Boeke oor die Kruger Wildtuin

Ek is sommer baie opgewonde om hierdie drie 2023-titels aan KragDag lesers voor te hou. Elke boek bevat ’n kaart, pragtige kleurfoto’s, interessante feite en ook wenke om ’n suksesvolle safari in die Kruger Wildtuin te onderneem. Dit verduidelik waar, wanneer en hoe jy die beste kans staan om ’n groot verskeidenheid diere, bome en insekte te besigtig. Die boeke getiteld Mammals of Kruger, Trees of Kruger en Insects and other critters of Kruger word deur Struik Nature, ’n druknaam van Penguin Random House South Africa, gepubliseer. Die Nature Now-reeks kom in ’n gerieflike handpasgrootte en is ideaal om saam in die motor te neem of in ’n rugsak saam te dra.

Mammals of Kruger
Hierdie ID-gids beslaan 176 bladsye en sewe afdelings (buiten die voorwoord), naamlik “Large predators”, “Small predators”, “Large herbivores”, “Antelope”, “Primates”, “Rodents”, and “Others”. Daar is ook ’n baie nuttige woordelys. Die leser word aan meer as 80 spesies bekend gestel – van die bekende Groot Vyf tot die skaam ietermagog.

Uittreksel: “The Kruger National Park is a world-famous game-viewing destination. Originally proclaimed by President Paul Kruger in 1889 and expanded in 1926, this natural wilderness now spans just under 20,000 square kilometres, an area larger than the country of wales. Over 140 mammal species are found here, including the iconic Big Five: the elephant, lion, leopard, buffalo and black rhino.”

Trees of Kruger
Hierdie ID-gids beslaan 200 bladsye en vier afdelings (buiten die voorwoord) volgens die bome se habitat, naamlik “Generalists”, “Rivers and floodplains”, “Deep sandy soils” en “Koppies and rocky ridges”. Daar is ook ’n handige woordelys. Altesaam 80 algemene bome word aan die leser voorgehou, met foto’s wat diagnostiese kenmerke uitwys. Medisinale en ander gebruike word genoem, sowel as die interaksie wat die wildlewe met die bome het.

Uittreksel: “The aim is to help you make accurate identifications of these majestic plants. Each tree species is showcased over two pages, combining photographs of the most representative features with concise text descriptions that use mimimal botanical jargon. … [T]hese tree accounts focus on distinctive details that are visible either with the naked eye – often from a distance – or through a pair of binoculars.”

Insects and critters of Kruger
Hierdie ID-gids beslaan 176 bladsye en twee afdelings (buiten die voorwoord), naamlik “Insects” en “Other critters”. Lesers kan hulle verlustig aan 30 groepe en meer as 200 algemene spesies se biologie en merkwaardige gedrag. Daar is ook ’n gebruikersvriendelike woordelys en selfs waardevolle fotografie wenke vir diegene wat die goggas graag wil afneem.

Uittreksel: “Take time to closely examine the bush around you: notice the dew-soaked spiderwebs, colourful grasshoppers, fluttering butterflies and bustling dung beetles. The Park’s inhabitants are fascinating and worth watching.”

Skaf gerus hierdie drie titels aan al gaan jy nie noodwendig die Kruger Wildtuin besoek nie. Die boeke is by deelnemende boekhandelaars beskikbaar. Of klik op die titels om die boeke te koop: Mammals of Kruger, Trees of Kruger en Insects and other critters of Kruger.

Kompetisie
Een gelukkige leser kan al drie hierdie titels wen met die komplimente van die uitgewer. Al wat jy hoef te doen om in aanmerking vir die prys te kom, is om kommentaar te lewer en te vertel waarom jy graag die boeke sal wil wen. Sluitingsdatum 18 September 2023.

5.00 avg. rating (96% score) - 2 votes
Louise Viljoen
  • Louise Viljoen
  • Boekwurm Louise Viljoen is ’n vryskutskrywer en taalversorger van Jeffreysbaai. Sy werk heeldag met stories, haar eie en ook dié van ander. Louise skryf, redigeer, proeflees en vertaal teks om die pot aan die kook te hou. Dit is haar passie om skrywers te help om hulle manuskripte te slyp. Sy lees dus vir werk én vir ontspanning. Louise vertel graag van die wonderlike boeke op haar boekrak wat haar hart vinniger laat klop. Haar boekresensies verskyn gereeld in verskeie publikasies en kan ook oor die radio gehoor word.

15 Comments

  • Dit sal n moet wees vir die volgende Kruger vakansie meer interessant temaak.

  • My boetie het Kanada toe ge-immigreer so 6 jaar terug. Hy is mal oor die Kruger wildtuin en komende Januarie 2024 as hy kom kuier, bring hy sy nuwe aanstaande saam. Hulle eerste “pitstop” is die Kruger wildtuin. Sal hom graag wil verras met hierdie reeks boeke oor die Kruger.

  • Dis altyd groot voorreg as ons die Wildtuin kan besoek. Sal graag die 3 boeke wil wen sommer as ‘n 50ste huweliks herdenking 17 Aug geskenk.

  • My kinders (en ek) is mal oor boeke oor die natuur en sal dit baie waardeer.

    • Baie geluk, Marieta. Jy wen hierdie boekpak. Ons sal jou kontak in verband hiermee. Groete

  • Ek sou graag dit vir ons skool se bestuursraadvoorsitter wou gee – hy werk so hard agter die skerms. En die Kruger is een van sy hartsplekke.

  • Al my Krugerwildtuin boeke is báie oud so ek sal nuwe boeke met meer onlangse inligting báie geniet!

  • Shoe, die boeke is juwele en sal verseker ‘n aanwins wees. Ek is veral mal oor insekte en bome… ons word tog van kleins af redelik geleer en vertel oor diere en dalk nog bome, maar in ‘n minderheid oor insekte. Ek sal graag my 9jarige meer wil leer van “goggos” aangesien sy hulle nog grillerig vind.

  • Wonderlike plek. Op 86 jr kan ek nie meer rondreis nie, maar interessante leesstof hou my aan die gang.

  • HET MY KINDERS NABY AAN GOD EN DIE NATUUR GEHOU. AL 2 SEUNS MAL OOR DIE NATUUR EN DIE KRUGER NATIONALE PARK.

  • As SANParke Ere Veldwagter het ons gereeld interaksie met die publiek en dis so noodsaaklik en lekker om meer as net die Groot Vyf bekend te stel, daar is n hele wêreld wat onder jou kniee oopgaan as jy net weet en kyk daarvoor, daar is altyd bome- weet meer van hulle en dit met ander. Die Kruger het soveel meer as ons verwagting en die boeke sal help om soveel meer te deel met ons besoekers en mede volksgenote. Green Kruger groete

    • Baie geluk,Juan! Jy is die wenner van die boekpak. Ons sal jou binnekort kontak.

    • Hallo Juan, Die KragDag span probeer al `n hele ruk lank om jou met epos in die hande te kry op die epos adres wat jy verskaf het. Sal jy asseblief `n epos stuur na francois@kragdag.co.za (die nuusbrief se redakteur) voor of op 7 November 2023? Indien ons nie teen daardie tyd van jou gehoor het nie, sal ons `n ander wenner vir hierdie boeke moet trek. Baie dankie vir jou begrip. Groete, Francois du Toit

  • In September (Erfenis maand) sal dit in voorreg wees om die stel te wen oor sekerlik die grootste erfinis skat van Suid Afrika.

  • Om meer te leer en die klein kinders te skool

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui