
Polisie konfiskeer ál man se wapens nadat hy hom en gesin verdedig
André, ‘n Vrystaatse boer, was saam met sy vrou en kinders aan tafel, besig om te eet toe hy twee indringers met Pangas in hulle erf gewaar. Hy het die mans vanuit die plaashuis gewaarsku dat hulle oortree en moet padgee. Hulle het sy waarskuwing geïgnoreer en toe hulle die plaashuis nader, het hy drie skote van sy Glock 9mm-pistool afgevuur. Die geweerskote het die mans afgeskrik en hulle het dadelik gevlug. Niemand is in die voorval beseer nie.
Nadat André die voorval by die polisie aangemeld het, het twee beamptes sy huis besoek en tydelik sy pistool beslag gelê vir ballistiese toetse. Die beamptes het André verder versoek om hulle te wys waar hy al sy ander vuurwapens bêre. Nadat hy sy vuurwapenkluis oopgemaak het, het die beamptes al sy vuurwapens gekonfiskeer.
Die vraag is: Was dit billik dat die polisie op al André se vuurwapens beslag gelê het?
Ons strafregskenner, Dr. Llewelyn Curlewis sê:
“Uit die beperkte feite wat verskaf is, kan ek geen onregmatige gedrag vind wat daarop dui dat die boer op enige wyse hoegenaamd onwettig opgetree het nie. Hy was geregtig om sy vuurwapen te gebruik om sy eie lewe, dié van sy gesin en uiteindelik ook sy eiendom te beskerm.”
“Dat die SAPD tydelik op sy Glock-pistool beslag gelê het, is nie vreemd nie aangesien dit standaardpraktyk is om ‘n vuurwapen wat in ‘n skietvoorval gebruik is, vir ballistiese en/of ander forensiese ondersoeke te stuur. Die rede is om te verseker dat in die geval dat hy moontlik een van die indringers gewond en/of doodgemaak het, die forensiese bewyse met die voorval verbind kon word. Hy sal natuurlik geregtig wees om sy 9mm Glock terug te eis sodra die ondersoek voltooi is. Wat die konfiskering van al sy ander vuurwapens betref, voer ek aan dat die sodanige beslaglegging daarvan onwettig was, tensy die SAPD in besit was van ‘n deursoeking en -beslagleggingslasbrief, of alternatiewelik goeie rede gehad het om te vermoed dat daardie ander vuurwapens by ander misdade betrokke was.”
“Sonder ‘n deursoekingslasbrief moes die boer geweier het om enige van sy ander vuurwapens te oorhandig. Hy moet so gou moontlik ‘n dringende aansoek vir die terugbesorging van sy vuurwapens wat onwettig deur die SAPD gekonfiskeer is, oorweeg, alternatiewelik ‘n aksie bekend as ‘n rei vindicatio instel om sy vuurwapens as die eienaar
daarvan terug te eis. Uiteraard sou daar ook vir ‘n gepaste kostebevel gebvra kon word. Na gelang van die omstandighede is dit nie ongewoon dat ’n eis vir moontlike skadevergoeding ook oorweeg kan word as die feite dit toelaat nie.”
Wat as die met my gebeur?
In Suid-Afrika kan niemand bekostig om te sê, “dit sal nie met my gebeur nie.” Jy moet gereed wees om jou en jou gesin te verdedig.
Firearms Guardian verstaan jou kommer oor die veiligheid van jou gesin en is daar vir jou wanneer jy drastiese stappe moet neem om diegene wat jy liefhet te beskerm. In enige ondersoek ná die gebruik van jou vuurwapen, het jy Firearms Guardian nodig om jou te beskerm en jou belange te bewaak.
Besoek https://firearmsguardian.co.za/learn-more/ vir meer inligting.
Daar moet ‘n onmiddelike protesaksie teen die polisie gerig word teen sulke optrede, en daai man se wapens moet terug.Waar is die NUWE polisie nou ?