Berei jou voor op die lewe met Milites Dei Akademie

PROMOSIE ARTIKEL

By Milites Dei Akademie, wat ‘n militêre styl akademie is, word verskillende kursusse aangebied waarby jy baat kan vind. Die belangrikste voordeel is dat, ongeag die kursus wat jy kies, jy as ‘n voorbereide mens uitstap wat enige toekomstige uitdagings met gemak sal kan aanpak en deurvoer.

‘n Verdere voordeel is dat die kursusse geakkrediteerde en geregistreerde kwalifikasies is wat jou in staat stel om ‘n opwindende en goed betaalde werk te kry. Dit is tog mos baie belangrik om seker te maak dat wanneer jy vir opleiding betaal, jy wel kan uitstap met kwalifikasies wat werk vir jou gaan verseker. Die Akademie is ‘n geregistreerde maatskappy wat verder geakkrediteer is by al die relevante wettige owerhede – Milites Dei Security Services (Edms) Bpk h/a Milites Dei Akademie, Besigheidsregistrasie Nr. 2015/273691/07, PSIRA Nr. 2758028, PSIRA Opleidingsentrum Nr. T1564, SASSETA Akkreditasie Nr. 171999692736.

Dit is egter nie alle studente wat graag ‘n loopbaan binne die sekuriteitsbedryf wil volg nie. Vir sulke studente kan die kursus aangewend word as ‘n oorbruggingsjaar met die voordeel dat jy kwalifikasies ontvang waarop jy dalk later in jou lewe kan terugval.

In die algemeen kan Milites Dei Akademie se kursusse gebruik word om lewensvaardighede aan te kweek. ‘n Paar voorbeelde kan genoem word:

  1. Die kursus maak jou situasioneel bewus van bedreigings binne en buite jou gemeenskap.
  2. Vaardighede om jouself en jou gelieftes te kan beskerm word ontwikkel.
  3. Jy word toegerus met oorlewingsvaardighede.
  4. Goeie waardes en dissipline word opgeskerp.
  5. Die waarde van presisie, eer en taaiheid word in die kursusse aangeleer.

Milites Dei Akademie bied die volgende vir sy studente:

  1. Akkommodasie in bungalows op die terrein.
  2. Drie gesonde maaltye per dag met gereelde koffiebreuke.
  3. Bystand en reis om bevoegdhede te registreer by die relevante owerhede (PSIRA en SAPD).
  4. ‘n Snoepie op kampus.
  5. ‘n Eksklusiewe en toepaslike uniform wat die eiendom van die studente bly na studies. Dit sluit die beret in.
  6. Vuurwapenopleiding wat geakkrediteerde skietbane gedoen word tesame met die nodige ammunisie.
  7. Instrukteurs met relevante geakkrediteerde kwalifikasies tesame met jare se toepaslike ondervinding in opleiding.
  8. PSIRA, SASSETA en (PFTC) – Professionele Vuurwapenopleiersraad Geakkrediteerde Kwalifikasies word toegeken.
  9. Toepaslike werksondervinding by besighede, hotelle, wildsplase, plase en anti-wildstoop eenhede in die geografiese gebied waar die akademie geleë is.
  10. Personeel wat behulpsaam is om vir elke student ‘n werk te kry nadat hulle afgestudeer het. Die akademie het talle werksverhoudinge met maatskappye in Suid-Afrika en buite Suid-Afrika wat deurlopend suksesvolle studente indiens neem.
  11. Personeel wat as ‘n mentor vir elke student optree om hulle sodoende na afloop van hulle kursus te begelei.
  12. Personeel wat die sukses van studente in hul werksplekke monitor.

Jy kan dus jou lewe verander deur in te skryf by Milites Dei Akademie wat jou help om ‘n taai, eerbare en presiese mens te word.

 

Kom besoek die Milites Dei Akademie by die Sakeliga KragDag Ekspo vanaf 8 – 10 Augustus 2019 om meer uit te vind hoe jy of ‘n geliefde baat by gedissiplineerde opleiding kan vind.

Gesels saam:

Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.

——————————————

Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.

3.40 avg. rating (71% score) - 5 votes

5 Comments

  • Ek wil graag meer weet. Kontak telefoonnommer asseblief.

    Groete

    • Rònel – Jy kan Amareza Buys kontak by: 081 478 8018 of (013) 749 0004

  • Wat is die ouderdomsbeperking?

    • Van 17 tot enige ouderdom daarna.

  • Ek sien op die foto net seuns, Wat van meisies?

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui