Mega-T Ekspo 2023
Mega-T
Kom waardeer weer die wiele wat die ekonomie laat draai…
Die gewone man in die straat het maar `n baie klein prentjie van hoe die padvervoerbedryf regtig ons lewens raak. Ek weet die grootste deel van die kos wat ek eet, word met vragmotors tot by my plaaslike supermark gebring. Ek weet dat die TV waarop ek vanaand die nuus of my gunsteling reeks gaan kyk, het met `n vragmotor tot by die handelaar gekom, maar ek moet ruiterlik erken, ek weet maar baie min van die geleenthede en uitdagings wat daar in hierdie industrie is.
By Mega-T gaan daar op Donderdag en Vrydag meer gefokus word op rolspelers en geleenthede in die industrie, terwyl Saterdag beslis, nes die KragDag ekspo, `n pret-uitstappie vir die hele gesin gaan wees. Boonop mag daar dalk beroeps- of besigheidsgeleenthede wees vir nuwe belangstellendes in hierdie mark.
Verskeie aspekte in hierdie industrie staan aan die voorpunt van innovasie. Tegnologie word aanhoudend verbeter en nuwes verskyn op die toneel. Dinge ontwikkel so vinnig, dat ons een van die dae vragmotors gaan hê wat kan vlieg. O wag, dit bestaan al reeds – vliegtuie.
Ongeag hoekom ek en jy Mega-T gaan besoek, gaan ons met een sentrale gewaarwording daar weggaan – `n nuwe begrip en waardering vir die manne en vroue wat die ekonomie se wiele aan die rol hou.
‘n Ekspo vir die vervoerwêreld
Alhoewel die blootstelling van die publiek aan die padvervoerindustrie dikwels beperk is tot die sien van trokke op die pad, boonop dikwels tot motorvoertuigbestuurders se ergernis wanneer hulle agter een “vas sit”, is enige rolspeler in die bedryf egter deeglik bewus van die ingewikkelde ekostelsel in hierdie industrie, wat aan die eenkant vol insetkostes, probleme, uitdagings en risiko’s is, maar wat ook baie geleenthede bied en gevul is met interessante oplossings, sisteme, planne en tegnologie.
Dit is ook ‘n baie kompeterende industrie en is dit nodig vir elke komponent om optimaal te funksioneer om `n goed geoliede besigheidsmasjien daar te stel.
Dit is met die oog hierop dat Mega -T aangebied word en is dit wys dat enige besigheidsheidseienaar en boer met swaarvoertuie veral Donderdag of Vrydag die ekspo moet besoek. Uitstallers sluit onder andere in:
- OEM vragmotor en sleepwa vervaardigers.
- Padbystand, swaarvoertuiginsleep en -herwinning.
- Brandstofverhandeling en -bestuur.
- Invoertuig kammera’s, diefstalbeheer, voertuigvolgstelsels en veiligheidsoplossing.
- Intydse vragbalansering.
- Onderdele, aste en bande.
- Finansiering en versekering.
- Logistiek, navigering en vlootbestuur.
- Opleiding en beroepsgeleenthede.
- Bemarking en media.
Loer gerus HIER na die lys van uitstallers.
Die ekspo bied ‘n uitsonderlike geleentheid vir rolspelers in die industrie om, op ‘n manier wat nie normaalweg moontlik is nie, oplossing demonstrasies te sien, waardevolle kontakte op te bou, te skakel en handel te dryf. Baie meer besigheidsverhoudings begin met `n stywe handruk, as met `n koue kontrak.
Nog ‘n bonus is die lys sprekers wat ‘n verskeidenheid bydraes oor die industrie gaan doen.
Selfs op hierdie twee dae gaan die genot nie heeltemal afgeskeep word nie en kan jy 4×4 tegnieke demonstrasies besigtig en kan jy (en elke seun wie se droom dit al was om ‘n trok te bestuur) self die geleentheid kry om binne ‘n trokkajuit te ry en kan jy hierdie sagmoedige reuse se brute krag eerstehands beleef.
Loer gerus na die terugblik video van Mega-T 2022 hieronder.
Maar dis nie al nie – dis ‘n Trokkefees!
Alhoewel die besigheidsaktiwiteite en -uitstallings voortgaan op Saterdag, verander die atmosfeer heeltemal. Dan kry die werksfokus ook ‘n kuierkarakter, word die werksmense ook aangevul met gesinne, maak die selfoon in jou hand ook plek vir ‘n roomys.
Mens kry boeresport en dan kry jy lorriesport.
Garth Collins (ook onthou as Granite in die destydse Gladiator reeks) is die aankondiger by die ekspo. Kom kyk hoe Ettiene Smit (nege keer Suid-Afrikaanse sterkman kampioen) en ‘n klomp ander sterkmanne die trokke die stryd aansê met hulle Man-vs-Machine vertoning.
Bekende musiek kunstenaars wat Vrydag en Saterdag gaan optree is Ruan Nel, Prop, Appel, Clint & Co en Rene Maboto.
Dan is daar natuurlik ook die pretpark vir kinders van alle ouderdomme.
Die langasems sal selfs van die rugbywedstryde Saterdagaand op die groot skerm in die kuierarea kan geniet.
Koop jou kaartjie nou!
Vir volledige besonderhede oor die Mega-T 2023 besoek www.mega-t.co.za.
Die ekspohekke is elke dag oop van 9:00 tot 16:00 (Saterdag kuier tot laat).
KLIK HIER om die volledige Mega-T 2023 program deur te blaai.
KLIK HIER vir padaanwysings.
Hekfooie is R100 per volwassene of R50 indien vooraf aanlyn koop deur op die knop hieronder te klik. Kinders tot 18 is gratis.
Koop jou toegangkaartjies HIER!