KragDag Markplein: Koue beurtkrag-bad? So verhoed jy dit.
Nie baie lank terug nie… “Ek moet so gou as moontlik iets doen om my Eskom rekening te verlaag.”
Dis wat Hendrik so ruk terug vir homself gesê het.
Op daardie tydstip het hy `n klomp geld in Eskom se bodemlose put gegooi, soos wat maar die meeste van ons doen.
Soos enige persoon wat op `n kleinhoewe bly, is hy afhanklik van elektrisiteit. Dis sy huis, dis sy werkswinkel, sy koelkamer – al die goed wat elektrisiteit benodig. Hy kan nie net dadelik spartaans word en terugkeer na kerse en handgereedskap toe nie. Sy gesin en sy besigheid hét elektrisiteit nodig.
Maar… die koste is ontsettend hoog!
Hoe lyk jou omstandighede?
Voordat ek vir jou vertel wat hy gedoen het om geld te spaar, kom ons gesels net vir twee tellings oor jou eie situasie.
Die mees algemene gesprek vandag in Suid Afrika is ons frustrasies met beurtkrag, veral hoe beurtkrag dramaties erger word.
Die onderbreek jou lewe, dit verlaag jou produktiwiteit en somtyds vang dit jou selfs onkant.
Vir die van ons wat in die landelike gebiede bly, is Eskom nog meer onbetroubaar. Bo-op beurtkrag het ons gereelde en uitgerekte krag onderbrekings. As die transformator sewe plase verder deur die weer uitgeslaan word, is jou krag ook af.
Ek het begrip vir die Eskomtegnikus op die grond wat sukkel om by alles uit te kom. Maar, die gedagte wat krap is dat hierdie verval hoër op in die bestuursnetwerk toegelaat is. Dit gebeur egter nog steeds dat kleinhoewes en plase soms vir dae aan een, sonder krag is. Buiten beurtkrag, was ek in die afgelope jaar, vir ‘n totaal van 13 dae sonder elektrisiteit waarvan eenkeer, dit vir sewe dae aaneen was.
“Ek hoop daar is vannaand krag by my huis.”
Die anderdag gesels ek met `n werker. “Ek hoop daar is vannaand krag by die huis. Gisteraand toe ek by die huis kom, was daar nie krag nie. Vanoggend voordat ek moes werk toe kom, was daar nie krag nie. Ek moes uit `n warmwater fles bad voor werk vanoggend.”
Die eerste antwoord vir warmwater sonder elektrisiteit is `n songeiser. Hierdie arme werker het nie toegang tot hierdie luuksheid nie en vir sommige van ons lesers is songeisers ook nie prakties nie.
Warm water in die middel van die nag, wanneer die son nie skyn nie en o ja, spaar ook op jou elektrisiteitsrekening.
Hendrik het warm water wanneer hy dit wil hê. en hy het ongeveer `n derde van sy Eskom rekening gespaar in dieselfde tyd.
Lang kragonderbrekings bedreig nog steeds sy koelkamer, maar nie sy skottelgoed nie. Sy gesin kan bad. Hy kan elke aand met `n skoon gewete gaan slaap. (Wag, dalk het ek daai een uit verband getrek…)
Hendrik se hoë kragrekening is niks vreemd nie. Veral nie met Eskompryse wat jaarliks buitensporig verhoog nie.
Arno Visser het `n soortgelyke probleem gehad.
Sy werkers het vir hulleself warm water gemaak, met `n kastrol op `n tweeplaat stofie. Dit het vir Arno `n arm en `n been gekos.
Hy het `n huis in Natal, met `n songeiser. Maar in die tipies groen land van Natal, is dit baie bewolk en lekker reënerig. So is daar heelwat tye in die jaar wat sy songeiser gewoon nutteloos is.
Dan sukkel hy soos Hendrik met `n kollosale elektriese rekening – waarvoor sy geiser grotendeels die oorsaak is.
Maar `n boer maak `n plan en gelukkig is Arno mos `n boer. (Ek weet nie eers of jy `n plaas het nie, maar jy het beslis `n boer se ingesteldheid)
Dis hoe die Geyser Heater gebore is. Arno het net op soveel verskillende vlakke probleme beleef met warm water, dat dit hom gedryf het om `n oplossing te ontwikkel onafhanklik van Eskom en die son.
So wanneer ouens soos Eskom droog maak, moedig dit vir my en jou aan om planne te maak. Ons gaan mos nie eenvoudig staan en kyk hoe die skip sink nie. Ons bou ons eie boot, ons doen ons eie ding.
Vreemde vinnetjies. Waarom is dit deel van die Geyser Heater se ontwerp?
Die Geyser Heater is nie die eerste van sy soort nie. Daar was al persone wat soortgelyke goed vir hulself gemaak het en selfs op kleinskaal verkoop het.
Wanneer dit kom by doeltreffendheid, het Arno een reuse stap verder gegaan, iets wat ek nog nie by iemand anders gesien het nie.
In die onderkant van die skoorsteen, het hy met opset vinnetjies ontwerp en ingebou. Hierdie vinnetjies se doel is om die kontak tussen die vuur se hitte en die water tenk te vehoog.
Hierdie hitteoordrag gebeur op twee maniere. Eerstens word die vinnetjies self warm gemaak deur die vuur. Dis is direk aan die watertenk vas gesweis. Omdat die vlekvrye staal is, dieselfde as waarvan die tenk gemaak is, dien dit as `n goeie geleier van hitte en só word daardie hitte direk na die watertenk oorgedra.
Die tweede manier hoe dit die hitteoordrag verbeter, is dat die vinnetjies in `n spiraalvorm ontwerp is. Dit is doelbewus so gedoen.
Sonder hierdie spiraal effek (vortex), was daar van die hitte wat net eenvoudig nutteloos deur die skoorsteen so op beweeg, en glad nie in kontak gekom het met die tenk nie. Maar nou word die beweging van warmlug teen die wand van die tenk geforseer.
Luister hier Arno, vir hierdie inoverende oplossing haal ek my hoed vir jou af. Wel gedaan!
‘n Ontwerp om te hou en geld te spaar
Maar laat ek jou eers meer vertel hoe die Geyser Heater werk en hoe dit gebou is.
Arno het deur verskillende prototipes gewerk, totdat hy by hierdie weergawe gekom het wat soveel beter werk as die vorige prototipes.
Spaar elektrisiteit:
Die groot rede waarom Arno die Geyser Heater ontwerp en gebou het, was om elektrisiteit te bespaar. En dit het hy baie goed reg gekry.
Toe ek met Hendrik gesels het was dit ook die rede waarom hy dit gekoop het.
Hendrik het, voordat hy die Geyser Heater gekoop het, met sy sommetjies gesien dat sy geiser se koste omtrent `n derde van sy kragrekening was.
Nadat hy dit nou vir `n bietjie langer as twee maande alreeds gebruik het het hy gesien dat hy een maand R1300 gespaar het en die volgende maand R1400.
Verder het hy gesê: “Voordat ek gekoop het, het ek geraai dat ek omtrent `n derde sal bespaar. In terugskouing het ek gesien dat ek wel omtrent `n derde van my krag rekening gespaar het.”
In Hendrik se eie woorde: “Dit het die grootste verskil aan my Eskom rekening gemaak vir die minste geld wat ek daaraan gespandeer het.”
Duursaam:
Wanneer staal, vuur en water bymekaar kom, is dit `n wenresep vir roes. (Niks met tannie Anette Human te doen nie.)
Die Geyser Heater is van twee tipes staal gebou. Sekere gedeeltes is van 2mm staal gemaak terwyl die ander van 3mm staal is. Hierdie is normale staal wat in `n warmbad-sinkdoop oftewel die gegalvaniseerde metode behandel is. Dit beteken dat dit met `n stewige laag roeswerende metaal (‘n soort sinkbedekking) met die staal geïntegreer word deur `n warm bad chemiese proses. Die sink word so ‘n integrale deel van die staal.
Die tweede tipe staal, is vlekvrye staal. Daar word tot 2mm dik vlekvrye staal gebruik.
Reg van die wegspringblokke af, is vlekvrye staal ideaal vir hierdie omstandighede. Dis ontwerp om nie te roes nie, en dit kan baie hoë temperature hanteer, sonder om te verwring.
Die twee tipes staal is so in die Geyser Heater in ontwerp, dat dit op die plekke gesit word, waar dit perfek werk vir die rol wat dit in die ontwerp speel.
Hierdie duursaamheid, spaar geld omdat jy dit nie so gereeld moet vervang soos soortgelyke produkte wat kan roes of krom trek nie.
Vinnige en volhoubare warm water:
Alhoewel Geyser Heater se webblad beweer dat dit omtrent 90 minute vat om 150 liter water warm te maak tot op bad temperatuur, is Hendrik se ervaring dat dit vinniger is.
Vandat hy dit aansteek, totdat Hendrik-hulle kan bad, is 30 minute. Maar speel eerder veilig, en gee jouself 90 minute.
Uit die aard van sy ontwerp, maak dit nie saak of dit beurtkrag is of `n onbeplande kragonderbreking is nie, jy hét warm water wanneer jy dit nodig het.
Selfs al het jou tiener meisiekinders al die water in die geyser gebruik, net voordat beurtkrag begin het, kan jy nogsteeds `n warm stort geniet.
Hendrik moes een keer weer sy elektriese geyser aan gesit het. Dit het byna 3 ure gevat voordat dit warm genoeg was vir ‘n bad.
Ek dink die Geyser Heater is Ideaal vir Jou.
Arno was een van ons uitstallers op Kragdag 2022. (Hy het beslis my aandag getrek toe ek deur die stalletjies gestap het.)
En nou bied Arno die Geyser Heater te koop aan deur Kragdag Markplein. Deur die skakel hier onder te kliek, kan jy nou, 9 maande na Kragdag 2022, nogsteeds die Geyser Heater kry teen verlede jaar se Kragdagpryse.
Wanneer jy bestel, is dit `n vinnige kredietkaarttransaksie. Jy betaal vir die Geyser Heater self, sowel as vir die aflewering deur The Courier Guy by jou deur.
Jy sal in die houer wat by jou afgelaai word, al die ekstra toerusting kry wat jy nodig het om dit te installeer.
Kry ‘n stukkie vryheid terug.
Kliek nou hier op die skakel en gaan koop jou Geyser Heater.
Eintlik koop jy `n stukkie vryheid van die hele debakel wat Eskom tans veroorsaak.
Let net asseblief hierop. Hierdie nuusbrief gaan na meer as 100 000 mense toe, en almal het op een of ander tydstip Kragdag besoek om dieselfde te kry as waarna jy op soek is – selfstandigheid en `n beter lewe.
Maar tans is daar net 15 eenhede van die Geyser Heater beskikbaar, wat binne `n redelike tyd uit gestuur kan word.
So dit beteken, dat van die 100 000 mense, net 15 op hierdie tydstip die geleëntheid sal kry om dit te koop. Die res sal moet wag, totdat daar weer `n klomp gemaak word in Arno se klein fabriekie by die huis.
Is jy een van hierdie 15 mense?