‘n Toekoms onder ‘n monetêre, koolstof- en sosiale kredietstelsel
Melissa Ciummei, ‘n finansiële belegger uit Noord-Ierland, het haar bedenkinge en ‘n ernstige bekommernis uitgespreek dat inentingspaspoorte (“entingsdompas”) eerder as data-paspoorte gebruik sal word ten einde deelname aan sosiale aktiwiteite te beheer. Hiervoor benodig hulle jou kinders en is dit ook nodig om klein en medium ondernemings tot niet te maak. Melissa is van mening dat die beoogde inentingspaspoort geskep is om ‘n finansiële herskikking teweeg te bring wat die huidige geldstelsel, wat op fiatgeld geskoei is en wat besig is om te faal, met ‘n nuwe stelsel te vervang.
‘n Nuwe finansiële stelsel is op hande waar ‘n gebruikersekonomie met ‘n kredietekonomie vervang sal word. Waar ons tans bekend is met net ‘n monetêre kredietstelsel word ‘n wêreldwye koolstof- en sosiale kredietstelsel ook in die vooruitsig gestel. Ten einde te verseker dat die nuwe finansiële stelsel suksesvol geïmplementeer sal word, is verpligte inentings vir alle burgers, jonk en oud, noodsaaklik om te verseker dat hierdie plan sal slaag.
Nie-regeringsorganisasies, die Verenigde Nasies, die WEF en die IMF is nóu betrokke by hierdie plan. Miljardêrs en groot tegnologiemaatskappye wil die toekoms van die mensdom dikteer. Hierdie mense het intieme kennis van menslike en massa-sielkunde tot hulle beskikking en hulle gebruik dit tot hulle eie voordeel.
Wat hierdie mense en instansies egter nie in aanmerking neem nie is die intuïtiewe en geestelike aspek van menswees. Ons het ‘n verantwoordelikheid om ons kinders te beskerm en ons moet genoemde aspekte tot eie voordeel en welsyn aanwend. Gelukkig hoef mense nie in die voorste linies van ‘n oorlog te veg en te sterf om hierdie aanslag teen die mensdom teen te staan nie. Al wat nodig is is bloot ‘n nie-voldoening aan die plan deur “nee” te sê. Moenie ingee of opgee nie. As ons sou ingee of opgee veroorsaak ons uiteindelik ‘n dubbele stryd vir ons kinders. Onthou dat jy nie alleen in hierdie stryd is nie en dat jy is ook nie gek is nie. Jou intuïsie is korrek. Alhoewel jy jouself finansieel vir hierdie stryd moet voorberei moet jy dit ook geestelik, emosioneel, fisies en sielkundig doen.
Luister hieronder na hierdie in-diepte onderhoud wat Sara Harboubi met Melissa Ciummei voer om insig te verkry oor die ekonomiese beginsels agter die Covid-19 narratief.
Jammer, maar die saak kan julle mos nie net daar los nie?? Wat is die alternatief? Al ooit gehoor dat julle nie afhanklik hoef te wees van die staat se manier van dinge doen nie. Hoekom net nee se? Is dit die enigste oplossing waaraan julle kan dink? Wat dink julle gaan die groot meerderheid sê? “Nee! Ek gaan liewer dat my vrou en kinders dood gaan van die honger voordat ek die SASSA R350 aanvaar via blockchain”? Nee ou, ons moet gereed wees met ‘n oplossing. Baie harde werk en baie tyd nodig. Maar ons benodig nie net ‘n “Ora” nie. Ons benodig ‘n hele netwerk met “smart contracts”, NFT’s en “Tokens”. Wanneer julle reg is om te werk aan ‘n oplossing… kontak my. Sal die oplossing verduidelik. BTW, ek is nie in enige posisie om hierdeur te baat nie. Wel; ek gaan nie meer baat as elkeen wat landsburgers is nie.