
Veiligheid in ‘n misdaadbesmette staat
Een van die staat se kernverantwoordelikhede is om Suid-Afrikaners se veiligheid te verseker. Staatsverval het op alle vlakke ‘n invloed op ons lewe – dit raak ons beursies, dit raak ons besighede en ons veiligheid, maar hoe gemaak wanneer dit ons en ons gesinne se lewens bedreig? Ons leef in ‘n misdaadbesmette staat. Daar sal binne die volgende 12 maande waarskynlik 31 000 mense in Suid-Afrika vermoor word. Wanneer die staat misluk en ons lewens daarvan afhang: Wat is die alternatief?
Ian Cameron (Firearms Guardian), Daniel Eloff (Hurter Spies) en Bennie van Zyl (TLU SA) stem saam dat die polisie misluk het om Suid-Afrikaners veilig te hou, en dat gemeenskapsinisiatiewe die enigste pad vorentoe is.
Volgens Ian Cameron word net 15% van alle moorde opgelos. “‘n Polisieman in die Oos-Kaap het grappende vir my gesê dat as jy wil wegkom met moord, doen dit in Suid-Afrika, en hy is ongelukkig reg. Dit was nog nooit so belangrik dat gemeenskappe betrokke raak by veiligheidsinisiatiewe nie.“
Volgense Bennie van Zyl is die misdaadsituasie in Suid-Afrika tragies. “Meer as 80 mense word elke dag in Suid Afrika vermoor, en dit is onaanvaarbaar. Ons land is besig om te bloei, en ons regering doen niks daaraan nie. Boere is sagte teikens vir geweldsmisdadigers, en hulle word op die wreedste maniere vermoor. Daarby word plase daagliks geplunder. Ons is dankbaar vir polisielede wat nog hulle werk behoorlik doen, maar dit is ongelukkig ‘n feit dat
daar misdaadsindikate binne ons polisiestasies ‘n groeiende verskynsel is.”
Daniel Eloff bevestig dat die polisie hul plig versuim om Suid-Afrikaners veilig te hou, maar beklemtoon dat sterk gemeenskappe die verskil kan maak.
Uiteindelik, meen Cameron, is wettige vuurwapeneienaarskap en gemeenskapbetrokkenheid die beste manier om gemeenskappe veilig te hou. “Wettige vuurwapeneienaars is die eerste linie van verdediging teen misdaad, nie die staat nie.”
Klik hier om die volledige onderhoud te kyk: