Kies die regte kos!
PROMOSIE-ARTIKEL
‘n Pasgebore baba se honger- en versadigingsentrum werk presies soos dit bedoel is. As ‘n baba honger is, huil hy tot hy sy melk kry. As sy magie vol is, stoot hy die bottel summier eenkant toe. Ongelukkig word hierdie werking, wat o.a. deur die ghrelin– en leptienhormone gereguleer word, iewers in die grootword jare, versteur. Redes hiervoor is:
- Kinders word getroos of beloon met kos. Jy eet nie meer net as jy honger is nie, maar jy word gekondisioneer om ook te eet as jy hartseer, bang of bly is. Emosionele eters word so geskep.
- Die verwerkte kosse wat deel vorm van ons moderne westerse dieet, word spesiaal ontwikkel om die regte hoeveelheid suiker, vet en sout te bevat, sodat jy meer en meer daarvan wil hê, al is jy nie honger nie.
Verwerkte kos vang jou in ‘n wip
Hierdie spesiale samestelling van suiker, vet en sout, staan as die “bliss point” bekend. Daar word ook navorsing gedoen om die presiese tekstuur te bepaal wat jou altyd laat terugkom vir meer. Asof dit nie wreed genoeg is nie, word kinders geteiken deur bemarkingsveldtogte. Vervaardigers van bv. gaskoeldranke, wil kinders so jonk as moontlik blootstel aan hulle produk, omdat die kans groot is dat die kind lewenslank die koeldrank sal wil drink. Heelparty artikels verwys hierna as ‘n verslawing. Verwerkte kos het geweldige nadelige gevolge op jou gesondheid. Dit veroorsaak leefstylverwante siektes en verlaag lewenskwaliteit.
As mens op dié manier dink aan verwerkte kos en die houvas wat dit op moderne mense, wat ‘n tipiese westerse dieet volg, het, is dit makliker om ‘n doelbewuste besluit te neem om regte, onverwerkte kosse te kies. Soveel dinge in hierdie deurmekaar wêreld is buite ons beheer. Dit is nie lekker om te besef dat jou kosvoorkeure eintlik beheer word deur internasionale voedselmaatskappye nie. Die keuse om jou liggaam met heilsame kos te voed, is egter volkome binne jou beheer. Moenie slaafs die roete volg wat ander vir jou uitgedink het nie. Kies regte kos en doen jou eie ding!
Wat is regte kos?
Dit is kos wat nie in ‘n fabriek vervaardig is nie. Dit is so na as moontlik aan die natuurlike vorm waarin dit verbou is. Dit sluit vleis, suiwelprodukte, groente, vrugte, peule, sade, neute, volgrane, koffiebone, tee, bier, wyn en water in.
Lekkergoed, konfyte, koekies, beskuit en ander gebakte produkte, winkelbrood, koeldrank, meeste souse, skyfies (“chips”), beskuitjies, meeste ontbytpap (bokspap), pakkiesop, noedels, energiestafies, energiedrankies, gegeurde melk, gegeurde jogurt, weense worsies, visvingers en wegneemkitskos is onder andere op die lysie van kos wat nie regte kos is nie. Jy sal verbaas wees oor hoeveel rakke in ‘n supermark ‘n mens glad nie eens by indraai, as jy die keuse maak om regte kos te eet nie.
‘n Besoek aan ‘n boeremark bied die ideale geleentheid om vars produkte direk van die produsent te koop. Mense met groenvingers kan met ‘n eie groentetuin en vrugtebome, die regte-kos pad nog ‘n stappie verder neem.
Om regte kos te eet, is in der waarheid baie eenvoudig en maklik.
- Dit begin by ‘n keuse.
- Daarna moet jy kennis insamel oor wat regte kos is. Leer om voedseletikette te lees.
- Dan moet jy BEPLAN. Met goeie beplanning kan baie tyd en geld gespaar word. Beplanning kan ook insluit dat jy jou regte-kos maaltye aankoop by iemand wat dit namens jou berei, indien jou begroting so ‘n luukse toelaat.
- Om regte kos te eet en verwerkte kos uit te skakel, kán duur wees, maar dit hóéf nie duur te wees nie! Vir baie mense werk regte kos goedkoper uit as verwerkte kitskos.
Fit@Nature bied hulp
Gesond eet en oefen, is die twee hoekstene van ‘n gesonde en gebalanseerde lewe. Op die oog af mag die fiksheidsindustrie vir buitestaanders lyk na ‘n baie oppervlakkige wêreld. In werklikheid is dit ‘n goed nagevorsde, wetenskaplike veld. Dit is ‘n besondere voorreg om in hierdie sektor te dien. Wanneer jy iemand help om ‘n paar klein leefstylveranderings te maak, kan dit ‘n reuse verskil maak aan die persoon se lewenskwaliteit. Hierdie verbeterde lewenskwaliteit, kring veel verder uit as net die liggaamlike. Die lys van voordele is baie lank, maar om net ‘n paar te noem: Met meer energie en lewenslus, word stres beter hanteer, is jy ‘n beter eggenoot, ouer, werknemer of lid van die samelewing. Die gesegde dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves, mag geyk wees, maar dit is waar!
Daar is ‘n magdom inligting beskikbaar wat mense kan help om gesond te leef, Dit is egter by die toepassing van hierdie kennis, waar die pap gewoonlik op die grond val. En dit is net hier waar ons nuwe besigheid, Fit@Nature, sy bestaansreg vandaan kry. Na baie jare as praktiserende biokinetikus, met ‘n spesiale belangstelling in leefstylverandering, het ek ‘n lysie saamgestel van die mees algemene redes waarom my pasiënte/kliënte, sukkel om ‘n gesonde lewe te lei. Die lysie lyk so:
- Te min tyd en swak beplanning.
- Te min motivering om op jou eie te hou by ‘n oefenprogram en eetplan.
- Vind nie aanklank by die atmosfeer van ‘n tradisionele gimnasium nie.
- Voel onveilig om buite te oefen.
- Raak verveeld met ‘n oefenprogram.
- Is so gebombardeer deur allerlei kitsoplossings, dat jyself nie meer weet wat is goeie raad en wat is nie.
Met hierdie lysie in gedagte, is Fit@Nature gebore.
- Ons bied ‘n 36 minute hoë intensiteit interval-oefening program aan. Binne net 45 minute kan jy in en uit die studio wees, met die versekering dat jy genoeg, van die regte soort oefening, gedoen het.
- Ons lede kan gesonde (regte) kos bestel en dit by die studio oplaai en saam neem werk toe, of huis toe. Elke lid kry ook met aansluiting ‘n praktiese gids met regte kos resepte en idees. Omdat meeste mense gewoonlik ook gewig wil verloor, word die eetgids se porsies daarvolgens aangepas. Dit is ‘n unieke, praktiese gids wat maklik in ‘n handsak of broeksak pas. Dit is beskikbaar in Afrikaans en Engels.
- Jy hoef net genoeg motivering te hê om by ons deure in te kom. Daarna neem ons oor en help jou van begin tot einde deur die dag se oefenprogram.
- Die studio is nie ‘n tipiese gimnasium met helder kleure, spieëls of ‘n industriële voorkoms nie. Ons het biofiliese ontwerpbeginsels ingespan om die natuur in die studio in te bring. Ons studio is lig, met baie plante en Dit skep ‘n totale ander atmosfeer en is ‘n unieke konsep.
- Ons programme is elke dag anders en verveling is nie ‘n opsie nie. Boonop is dit so uitgewerk dat fikses en onfikses saam kan oefen.
- Ons hele program is wetenskaplik begrond. Elke deelnemer dra ‘n hartmonitor sodat ons kan verseker dat ons lede die maksimum voordeel uit elke oefensessie kry. Ons gebruik ook ‘n InBody-skandeerder om liggaamsamestelling akkuraat te kan bepaal. Verder werk ons elke klas uit dat dit aan ‘n formule voldoen, wat verseker dat alle aspekte van fiksheid aangespreek word.
Fit@Nature skep ‘n skoon, natuurlike ruimte waarheen modern mense kan kom om kwaliteit oefening te doen en die keuse het om gesonde, regte kos te bestel, of bemagtig word met kennis om hulle eie gesonde kos te maak. Ons maak ons deure oop in Oktober, in Clifflaan 438, Waterkloofrif.
Dr. Retha Calitz
Selnommer: 083 43 0222
E-pos adres: retha@fitatnature.co.za
Gesels saam:
Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.
——————————————
Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.