Dry Ice International: Alternatiewe metodes vir verkoeling met veelsydige toepassings van droë ys

Droë ys se besonderse verkoeling eienskappe bied praktiese oplossings vir verskeie uitdagings in die alledaagse lewe.
Dry Ice International het sodoende ook ’n wye reeks handelsmerke ontwikkel, wat die gebruik van droë ys maklik en moeiteloos aan die eindverbruiker verduidelik.

Droë ys is die kits antwoord vir verkoeling tydens beurtkrag.

Droë ys kan bederfbare produkte koud of gevries hou gedurende tye van kragonderbrekings of onklaar verkoelingstoerusting.

Droë ys is ’n aanwins vir rekreasie of ontspanning doeleindes.

Wanneer die beskikbaarheid van elektrisiteit beperk is, bv. kampering of lang afstand reise, is droë ys die ideale oplossing om kos en vleis koud of gevries te hou.

Droë ys is onontbeerlik vir enige jag ekspedisie.

Droë ys kan gebruik word vir die behoud van ‘n karkas gedurende die terugtog huis toe, na afloop van ’n jag ekspedisie in die bosveld. Die ultra-lae temperatuur van -79°C verseker dat die vleis deeglik verkoel word en vars bly. Die teenwoordigheid van CO2 (koolsuurgas) in die koelhouer voorkom infestasie en gevolglike besmetting deur insekte.

Droë ys is beslis voordelig op die plaas.

Dieremishandeling is ‘n onderwerp wat dikwels aandag plaaslik geniet. Dry Ice International het ‘n innoverende droë ys brandmerk metode ontwikkel – die pynfaktor by beeste word omseil en ‘n skoon en netjiese brandmerk gelaat, sonder die risiko vir infeksie of oop wonde op die dier. Droë ys kan boonop ook suksesvol aangewend word vir verstopte boorgate en die volle sterkte vloei van water herstel soos op die video hier onder gesien kan word.

Droë ys kan spesiale effekte skep tydens sosiale geleenthede.

Droë ys bied ‘n verskeidenheid van toepassings, wat ‘n unieke atmosfeer skep by funksies of spesiale geleenthede en gaste aan die gons sal hê. Bedien sprokie drankies met ‘n stukkie droë ys en omskep ‘n eenvoudige drankie in ‘n spesiale ervaring. Verander die dansvloer in ‘n wonderwêreld, wat mense sal laat dink hulle dans in die wolke.

Dry Ice International is “cooler than ice”.

Dry Ice International se voedselgraad droë ys word met wêreldgehalte toerusting vervaardig, wat hoë kwaliteit droë ys lewer aan kliënte om die behoud van bederfbare produkte te verseker.

Dry Ice International verskaf ‘n wye reeks polistireen houers toepaslik vir die berging en vervoer van droë ys, wat op die webwerf besigtig kan word.

Droë ys is landswyd geredelik beskikbaar met uitgebreide aflewering in enige dorp.

Dry Ice International bied sedert 1994 innoverende droë ys tegnologie en toeganklike oplossings aan die Suid-Afrikaanse publiek. Die onderneming is alombekend vir toegewyde nasionale kliëntediens, kreatiwiteit, innovasie en hoogs gekwalifiseerde personeel. Besoek gerus die webwerf by www.dryice.co.za vir meer inligting en waar jou naaste handelaar is.

Kontak ons:

083 375 6627
012 810 0500
www.dryice.co.za
info@dryice.co.za

 

Video Skakels:

Droë ys tydens beurtkrag

Droë ys in `n noodgeval

Droë ys vir ontspanning

Droë ys vir jag

Droë ys op die plaas – brandmerk

Droë ys op die plaas – boorgate

Droë ys vir spesiale effekte

Dry Ice International is ‘cooler’ as ys

Droë ys vir sprokies drankies

 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Deon Roux
  • Deon Roux
  • Deon Roux was born in 1964 and is a South African citizen. After completing his National Service in 1984, he studied at the University of Pretoria where he qualified as a Mechanical Engineer in 1990.

    After he had been working as a mechanical engineer at Sentrachem for 4 years (one of the 17 plants on site was a dry ice plant), Dry Ice International came into being during 1994. He saw an opportunity in the marketplace to turn dry ice around; to manufacture and market dry ice as a service product instead of handling it as a commodity. A retrenchment package was accepted at the time and the little money which was forthcoming from this, was applied with a great amount of faith in order to pursue a big dream. The business had been built over the past 30 years with exceptional commitment, dedication and hard work.

    He is known as a visionary, innovator, strategist, inspirator and motivator and uses these five basic principles to lead and grow his businesses.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui