Uitgeput weens slaapapnee? – meer as wat mens sou dink!

Die woord “apnee” se oorsprong dui op afwesigheid van asemhaling.

Mens weet sommer dadelik:  Dit is sleg vir jou!  As jy oplossing kan kry, moet jy dit aangryp.

Die mooi deel van die verhaal is dat met moderne tegnologie deurlopende positiewe lugwegdruk (“CPAP”) as ‘n kitsoplossing vir snork en slaapapnee nou beskikbaar is.  As jy saam met so iemand in die huis moet slaap, is dit ook vir jóú belangrik om iets daaraan te doen!

Dit is vir Berien CPAP louter vreugde om meer mense met ondersteuning van asemhaling te kan help deur middel van topgehalte en gewaarborgde produkte, teen laer pryse as elders en met beter diens!

Vir gades van persone wat aan slaapapnee ly, is hierdie toestand angswekkend.  Jy “weet” die persoon by jou – dikwels in die stilte na ‘n gesnork – haal skielik nie meer asem nie. Mens lê wakker en luister of asemhaling weer gaan hervat, eerder as om te slaap. As jy wel aan die slaap raak, word jy wakker gemaak deur ’n oordadige gesnork wat dikwels gepaardgaan met ’n gesnak na asem. Dit gebeur omdat die asemhalingsentrum van die brein die persoon wakker gemaak het om asem te haal, aangesien ’n suurstoftekort ontwikkel het en koolsuurgas in die bloed opgehoop het.

Mediese protokoldiagnoses vereis kliniese simptome óf ‘n apnee/hipo-apneeindeks (AHI) van 5, wat beteken dat daar meer as 5 apnee-voorvalle per uur is wat langer as 10 sekondes duur.  Voorvalle kan baie langer duur, wat die erns van suurstoftekorte vererger.  Obstruktiewe slaapapnee (OSA) is verreweg die mees algemene, maar daar is ook sentrale slaapapnee. By OSA is daar herhaalde afsluiting van die lugweg as die spiere ontspan wat die sagteweefsel in die lugweg ondersteun. As die lugweg vernou, selfs net ‘n bietjie, is daar hipo-apnee en dikwels snork.

Die fase in die slaapsiklus waar mens diep slaap word as ‘herstellende slaap’ bestempel. Dis krities vir behoorlike uitrus, langtermyn geheue, ens.

Kom ons dink daaroor! Is dit ‘n goeie idee dat mens elke 20 minute wakker, of amper wakker word en dus amper nooit diep kan slaap nie?  Gereelde onderbreking van die volgende slaapfase, die sogenaamde REM-slaap, is ook baie sleg vir jou. Drome (“fliek-kyk”) terwyl mens se ledemate “verlam” is, word onderbreek.  Dis ook belangrik vir die verwerking van trauma en dus vir sielkundige herstel en gesondheid.

Die voorkoms van OSA neem toe met ouderdom, oorgewig, allergieë, ‘n nou lugweg en vergrote mangels. Met sentrale slaapapnee stop asemhaling weens ’n gebrek aan ’n poging om asem te haal.

Sowat 80% van lyers is nie eers self daarvan bewus dat hulle slaapapnee het nie!  Dikwels weet gesinslede dit eerste. Volgens inligting kom slaapapnee voor by 13% van mans, 6% vrouens, 2% kinders en sowat 20% van mense ouer as 65 jaar.  Sentrale slaapapnee kom by minder as 1% mense voor, maar kan deur medikasie gesneller word.

Lyers aan slaapapnee kla oor slaperigheid en uitputting. Dokters kan ‘n kliniese diagnose bevestig na ‘n deurnag-slaapstudie of  polisomnografie. Hiertydens word data versamel oor breingolwe (EEG), hartklop (EKG), suurstofvlakke van bloed (oksimeter), asemhaling (‘n band om die bors en buik), snork (klankopname) en spieraktiwiteit.   So word tydsduur en kwaliteit van slaap bepaal deur ‘n neurofisiologie-tegnikus.

Slaapapnee het baie nadelige effekte. Snorkery ontwrig die naasbestaandes en te min suurstof word ingeneem, wat veroorsaak dat die liggaam en brein nie die nodige rus vir heropbou van selle kry nie. Die immuunstelsel en metabolisme kan ook aangetas word. Dit hou verband met swak geheue, slaperigheid bedags (met die gevaar om agter die stuur aan die slaap te raak!), hoofpyn en die verhoging in hoë risikosiektes soos diabetes en hart- en bloedsomloop­stelselsiektes, gewigstoename asook probleme by die werk of skool. Obstruktiewe slaapapnee verhoog die risiko van hartversaking met 140%, beroerte met 60% en kroniese hartsiekte met 30%.

‘n Groot deel van mense met tipe-2-diabetes ly aan slaapapnee.  Ook by Alzheimer-pasiënte kom dit meer voor as by ander.  Verder is psigiatriese probleme ook meer algemeen by mense met slaapapnee byvoorbeeld 21.8% ly aan depressie, 16.7% het angs en 11.9% het posttraumatiese spanningsversteuring (PTSD). Kyk gerus na die Cleveland Clinic se artikel oor Sleep Apnea.

Wat kan aan die saak gedoen word?

Natuurlik moet mens risikofaktore verlaag waar jy kan.  Baie hiervan is moeilik om aan te spreek en neem tyd. Pogings daartoe faal dikwels. Drastiese aksies soos operasies – behalwe mangeloperasies – het ‘n baie lae suksessyfer. Mondstukke is ook duur en kan pynlike gevolge vir kaakgewrigte inhou. Chroniese medisyne het dikwels slegte newe-effekte.

Waarom sal jy dan nie iets doen wat dadelik kan help en wat geen newe-effekte het nie? Om CPAP suksesvol te begin gebruik is die belangrikste raad dat jy vooraf met jou kop moet besluit dat jy ter wille van jou gesondheid (en jou huisgenote! ) bietjie gaan vasbyt tot jy “gewoond geraak het” aan die CPAP masjien se pyp,  masker en inkomende lugvloei.  Daardie lugvloei is nodig om positiewe lugweg-druk (“PAP”) te handhaaf wat die lugweg oophou.  Dis eintlik maar baie klein druk – tipies een-honderdste van ‘n atmosfeer ekstra. Om te kan opstaan met meer energie, beter uitgerus te wees en ‘n kleiner kans vir chroniese siektes met gepaardgaande medikasie, maak dit beslis meer as die moeite werd!

Dis interessant dat mense wat hul slaapapnee met CPAP uitskakel ook makliker gewig verloor!

Tydens Covid-19 het die waarde van “PAP” en voorkoming van die val in O2-vlakke selfs skerper in die fokus gekom. Twee onafhanklike drukvlakke saam met gevorderde pulmonologiese funksies maak van sommige BiPAP-masjiene druk-ondersteunde ventilators. Een van ons produkte is uitdruklik in die VSA deur FDA goedgekeur vir noodgebruik tydens dié epidemie. As nie-indringende ventilators (NIV) kan dit mense met asemnood help – selfs tuis.  Dit geld ook vir “COPD” pasiënte soos emfiseem, veral as dit in kombinasie met ‘n suurstofmasjien (of duurder voortdurende hervulde suurstofsilinders) gebruik word. Natuurlik behoort siek persone ook hierin hul dokters se leiding te volg.

Berien CPAP het ‘n paar jaar gelede as onafhanklike Afrikaner-entrepreneurs tot hierdie veld toegetree. Dit was die gevolg van die groot verligting en lewenskwaliteitverbetering vir myself en ook vir my gade, nadat ek sonder slaapapnee en snork kon begin lewe!  Ons benut die markgaping wat ons raakgesien het. Ons lewer nou uitstekende en bekostigbare waarde vir geld vir gehalte PAP-toestelle met 5-ster diens landswyd per koerier en met tegnologie. Ons is gerat om die fabriek plaaslik te verteenwoordig – nie dat hierdie masjiene dikwels aandag nodig het as hulle nie mishandel word nie!

Berien CPAP lewer uit voorraad ‘n hele reeks CPAP-, gevorderde outodruk-CPAP- (“APAP”) met ingeboude gratis selftoets asook BiPAP-masjiene. Ons het ook CPAP-toebehore soos maskers, asook suurstofmasjiene.  Danksy ons mense wat beste pryse met beste diens wou hê, gaan ons van krag tot krag as ten volle gelisensieerde onderneming met eie NAPPI kodes wat ook mediese fonds ondersteuning vir ons toestelle moontlik maak.

Staan môre al verfris op!  Waarom “uithou” met snork of slaapapnee!   Ons het die oplossing!

 

Bogenoemde artikel is deur ‘n onafhanklike persoon, onderneming of instansie saamgestel. Menings en standpunte wat in die skrywe gestel word, is nie noodwendig die standpunt of beleid van KragDag, sy werknemers, die nuusbriefredakteur of enige van sy aandeelhouers nie.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui