Afriq Water se besproeiingsoplossings

PROMOSIE-ARTIKEL

Afriq Water is ‘n familiegedrewe besproeiingsvervaardiger en verskaffer van besproeiingoplossings regoor Suider-Afrika, geleë in Tarlton naby Krugersdorp en Magaliesburg. Ons glo in besproeiing vir ’n groener môre, en daarom streef ons voortdurend om besproeiingsmetodes te verbeter en voedselsekerheid te help verseker.

Wynand Ueckermann, die uitvoerende hoof en eienaarstigter van Afriq Water, het tydens ’n besoek aan Turkye die indrukwekkende goukoppel-besproeiingstelsel opgemerk. Hy het besef dat die plastiekstelsel die ideale alternatief vir die ou staalpypstelsels in Suid-Afrika is. Terwyl staalpype buitensporig duur, swaar en maklik steelbaar is, is die hoëdigtheid-poliëtileen (HDPE) goukoppelpypstelsels bekostigbaar, duursaam en maklik om te gebruik.

Wynand (50) is die eienaarstigter van Afriq Water. Hy het grootgeword op ’n plaas en het ook naskools meer as twintig jaar ervaring in landbou. Sy eggenoot, Hélena (54) – spottenderwys genoem die grootbaas – bestuur die administrasie- en bemarkingspanne. Sy gesin het weldra betrokke geraak by die besigheid. Justine (27), Wynand se dogter, en haar eggenoot, Brandon Jansen van Vuuren (29) vorm deel van bemarking en verkope. Karl (29), Wynand se seun, en sy eggenote, Simone Ueckermann (29), vorm deel van vervaardiging en kantooradministrasie. Charné Ueckermann (22), Wynand se dogter, is die binnenshuisontwerper en vorm deel van bemarking.

Afriq Water bied doeltreffende besproeiingsoplossings teen van die laagste pryse in die mark aan om besproeiing meer toeganklik te maak. Hulle vervaardig en verskaf verskeie besproeiingstelsels, soos byvoorbeeld:

  • Druplynbesproeiing (insluitend toebehore en stelsels wat in stelle kom)
  • Goukoppel-besproeiing
  • HDPE & LDPE-pype
  • Besproeiingsfilters
  • Kunsmis-toedieningstenks
  • K-Rain Tuin- en kommersiële besproeiing

Druplynbesproeiing

Druplynbesproeiing is ’n innoverende besproeiingsmetode, met water wat direk aan die plant se wortels gelewer word, in die regte hoeveelhede, op die regte tyd. Dit verseker ’n vrugbare oes sonder om waterbronne in te boet. Hierdie besproeiingsmetode is ideaal vir gebruik in droë of waterskaars streke.

Druplynbesproeiing werk teen lae druk en funksioneer optimaal teen 1 bar. In gebiede waar boere die meeste geraak word deur beurtkrag of waar energie nie so toeganklik is nie, kan hulle hul hele besproeiingstelsel bestuur met gravitasie. Boere kan bloot ’n tenk op ’n platform ’n paar meter van die grond af plaas en hulle lyne van daar af voed. Hierdie metode van besproeiing stel hulle in staat stel om die “doen jou eie ding”-leefstyl te leef.

Doen jou eie ding

Afriq Water het ’n verskeidenheid stelle beskikbaar, wat alles insluit wat ’n kleinboer nodig het om te begin, uitsluitend ’n hooflyn. Elke rol druplyn kom standaard met 30 cm spasiëring en 2 liter ’n uur druppers geïnstalleer.

Druplynbesproeiing bied die volgende voordele:

  • Laer waterverbruik
  • Hoë oes-opbrengste en kwaliteit
  • Maklike installasie
  • Eenvormige besproeiing op enige topografie en grondtipe, met presiese waterverspreiding en minder vermorsing
  • Energiebesparing aangesien dit optimaal op lae druk werk
  • Doeltreffende gebruik van kunsmis asook swam- en insekdoders sonder wegsypeling
  • Verminderde onkruidgroei
  • Minder afhanklikheid van weerstoestande wat lei tot groter stabiliteit en laer risiko
  • Koste-effektief

Druplynbesproeiing bied ook voordele vir plante. Die toediening van water is bestendig en konstant. Water en voedingstowwe wat gereeld en in klein dosisse gelewer word, verseker die beste groeitoestande om sodoende die hoogste opbrengs moontlik te lewer. Alle soorte gewasse is geskik vir hierdie metode van besproeiing – van veldgewasse soos mielies, sojabone of suikerriet tot groente en boomgewasse.

Pasgemaakte druplynstelsels

Afriq Water vervaardig pasgemaakte druplynstelsels plaaslik en op aanvraag. Ons is daarom in staat om die druplyn aan te pas by die boer se unieke behoeftes. Daar is ’n een tot twee weke wagtyd op alle bestellings.

Rolle kom in standaardgroottes van:

Boere kan enige van hierdie rolle met die volgende spesifikasies pasmaak:

  • liter per uur (0,8 – 3,8 liter per uur)
  • drupper spasiëring (20 cm – 120 cm (afhangend van die wanddikte)

Die kostes

Die aanvanklike uitleg van druplynstelsels kan duurder wees as ander besproeiingsmetodes, maar boere moet verhogings in oes-opbrengste in ag neem terwyl hulle op insette (water, kunsmis, energie en arbeid) bespaar.

Goukoppel-besproeiingstelsel

Die goukoppel-besproeiingstelsel is ’n betroubare, geharde, duursame en kostedoeltreffende alternatief vir outydse staalpypstelsels.

Hier volg nog eienskappe van die stelsel:

  • Beweegbaarheid: ‘n Hele lyn van die goukoppelstelsel kan met die hand geskuif en saamgestel word, aangesien dit van liggewig HDPE gemaak is.
  • Verenigbaarheid: Goukoppelstelsels kan gebruik word om ander besproeiingstelsels te ondersteun. Dit kan as sylyne opgestel word. Dit kan ook as afsonderlike sprinkelstelsels of as tydelike hooflyne vir watervervoer gebruik word, veral op huurgrond.
  • Stelselontwerp: Goukoppelstelsels bestaan ​​uit HDPE-pype in lengtes van 6 meter (kan op aanvraag anders vervaardig word) wat verbind word deur hoogs sigbare helder-oranje goukoppelstukke. Dit word met wrywingsweiswerk aanmekaar gesit is en ook toegerus is met lekvrye rubberlipseëls wat in alle topografiese toestande gebruik kan word. Elke 12 meter is daar ’n saalstuk waarin ’n staanpyp met ’n sproeier geskroef word.
  • Duursaamheid: Die gladde binnekant verseker lae wrywingverlies, wat die doeltreffendheid van die stelsel verhoog. Die UV-beskermde stelsel word die afgelope 40 jaar in alle klimaatstoestande gebruik, van ysige winters tot uiters warm somers. Die pype is gehard en kan in die veld met ’n kompressiekoppelstuk herstel word.

 

HDPE & LDPE-pype

HDPE is ’n hoëdigtheid-poliëtileen termoplastiek gemaak van petroleum en versterk teen UV. Dit funksioneer optimaal teen 6 bar.

  • Toepassings van HDPE: HDPE-pype kan water, afvalwater, chemikalieë en gevaarlike afval dra. Dit is veilig vir watertoepassings, bv. drinkwater en landboubesproeiing. Dit is UV-beskermd en kan gebruik word vir bogrondse pypleidinginstallasies indien dit aan die hidrostatiese drukvereistes van die ontwerp voldoen. Ontsmettingsmiddels soos chloor en chlooramien is goedgekeur vir gebruik in HDPE-pype.
  • Duursaamheid van HDPE: HDPE-pype lewer sterk, langdurige werkverrigting met ’n ligte gewig en prys. Die Plastic Pipe Institute verwag konserwatief dat dit 50 tot 100 jaar kan hou. Hierdie tipe pype word verbind met kompressietoebehore.
  • LDPE (laedigtheid-poliëtileen) is gemaak van goedgekeurde prima-gegradeerde herwonne materiaal. Dit word spesifiek vervaardig om ’n langdurige en duursame eindproduk te verseker.
  • Toepassings van LDPE: LDPE-pype kan in ’n wye reeks toepassings gebruik word, insluitend sprinkel- en drupbesproeiingstelsels, dreineringstelsels, landboupype en besproeiingstelsels.
  • Duursaamheid van HDPE: LDPE-pype kan bogronds begrawe of vasgemaak word. Die pyp is UV-beskermd en is ook bestand teen meeste chemikalieë, soos onder meer kunsmis.

Besproeiingsfilters

Waterfiltrasie is belangrik vir alle besproeiingstelsels, insluitend sprinkel- en druplynbesproeiingstelsels. Filters verleng die lewensduur van en verlaag die instandhouding van hierdie besproeiingstelsels.

Kunsmistenks

Kunsmistenks lewer vloeibare kunsmis aan die grond, wat die groei en gesondheid van die plante bevorder. Die gebruik van kunsmistenks is noodsaaklik in moderne landbou. Dit werk goed met sprinkel- en druplynbesproeiingstelsels. Die tenks is ’n eenvoudige maar doeltreffende metode en benodig slegs ’n paar kleppe en koppelstukke om kunsmis, met behulp van die drukverskil, in die sisteem eweredig op die land te versprei.

 K-Rain Tuin- en kommersiële besproeiing

Afriq Water is die alleenverspreider (met pakhuisregte) van K-Rain-produkte in Suid-Afrika. K-Rain is een van die grootste vervaardigers van besproeiingsrotors en -beheerders, spuite en kleppe ter wêreld. K-Rain het hoogs gesofistikeerde produkte wat ideaal vir tuin, kommersiële en sportveld aanwendings is. Die produk se kwaliteit is uitstekend en die prys mededingend.

Kontak Afriq Water gerus!

Kontakbesonderhede:

Selfoon: +27 61 502 2547

E-posadres: admin@afriqwater.co.za

Webwerf: https://www.afriqwater.co.za

Afriqwater neem vanjaar deel aan die 2022 Sakeliga KragDag-ekspo wat gehou word op 11, 12 en 13 Augustus. Kom besoek hulle by stalletjienommers 810 tot 812 asook 779 en 780 en kom kyk wat beskikbaar is om jou besproeiingskopsere minder te maak.

Bogenoemde artikel is deur ‘n onafhanklike persoon, onderneming of instansie saamgestel. Menings en standpunte wat in die skrywe gestel word, is nie noodwendig die standpunt of beleid van KragDag, sy werknemers, die nuusbriefredakteur of enige van sy aandeelhouers nie.
0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Charné Ueckermann
  • Charné Ueckermann

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui