
Die gesprekke duur voort
By die Kopskuifateljee tydens vanjaar se KragDag het ‘n ryke verskeidenheid gedagteprikkelende onderwerpe weer onder die loep gekom. Die program-aanbieding is deur Lex Libertas behartig. Oor drie dae het kundiges, gemeenskapsleiers, entrepreneurs, kommentators en besluitnemers van die belangrikste vraagstukke van ons tyd bespreek. 
Die gesprekke het gehandel oor:
- Lex Libertas se 3 000 wit kruise op pad na Washington;
- Kultuur se rol in vryheid en selfbeskikking;
- Die roeping van rentmeesterskap en die verskil tussen hulp en afhanklikheid;
- Nasionale scenario’s waarvoor gemeenskappe behoort voor te berei;
- Die bek-en-klouseerkrisis en die lesse wat daaruit geleer is;
- Nuwe momentum vir ’n konserwatiewe herlewing;
- Die stryd teen raswette in die sakesektor;
- Belastingverligting vir private sekuriteitsuitgawes;
- Alternatiewe media as antwoord op kanselleerkultuur;
- Die moontlikheid van ’n belastingopstand;
- Gemeenskapselfstandigheid binne metro’s;
- Welvaartskepping vir die volgende geslag;
- ’n Praktiese veiligheidsplan vir jou gesin;
- Staatsbestande plaaslike gemeenskappe;
- Opvoeding wat kinders werklik lewensgereed maak; en
- Praktiese treë na groter selfstandigheid en staatsbestandheid.
Kyk en luister weer
Die waarde van hierdie gesprekke eindig nie wanneer die mikrofone afgeskakel word nie. Dit lê in die idees wat verder versprei, die vrae wat rondom etenstafels en in ondernemings gevra word en die besluite wat mense daarna neem.
Het jy ’n gesprek misgeloop, of wil jy weer daarna luister? Besoek KragDag se YouTube-kanaal vir die Kopskuifateljee-opnames en ander KragDag-inhoud. Jy kan ook hieronder op ’n video klik om dit direk te kyk.














