Die stryd vir geloof, familie en ons toekoms in die onderwys
Op 9 Augustus 2018 het Dr Peter Hammond ‘n aanbieding in die KragDag Raadsaal oor die onderwerp: The Battle for Faith, Family and our Future in Education (sien video hieronder).
Met onlangse hofsake en wetsontwerpe wat voorgestel word om godsdiensvryheid in die onderwys in Suid-Afrika te beperk, onttrek selfs meer ouers hul kinders uit regeringsskole en wend hulle na privaat Christelike skole en tuisonderwys.
Wie is uiteindelik verantwoordelik vir ons kinders se toekoms? As mens agter die skerms loer na die staatskurrikulum om die doelwitte te beoordeel is jy geskok oor die morele waardes, wêreldeskouing en godsdienstige oortuigings wat in die klaskamer gepropageer word. Ons moet leer uit die geskiedenis en filosofie van openbare skoolonderrig en praktiese stappe oorweeg wat ons kan neem om ons kinders te beskerm teen indoktrinasie in die klaskamer. Daar is uitstekende hulpbronne om ouers te help om ons kinders op te voed in die liefde, vrees en vermaning van die Here.
“En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp, en daaroor spreek as jy in jou huis sit, en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.” Deuteronómium 6:6-7
Meer vernietigend as selfs die blatante heidedom wat deur die Hollywood vermaaklikheidsbedryf bevorder word, het sekulêre humanisme in staatskole ‘n nog meer verwoestende uitwerking op gesinne, die Geloof en ons toekoms.
Vir meeste van die afgelope 2 000 jaar is skole deur ouers, kerke, sendingstasies en Christelike gemeenskappe opgerig.
Die volgende vrae word beantwoord in Dr Hammond se aanbieding:
- Wie het staatsbetrokkenheid by die onderwys voorgestel?
- Hoekom is die openbare skoolstelsel gestig?
- Is openbare skole regtig godsdienstig neutraal?
- Is ons kinders fisies en moreel veilig in staatskole?
- Wat leer die skole ons kinders eintlik?
- Kan die openbare skoolstelsel reggemaak of gered word?
- Wat kan ons doen om ons kinders te help om te oorleef en te floreer, nie net om indoktrinasie te weerstaan nie, maar om ware Christelike opvoeding te ontvang?
Dr. Peter Hammond, wat in Kaapstad gebore is en in Rhodesië groot geword het, was ‘n pionier-sendeling vir sommige van die ergste oorlogsgebiede in die wêreld. Sedert sy bekering in 1977, het Dr Peter Hammond in die vervolgde kerke gedien en het hy evangelisasie uitreike in Mosambiek, Angola, Soedan, Rwanda, Kongo en Nigerië van stapel gestuur. Tydens sy sendingaktiwiteite het Peter in ‘n lokval beland, het hom bevind in lug- en artilleriebombardemente, is gesteek, geskiet, deur bendes aangerand, gevange geneem en gemartel vir Christus.
Dr Peter Hammond is die stigter van Frontline Fellowship, die Hervormingsvereniging, Afrika Christelike Aksie, die William Carey Bybel Instituut en Henry Morton Stanley Skool vir Joernalistiek.
Hy is die skrywer van Faith Under Fire In Sudan, Holocaust In Rwanda, In the Killing Fields of Mozambique, The Greatest Century of Missions, Biblical Principles For Africa, The Greatest Century of Reformation, The Answering Skeptics, Old Testament Survey, Sketches from South African History, Victorious Christians – Who Changed the World, The Ten Commandments –God’s Perfect Law of Liberty, The Chaplains Handbook en Security and Survival Handbook.
Peter en sy vrou Lenora, is tuisonderwys ouers van vier kinders. Peter het gehelp om meer as 100 Christelike skole en talle Bybelkolleges regdeur Afrika te vestig. Hy het honderde duisende Bybels, Nuwe Testamente en Christelike boeke gesmokkel en versprei onder kommunistiese en Moslem nasies.
Gesels saam:
Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.
——————————————
Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.