Die Gauteng Alternatiewe Onderwys Ekspo bied opvoedingsoplossings vir almal

Die KragDag-span, in samewerking met SA Homeschoolers, het weereens ‘n suksesvolle opvoedkunde ekspo aangebied op 15 Mei 2021, by die Heartfelt Arena in Pretoria.

Die Gauteng Alternatiewe Onderwys Ekspo het gefokus op privaat alternatiewe vir staatsonderwys en -opleiding. Hierdie ekspo het voorheen grotendeels op tuisonderwys gefokus en as die Gauteng Tuisonderwys Ekspo bekend gestaan. Toe die aanvraag egter na alternatiewe tot die standaard skoolgaannorm drasties toegeneem het na die grendelstaat instelling, het die ekspo-organiseerders besluit om hierdie jaar uit te brei om ook privaatskole, ondersteuningsdienste, buitemuurse aktiwiteite en ‘n goeie verskeidenheid tersiêre opleidingsgeleenthede in te sluit.

Die ekspo bied aan ouers die geleentheid om opvoedkunde-oplossings te kry, asook te netwerk met ouers wat ook in die mark is vir alternatiewe opsies. Besoekers kon luister na verskeie bekende sprekers waaronder Bouwe van der Eems van die Pestalozzi Trust, Marita Green, ‘n veteraan tuisskoolma, Nicolene Steyn, eienaar van Woelwater Aktiwiteitsbokse, Annerine Wenholdt, ‘n opvoedkunde afrigter, en ‘n ‘n paneelbespreking deur Wingu Academy. Met meer as tagtig uitstallers was vanjaar se uitstalling die grootste in die geskiedenis van hierdie ekspo. Lesers kan die lys van uitstallers besigtig deur HIER te klik.

Volg @kragdag en @sahomeschoolers op Facebook vir meer inligting oor die opkomende ekspo’s wat beplan word in Gauteng, Kaapstad en Durban.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Sone Saunders
  • Sone Saunders

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui