Beplan jou besoek by KragDag

In die voorwoord het ek genoem dat ek elke keer na KragDag toe kom, met `n vraag of drie. En omdat ek weet hoekom ek KragDag toe kom, is dit vir my maklik om my besoek te beplan. Dis amper vir my soos om ‘n vakansie te beplan, net bietjie in ‘n ligter graad.

So, sê vir my – hoekom gaan jy hierdie jaar KragDag toe kom? Waarna is jy op soek? Watter antwoorde en oplossing soek jy? Wat wil jy ervaar?

En vra ook vir jou gesinslede hierdie selfde vrae. Hoekom wil hulle KragDag toe kom?

  • Hoekom wil ek gaan?
  • Wat gaan ek daar doen?
  • Wat is daar om te doen?
  • Watse fasiliteite is daar?
  • Watse vermaak is daar?
  • Watse kos is daar te koop?
  • Wat is die praktiese reëlings?
  • Watse interessanthede is daar?
  • Wie wil ek graag gaan ontmoet?

Noudat julle ‘n klompie redes het, nou kan hierdie artikel julle help om julle besoek te beplan.

Ek sal begin by my belangrikste redes. As dit is omdat ek met uitstallers wil gesels oor sekere oplossings wat ek soek, sal ek my beplanning daar begin. Of wat ook al julle belangrikste redes, begin daar.

Nou begin die skattejag…

Die webblad en die selfoon toepassing is jou leidrade om te volg. Die terreinkaart is die skatkaart om te sien waar jy dit gaan kry.

Jy sal dan dadelik kan sien wat hulle stalletjie nommer is. Gaan kry hulle stalletjie op die terrein kaart.

Wie is wie?
Die webblad het al die inligting wat jy sou nodig kry. Al die uitstallers is daar gelys, al die vermaak, die hele program van wat op die verskillende verhoë gebeur, al die kos stalletjies, die kampterrein en nog meer.

Die selfoon toepassing is fantasties om jou kortlys te maak van waarheen jy wil gaan. Dis nie nodig vir ‘n notaboek en pen nie. Al wat jy hoef te doen, nadat jy die toepassing af gelaai het, is om die stalletjies en uitstallers wat jy wil besoek, op die tuisblad by te sit. As jy afrol op die bladsy, is die hofie “Uitstallings om te Besoek” en onder dit, “Voeg Uitstallings By”.

Wanneer jy ‘n uitstaller se bladsy oopmaak, sal jy hulle stalletjie nommer sien. Gebruik dan die terreinkaart om maklik en vinnig by die plek uit te kom waarheen jy wil gaan. Jy kan selfs ‘n kruisie op die kaart maak, dat jy in ‘n logiese roete kan stap.

Nou kan jy doelgerig, van een uitstaller na die volgende stap. Dan, wanneer jy by hulle klaar was, sal jy al klaar ‘n paar ander uitstallers gesien het, wat jou moontlik ook kan help.

En dan, wanneer jy al jou vrae gevra het en geselse gesels het, na middagete, is julle los om rustig deur die ander stalletjies te drentel.

Sien jou daar…

En terloops, waarom kom jy KragDag toe? Vertel ons asb in die gesels area hier onder watse antwoorde, oplossings, ervarings, geleënthede, kontakte en so meer is jy op soek na by jou besoek aan KragDag.

 

 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Francois du Toit
  • Francois du Toit
  • Entrepreneurskap, selfstandigheid, veiligheid, innovasie, tuisonderrig, finansies, natuurbewaring, gesinslewe, christenskap, eko-toerisme...

    Hierdie is onderwerpe waaroor Francois graag gesels en skryf.

    Hy woon saam met sy vrou en sy dogter op `n kleinhoewe, waar hulle elektrisiteit heeltemal van die netwerk ontkoppel is, waar hulle al hulle water uit `n boorgat kry, waar heelwat van hulle kos uit hulle eie tuin kom, en waar hulle vir langer as 7 jaar alreeds tuisonderrig doen.

    Hy maak heeltyd planne om dinge goedkoper en makliker te doen, van sonoonde tot elektrisiteitslose verwarmers.

    Hy weet ook wat die uitdagings is ten opsigte van sekuriteit op plase.

    Hy ken die waarde van goeie buurmanskap en inskakeling by die groter gemeenskap - ter wille van sekuriteit, samewerking en tot voordeel van die besigheidsgemeenskap waar hy `n rol speel.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui