Van aanvanklik net sweis, diversifisering na ‘n verskeidenheid industriële produkte en dienste
In 1994 is ‘n beskeie maatskappy Cosmo Industrial wat op sweis fokus gebore. In hierdie beginjare was hulle kernprodukte hoofsaaklik op sweis gerig. Soos die jare verbygegaan het het Cosmo gediversifiseer in ‘n erkende multi-dissiplinêre industrieële groep, beter bekend as die Cosmo Groep.
Cosmo Group SA verskaf nie net sweisapparatuur, sweisverbruiksmiddels, gassweis en -sny en gasbottels nie, maar voorsien deesdae ook veiligheidsapparatuur, gereedskap, kraggenerators, lug- en hoëdrukskoonmaakapparatuur, gasapparate met bykomstighede, algemene hardeware, kraggereedskap, handgereedskap, hys- en sleepapparatuur asook plasma snyers.
Hierddie groep bestaan uit verskeie besighede wat insluit Cosmo Industrial met takke in Pretoria en Johannesburg, Cosmo Training Academy, Cosmo Mining Supplies, Cosmo Construction Suppliers, Cosmo Railways Supplies, Cosmo Manufacturing Supplies, Cosmo Fasteners, Silverton Tool Centre en Silverton Cycles. Met die byvoeging van ‘n aanlynwinkel kan klante nou die gemak van aanlyninkopies geniet.
Cosmo Industrial: Meer as Net Sweis
Cosmo Industrial is trots op die verskeidenheid van produkte en dienste wat hulle aanbied. Dit sluit in sweismasjinerie en -toebehore, kraggreedskap en -toebehore, handgereedskap, persoonlike veiligheidstoerusting (PPE), boute en moere, kragopwekkers asook LPG (huishoudelike gas) en industriële gasse. Hulle het ook ‘n Lincoln Electric-geakkrediteerde werkswinkel waar masjiene herstel en gediens kan word.
Enkele van hulle bekende handelsmerke is onder andere Lincoln Electric en Air Products. Onder die Cosmo-merk het hulle ook hul eie sweisstafies en sweishelms. Tans is hulle ook besig om hul eie sweismasjiene te ontwikkel.
Cosmo Training Academy: Ontwikkeling van Vaardighede
Cosmo Training Academy bied ‘n reeks opleidingsprogramme met die hooffokus op sweisopleiding. Dit sluit onder andere in een-dag sweismasjienopleiding, ‘n basiese sweiskursus van vyf dae, ‘n Internasionale IIW Diploma en ook ‘n QCTO Seta-geakkrediteerde kursus – die gewilde ‘rooi seël’ van die sweisindustrie. Daarbenewens bied die akademie ook sagte vaardigheidskursusse aan, soos gedrag in die werkplek, kliëntediens en leierskap. Wetlike aanspreeklikheidskursusse soos noodhulp en brandbestryding is ook beskikbaar.
Cosmo Aanlyn Winkel: Inkopies op Jou Gemak
Hul aanlyn winkel bied klante die geleentheid om die meeste van hulle produkte te besigtig en te koop, met die uitsondering van hoog-tegniese produkte.
Cosmo Groep en Gemeenskapsprojekte
Cosmo Groep is passievol betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte. Een uitsonderlike gebeurtenis is die jaarlikse Cosmo Run – ‘n fondsinsamelingsgeleentheid wat gebruik word om plaaslike gemeenskapsprojekte te befonds. Hulle was onlangs betrokke by die opknapping van ‘n kleuterskool se speelgrond en het ook speelgoed geskenk en ‘n nuwe speelkamer ingerig.
Silverton Cycles: Fietsry Passie
Onder die Cosmo Groep-sambreel, is Silverton Cycles die realisering van direkteur Pierre van Niewenhuizen se visie is om ‘n fietsry winkel as deel van die groep te hê. Hulle bedien onder andere die Titan Racing en Merida handelsmerke.
Vir meer inligting oor die Cosmo Groep, besoek hul webwerf by www.cosmogroupsa.co.za, of besoek een van hulle takke in Silverton. Die groep is ook aktief op sosiale media.