Waar stop jy eerste om misdaad stop te sit?

In 1986, na ‘n reeks inbrake op sy winkel in die Kempton Park-omgewing, het Alpha Sekuriteit se direkteur Piet Moolman saam met twee ander vennote besluit om die maatskappy te stig. Mnr. Moolman het self kwotasies uitgereik, installasies gedoen, en die patrollie voertuig bestuur, terwyl sy vrou en mededirekteur Eileen Moolman, in die beheerkamer gewerk het.

Alpha Sekuriteit bied gewapende reaksiedienste aan in die Kempton Park-area en installeer sekuriteitsoplossings soos alarmstelsels, kameras, elektriese omheinings, en hekmotors. ‘n Sleutelkenmerk van Alpha is hul beheerkamer, wat die kapasiteit het om enige plek in Suid-Afrika te monitor met behulp van verskeie transmissieradio’s. Hulle assisteer ook ander sekuriteitsmaatskappye met monitering – hulle kontak die kliënte, maar die maatskappy se voertuie reageer self.

Wat sekuriteitsprodukte betref, glo Alpha Sekuriteit sterk dat kameras die toekoms is. Met die toenemende integrasie van kunsmatige intelligensie kan kameras verskeie take uitvoer wat alarmstelsels of sekuriteitswagte nie kan verrig nie. ‘n Kamera wat krag het, kan nie lieg nie en kan nie slaap nie.

Die werksmetode van sekuriteit by ‘n maatskappy soos Alpha, sentreer om hul beheerkamer. Wanneer ‘n geïnstalleerde transmissieradio, gekoppel aan ‘n alarmstelsel, beweging optel en ‘n sein na die beheerkamer stuur, kan die operateurs sien dat die alarm afgaan by ‘n spesifieke adres. Hulle volg dan die nodige stappe om die reaksie offisier so vinnig moontlik daar te kry.

Soos alle inwoners van die land, moet sekuriteitsmaatskappye soos Alpha Sekuriteit alle verkeersreëls volg. Hulle kan boetes kry vir te vinnig ry, moet in verkeer wag, en moet selfs stop by verkeersligte wat af is weens beurtkrag. Dit maak dit moeilik om ‘n presiese aankomstyd te voorspel, aangesien verkeersomstandighede onvoorspelbaar is.

Vir meer inligting, kan Alpha Sekuriteit gekontak word by:
WhatsApp: 082 903 6500
Tel: 011 394 1880
E-pos: alpha@alphasecurity.co.za
Webwerf: www.alphasecurity.co.za

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Francois du Toit
  • Francois du Toit
  • Entrepreneurskap, selfstandigheid, veiligheid, innovasie, tuisonderrig, finansies, natuurbewaring, gesinslewe, christenskap, eko-toerisme...

    Hierdie is onderwerpe waaroor Francois graag gesels en skryf.

    Hy woon saam met sy vrou en sy dogter op `n kleinhoewe, waar hulle elektrisiteit heeltemal van die netwerk ontkoppel is, waar hulle al hulle water uit `n boorgat kry, waar heelwat van hulle kos uit hulle eie tuin kom, en waar hulle vir langer as 7 jaar alreeds tuisonderrig doen.

    Hy maak heeltyd planne om dinge goedkoper en makliker te doen, van sonoonde tot elektrisiteitslose verwarmers.

    Hy weet ook wat die uitdagings is ten opsigte van sekuriteit op plase.

    Hy ken die waarde van goeie buurmanskap en inskakeling by die groter gemeenskap - ter wille van sekuriteit, samewerking en tot voordeel van die besigheidsgemeenskap waar hy `n rol speel.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui