Die KragDag ekspo bly groei!
Die jaarlikse KragDag ekspo is om die draai! Met tien suksesvolle ekspo’s agter die rug het ons dit goed gedink om vir die KragDag gemeenskap ‘n blik te gee oor hoe die ekspo die laaste 10 jaar van ‘n klein informele, maar opvoedkundige dag gegroei het tot die grootste alternatiewe energie en selfstandigheid-ekspo in die land wat in honderde uitstallers se jaarlikse dagboek opgeteken word en duisende geïnteresseerde besoekers lok.
Die eerste KragDag ekspo is in 2008 aangebied en het hoofsaaklik op die energiekrises in Suid Afrika gefokus. Mettertyd het dit gegroei tot ‘n ekspo wat fokus op ‘n onafhanklike, selfstandige lewenswyse en van daar ook die “Doen-jou-eie-ding” slagspreuk van KragDag.
By Sakeliga KragDag 2019 word Landbou ook formeel vir die eerste keer ingesluit by die ekspo en werk TLU SA en KragDag hard om ‘n volwaardige landbou sub-ekspo aan te bied.
Hieronder volg ‘n paar statistieke oor die groei van die KragDag ekspo.
Besoekers
Ongelukkig is daar min statistieke opgeteken oor die hoeveelheid besoekers wat KragDag die eerste paar jaar bygewoon het nie, maar daar is ‘n duidelike groei tendens oor die laaste drie jaar:
- KragDag 2016: 11 500
- KragDag 2017: 13 000
- KragDag 2018: 15 700
- KragDag 2019: ???
Die Ekpoterrein
Die eerste KragDag Ekspo op 10 Mei 2008 het slegs ‘n fraksie van die KragDag 2019 terrein beslaan, met verskeie van die uitstallers wat sommer binne die Diamantvallei gastehuis ingepas het. Sedert verlede jaar het die uitstalterrein weer van 3,25 hektaar met 43% in grootte gegroei tot 4,65 hektaar (die grootte van nege rugbyvelde). Dit maak voorsiening vir 842 uitstalruimtes en ‘n winkelfrontspasie van 3,3 km.
Die uitstallers
Die ekspo maak voorsiening vir verskillende kategorieë waarin ondernemings kan uitstal. Tema uitstallers sluit alle ondernemings in wie se uitstalling voldoen aan die doen-jou-eie-ding selfstandigheidstema. Landbou-ondernemings het in die verlede ook onder die Tema uitstallers geval, maar vanjaar is hulle in hulle eie kategorie as deel van die Landbou sub-ekspo. Dan is daar die Opvoedkunde sub-ekspo vir enige onderrig uitstallers, ‘n Makersbeweging (“Makers Movement”) wat uitstallers insluit wat fokus op elektronika, 3D-drukkers, die Internet van Dinge en nuwe patente uit herwinde materiaal, die Junior Entrepreneurs, ‘n Snuffelmark, Verversings asook Vermaak.
Met nog ’n paar weke oor vir Tema uitstallers om hulle uitstalruimtes te bespreek, is daar reeds 101 uitstallers meer as by Sakeliga KragDag 2018.
Uitstallers wat by die 2019 Ekspo gaan uitstal teenoor uitstallers oor die laaste 6 jaar:
KragDag waak jaloers op die verhouding tussen die verskillende kategorieë uitstallers, sodat uitstallings ‘n sterk fokus op die tema en leersaamheid behou en Snuffelmark uitstalling van hoë gehalte bly. Soos onder op die grafiek aangetoon, is die persentasie van Snuffelmark en Verversing uitstallers kleiner en die verskillende ander temas meer.
Soos gesien kan word, groei KragDag elke jaar en ons streef om ‘n ekspo aan te bied wat vir elke besoeker die moeite werd is om by te woon.
As leersame ekspo in ’n karnaval atmosfeer word KragDag al wyer bekend as die ekspo in die jaar wat deur niemand in die gesin gemis moet word nie.
Registreer vandag nog om die R90 toegangsfooi te spaar vir die Sakeliga Kragdag ekspo van 8-10 Augustus.
Gesels saam:
Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.
——————————————
Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.