
Boekoorsig: Wen geskiedenisboeke
Ek was onlangs die gelukkige ontvanger van twee splinternuwe boeke getiteld Commando: A Boer Journal of the Anglo-Boer War (geskryf deur Deneys Reitz en geredigeer en geannoteer deur professor Fransjohan Pretorius) en Jopie Fourie: ’n Besinning (geskryf deur Albert Blake). Die uitgewers is onderskeidelik Jonathan Ball Publishers en Protea Boekhuis.
KragDag-lesers sal beslis baie belangstel in beide hierdie boeke. Neem gerus deel hier onder aan die kompetisie deel indien jy een van hierdie publikasies wil wen. Albei hierdie boeke is uitstekende, leersame en interessante leesstof, en ek beveel dit heelhartig aan.
Commando: A Boer Journal of the Anglo-Boer War
Hierdie sagtebandboek beslaan 296 bladsye.
Die uitgewersbrief lui: “In 1899, Deneys Reitz, then aged seventeen, enlisted in the Boer army to fight the British. He had learnt to ride, shoot and swim almost as soon as he could walk. He made full use of these skills and the endurance he had acquired in the next three years of the war, during which he fought with the Boer commandos. He was involved in major actions, like the battle of Spioen Kop, and he interacted with prolific political and military figures of the time, such as President Paul Kruger, Boer generals Piet Joubert, Louis Botha, Koos de la Rey, Christiaan Beyers, Jan Smuts and British commander Lord Kitchener. He even met the young Winston Churchill as a prisoner-of-war in Pretoria. Reitz forged a strong personal and political friendship with General Jan Smuts after the war, built on reciprocal respect. Commando is more than a historical document; it is a literary masterpiece that transcends time. With prose that captures both the brutality and the beauty of war, Reitz weaves a narrative that resonates with authenticity and passion.”
Gaan lees hier meer oor professor Fransjohan Pretorius.
Bestel die boek hier.
Jopie Fourie: ’n Besinning
Hierdie sagtebandboek beslaan 432 bladsye en ’n 32 bladsye fotoseksie.
Die uitgewersbrief lui: “Die teregstelling van Jopie Fourie was nog altyd ’n emosionele en sensitiewe onderwerp in die Afrikanergeskiedenis. In hierdie biografie werp Albert Blake nuwe lig op die lewe en dood van hierdie omstrede figuur in ons Suid-Afrikaanse geskiedenis. Vir baie Afrikaners het sy dood hom tot onsterflike heldestatus verhef. Maar daar was nog nooit eenstemmigheid oor die Fourie-tragedie in Afrikanergeledere nie, en die gebeure en ’n vertolking daarvan is maar nog ’n verhaal van verdeelde Afrikanerlojaliteite en -beskouings.”
Volgens prof. Fransjohan Pretorius huiwer Blake se werk nie om op ideologiese tone te trap nie. Blake het die Akademie vir Wetenskap en Kuns se Louis Hiemstra-prys vir Boerekryger: ’n Seun se hoogste offer ontvang. Sy skryfwerk is ook benoem vir die kykNET/Rapport-prys, ATKV-Woordveertjies en South African Literature Awards. Topverkopers soos Boereverraaier, Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid en die biografieë van Robey Leibrandt en die Ossewagbrandwagleier, Hans van Rensburg het ook uit sy pen verskyn.
Prof. André Wessels reken dat hierdie publikasie ’n waardevolle bydrae lewer tot die Suid-Afrikaanse historiografie; in besonder die geskiedskrywing ten opsigte van die Afrikanerrebellie van 1914–1915.
Bestel jou kopie hier.
Kompetisie
Een gelukkige KragDag-leser kan ’n kopie van beide hierdie boeke hier bo wen. Twee lesers kan verder ook elk ’n kopie van Commando: A Boer Journal of the Anglo-Boer War wen. Skryf in die kommentaarveld hier onder watter boek jy graag sal wil wen en waarom. Die boeke kan slegs na ’n adres in Suid-Afrika gekoerier word. Sluitingsdatum 28 Februarie 2025.
In ‘n wêreld wat dikwels vorentoe jaag, is dit van kardinale belang om stil te staan en na te dink oor ons geskiedenis.
Die boeke Commando: A Boer Journal of the Anglo-Boer War en Jopie Fourie: ’n Besinning; se verkenning van die belangrikheid van herinnering vind diep aanklank by my. Geskiedenis is nie net ‘n versameling datums en gebeure nie; dit is die tapisserie van ons identiteite, geweef uit die ervarings van diegene wat voor ons geleef het.
Deur hierdie verhale met ons kinders en kleinkinders te deel, kan hulle hul erfenis verstaan en die stryd en triomf waardeer wat ons gevorm het. Elke verhaal dra waardevolle lesse in wat ons herinner aan ons veerkragtigheid en die belangrikheid van ons keuses.
Deur die verlede te onthou, kweek ons wysheid vir die toekoms aan. Ons bemagtig die volgende generasie om te leer uit beide die foute en suksesse van diegene wat voor hulle geloop het, om te verseker dat die geskiedenis nie vergeet word nie, maar gekoester word.
Hierdie boek is ‘n belangrike herinnering dat ons stories saak maak, en daardeur kan ons ander inspireer om hul wortels te eer. Ek sal geëerd wees om dieper in die bladsye te delf en te ontdek hoe ons almal ons geskiedenis beter kan omhels en deel.
Ek het van kindsbeen af geleer dat ‘n mens moet weet waar jy vandaan kom , om te weet waarheen jy op pad is. Met die gewaarwording en verloop van tyd het die bewondering en liefde vir ons voorgeslagte se geloof en die wilskrag met moeilike keuses, en offers, wat daaraan verbind is, net sterker gegroei. Noudat ek self ‘n oupa is, groei die perspektief en verantwoordelikheid omhierdei kennis te vind en aan te gee na die volgende geslag afrikaner kiner sterker. As oud soldaat (Burgermag en Kommando stelsel) stel ek ook baie belang in diespesifiek geskiedenis
Geluk, Thys, jy wen ‘n kopie van Commando: A Boer Journal of the Anglo-Boer War. Ons sal jou kontak. Groete
Goeiedag,
Ek sal baie graag die boek oor Jopie Fourie wil wen. Ek stel baie belang in geskiedenis en het ‘n plaasmuseum begin.
Ek het so baie vrae oor Jopie Fourie wat ek graag beantwoord sal wil hê. Daars relatief min oor hom geskryf. Bv hoekom het hy nie uit die Unie verdedigingsmag bedank voor hy gerebelleer het nie? So baie mense is in die verlede al tereggestel, hoekom het sy teregstelling soveel emosie ontlok?
Die rebellie was eintlik verby toe hy gevang is, kon Smuts nie maar ‘n ligter vonnis laat oplê het nie?
Baie Afrikaners het Smuts nooit vergewe nie.
Ek sal bly wees indien u my inskrywing gunstig sal oorweeg
Vriendelike Groete
Tallie Wilken
Goeiedag, Tallie. Jy wen ‘n kopie van Jopie Fourie sowel as ‘n eksemplaar van Commando: A Boer Journal of the Anglo-Boer War. Ek sal met jou in verbinding tree.
Goeiedag, ek sal graag een van die twee boeke wil wen. My 11 jarige seun is baie geïntereseerd in Geskiedenis en geniet dit terdeë as ek vir hulle voorlees. Hy koop self Geskiedenis boeke aan. Sonder Geskiedenis dobber ons soos ‘n doellose skip op die see rond. Geskiedenis anker ons maar dui ook ons koers aan vir die toekoms. Maar dan moet dit tereg ook die ware Geskiedenis wees soos ek glo Deneys Reitz en Albert Blake dit deurgee. Baie dankie.
Ek het ‘n nuwe belangstelling ontwikkel in Afrikanergeskiedenis. Ek sou graag die ‘Commando’ boek wil lees want dit bevat sekerlik detail terplaatse beskrywings van wat Reitz elke dag beleef het op Kommando. Ek hou ook besonder baoe van persoonlike weergawes van historiese gebeure.
Ek sou die boek van Jopie Fourie waardeer.
Met als wat verander om ons, amper sonder ons is dit van absoliete noodsaak dat ons die Afrikaanse geskiedenis oordra. Of dit in verhaal of geskiedkundige feit is. Ek kan nie wag om die boek van Jopie Fourie te lees nie.
Ons nageslagte moet besef ons boerevolk het geveg vir ons vreiheid.
Ek sal graag die boek van Op kommando met…, wil graag ontvang, want my oupa was in die slag van Magersfontein. Om meer te weet oor hoe hulle gevoel en dit beleef het, sal vir baie goed wees. My oupa is in 1961 oorlede.
Geseënde dag
Nienkie Grobler
Geluk, Nienkie. Jy wen ‘n kopie van Commando: A Boer Journal of the Anglo-Boer War. Ek sal met jou in verbinding tree.
Dis wonderlike boeke, maar ek stel veral belang in die boek oor Jopie Fourie, omdat dit in Afrikaans is, maar ook omdat dit klink asof die boek heel genuanseerd geskryf is. Mens verwag dit in elk geval so, gegewe die outeur, wie se boeke altyd ‘n treffer is.
Ek ook. Drie broers van ons familie her in die ABO gesneuwel, soos vermeld op ‘n gedenknaald in Ermelo. Deur al die jare draai ons gesprekke hierom, ook die Jopie Fourie storie. En niemand meer oor om konteks te gee nie – net ‘n paar vergeelde foto’tjies.
Ek sal graag die Commando Joernaal wil hê want daar is op ons plaas geveg tydens die oorlog. De La Rey self het hier geveg en sal graag meer wil oplees oor die geskiedenis!
Geluk, Jaco. Jy wen ‘n kopie van Commando: A Boer Journal of the Anglo-Boer War. Ek sal met jou in verbinding tree.