to go plant-based word deur Yellow Kite Books gepubliseer en beslaan 288 bladsye. Daar is ’n omvattende inleiding sowel as sewe afdelings. Die afdelings se titels is “Breakfast”, “Making life simpler”, “From the hob”, “From the oven”, “Easy speedy lunches”, “Family favourites” en “Sweets”. Mills is die stigter van deliciously ella, ’n plantgebaseerde voedsel- en gesondheidsplatform wat lekker maniere deel om beter te voel. Clare Winfield het vir die mooi kleurfoto’s in die boek gesorg.

Hierdie gids bevat meer as 100 splinternuwe resepte en insigte deur kenners, insluitend dokters, dieetkundiges en voedingkundiges. Die hoofstukke verskaf die jongste navorsing oor ’n plantgebaseerde dieet en leefstyl sowel as die impak wat dit op ons welstand en gesondheid het. Daar is ook inligting oor plantgebaseerde diëte vir kinders en tieners.

Mills skryf: “I think making any dietary change achievable and sustainable for the longterm – because this is not a diet, it’s a way of living that sypports you and your family’s wellbeing – also relies on it feeling flexible, instead of it falling into a more dogmatic all-or-nothing approach. I’m not here to persuade or guilt-trip you into becoming 100% plant-based. This book is about supporting your choices and simply encouraging more – more veg, more wholefoods, more meals with friends and family, and, most of all, more of us to go more plant-based more of the time” (10).

Ek het hierdie boek baie insiggewend gevind. Dit wys die nadele van slegte uitgewoontes uit en hou die voordele van ’n plantgebaseerde dieet voor. “Lifestyle medicine is the fastest-growing new medical speciality globally and strives to address the root cause of chronic illness by supporting and empowering individuals and communities to adopt healthy habits” (22). Die resepte is heerlik, en die voordeel is dat mens self die bestanddele kan groei as jy wil.

How to go plant-based is by toonaangewende boekwinkels beskikbaar, maar jy kan dit ook hier bestel.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Louise Viljoen
  • Louise Viljoen
  • Boekwurm Louise Viljoen is ’n vryskutskrywer en taalversorger van Jeffreysbaai. Sy werk heeldag met stories, haar eie en ook dié van ander. Louise skryf, redigeer, proeflees en vertaal teks om die pot aan die kook te hou. Dit is haar passie om skrywers te help om hulle manuskripte te slyp. Sy lees dus vir werk én vir ontspanning. Louise vertel graag van die wonderlike boeke op haar boekrak wat haar hart vinniger laat klop. Haar boekresensies verskyn gereeld in verskeie publikasies en kan ook oor die radio gehoor word.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui