
Sakeliga vir staatsbestande, selfstandige en welvarende ondernemings
Sakeliga is in 2011 deur vooraanstaande sakelui en gemeenskapsleiers opgerig as ‘n klub van sakelui, beroepslui en beleggers wat saam hul konstitusionele plig opneem om staatsmag teen te staan, ‘n regverdige kommersiële orde te help oprig en florerende handels- en finansiële netwerke te vorm.
In kort, glo Sakeliga dat politiek geen sinvolle bydrae in die sakeomgewing kan maak nie. ‘n Gunstige sakeomgewing en ‘n groeiende ekonomie is net moontlik waar daar mínder politieke inmenging en méér produktiewe besigheid gedoen word.
Sakeliga, met die hulp van sy donateurs, lede en netwerk plaas openbare druk en litigeer om skadelike staatsoptrede in die sakeomgewing te hervorm. Sakeliga vorm ook ‘n kragtige, gekoördineerde sakegemeenskap wat ‘n florerende ekonomiese netwerk te midde van staatsmislukking kan bou.
Sakeliga se litigasiestrategie is daarop gemik om staatsverval en skadelike inmenging teen te staan. Die litigasie is gemik teen sleutelbedreigings vir kommersiële orde, soos onteiening, BEE, munisipale verval en wanbestuur, asook teen regulasies in die nasleep van Covid-19.
Sakeliga bied ‘n veilige kanaal vir sakelui om, sonder openbare blootstelling en risiko, litigasie en aksies te ondersteun wat tot ‘n meer selfstandige sakegemeenskap sal lei. Besoek www.sakeliga.co.za om deel te word van ons sakegemeenskap.