Gauteng Alternatiewe Onderwys Ekspo 2022 – Geïndividualiseerde opvoeding vir jou kind!

Op 2 April 2022 is die Gauteng Alternatiewe Onderwys ekspo weereens suksesvol aangebied by die Heartfelt Arena in Pretoria. KragDag en SA Homeschoolers vat jaarliks hande om ‘n reeks opvoedkunde ekspos aan te bied reg oor Suid-Afrika, waarvan hierdie die eerste vir 2022 was.

Hierdie ekspo fokus op privaat alternatiewe vir staatsonderwys en -opleiding. Sowat 70 uitstallers het hulle produkte en dienste aan besoekers bekendgestel, waaronder Tuisonderwys Kurrikulums, Buitemuurse Aktiwiteite, Ondersteuningsmateriaal en Tersiêre Oplossings was.

Die opvoedkunde ekspo bied ook die geleentheid vir ouers om skouers te skuur met veteraan tuisskolers, kenners met jare se ondervinding en die tuisskool alumni.

Bouwe van der Eems van Pestalozzi Trust, Marc Ries van Love to Learn en Pearl Osa, ma van 11 kinders en Mev. SA finalis, is maar ‘n paar van die sprekers wat hulle kennis en ondervinding op die ekspo gedeel het deur middel van praatjies. Jy kan hierna die praatjie van Marc Ries kyk wat gesels oor die rol wat ‘n vader in tuisonderwys speel:

Ander praatjies sal binnekort bekendgestel word.

Vanjaar is daar ook ‘n gedeelte van die ekspo afgesonder vir kinderaktiwiteite. Verskeie uitstallers het die kinders vermaak met ‘n verskeidenheid, waaronder hommeltuig vlieg, eksperimente, stories en ‘n drama vertoning was.

KwaZulu-Natal Tuisonderwys Ekspo vind DV 14 Mei plaas te Hillside Kerk, Hillcrest. Toegangsfooie vir besoekers beloop R80 per volwassene (U kan 50% afslag kry op die toegang, deur HIER te registreer.)

Volg @kragdag en @sahomeschoolers op Facebook vir meer inligting.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Sone Saunders
  • Sone Saunders

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui