AKIRA SOLAR: Doen Sonkrag Reg!

By AKIRA SOLAR is ons passievol oor die installasie van doelgemaakte en kwaliteit sonkrag oplossings. Ons is hier om jou te help om al die voordele wat sonkrag bied, te benut.

Hier is ‘n oorsig van hoe ons werk:
Stap 1 – Laat ons gesels:
Ons begin met ‘n vriendelike gesprek waar ons die konsep van sonkrag stelsels in eenvoudige terme uiteensit. Ons verduidelik hoe jy kan beheer oor jou elektrisiteitskoste, geld kan bespaar, nie deur gereelde tarief verhogings en prys-skokke geraak sal word nie, en hoe jy energie-onafhanklikheid kan bereik. As jy van die huis af werk, hoef jy nie bekommerd te wees oor onderbrekings in jou kragvoorsiening nie, en jou sekuriteitstelsel sal selfs tydens beurtkrag en kragonderbrekings in werking bly.

 

Stap 2 – Meet jou werklike elektrisiteitsverbruik:
Ons installeer ‘n energie-logboeker by jou perseel om jou huidige energie verbruikspatrone te meet. Hierdie data is noodsaaklik om ‘n doelgemaakte sonkrag stelsel te ontwerp wat perfek by jou energie behoeftes en doelwitte pas. Ons evalueer ook jou perseel om die optimale ontwerp en installasie te verseker.

Stap 3 – Ontwerp en bespreking:
Hier is die prettige deel! Ons het ‘n oop en insiggewende bespreking waarin ons die stelselopsies vir jou uiteensit. Gebaseer op die data van die energie-logboeker, ontwerp ons ‘n sonkrag stelsel wat spesifiek vir jou geskik is. Ons beantwoord al jou vrae oor die besparings op jou elektrisiteitsrekening, die verskillende stelsels en opsies, kostes, waarborgs, die lewensduur van die stelsel, instandhouding, en hoe om beurtkrag te vermy.
Jy sal ook een of meer kwotasies ontvang, aangepas by die patroon hoe jy elektrisiteit gebruik, by jou behoeftes en begroting.

Stap 4 – Die installasie:
Nadat jy tevrede is met die ontwerp en kwotasie, is dit tyd vir die installasie! Ons span gekwalifiseerde en geakkrediteerde installeerders sal dit met die grootste sorg hanteer. Jy kan gerus wees, want die eienaars van AKIRA SOLAR sal self toesig hou oor elke installasie.

Stap 5 – Instandhouding:
Jou sonkrag stelsel het deurlopende versorging nodig, en dit is ook deur die wet vereis. Ons kan jaarlikse instandhouding teen ‘n minimale koste voorsien, wat ook deur finansiers en versekeraars vereis mag word. Ons bied ‘n verskeidenheid instandhoudingsplanne aan, sodat jy seker kan wees dat jou stelsel optimaal funksioneer en lank diens lewer.

Ons projekte:
AKIRA SOLAR het suksesvolle projekte in die residensiële sowel as die kommersiële en nywerheidsektore. Ons is trots daarop om slegs topgehalte produkte te installeer wat ondersteun word deur betroubare verskaffers wat `n gevestigde reputasie het.  Hierdie verskaffers lewer waarborge wat vir jou baie gemoedsrus gee.
As ‘n etiese besigheid, glo ons in oopheid en eerlikheid, en ons streef daarna om die absolute kliënte tevredenheid te verseker.

Sonkrag instelasies is normaalweg gebonde aan area – AKIRA SOLAR is uniek geposisioneer om gemaklik in die ou Transvaal en Vrystaat te werk.

Finansiering:
Ons besef dat hierdie `n groot belegging is in jou eiendom.  Ons werk saam met verskeie gevestigde finansieringshuise wat jou kan bystaan.

Word deel van die sonkrag-revolutie en skakel vandag nog met AKIRA SOLAR om jou maatgemaakte sonkragstelsel te bespreek.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Francois du Toit
  • Francois du Toit
  • Entrepreneurskap, selfstandigheid, veiligheid, innovasie, tuisonderrig, finansies, natuurbewaring, gesinslewe, christenskap, eko-toerisme...

    Hierdie is onderwerpe waaroor Francois graag gesels en skryf.

    Hy woon saam met sy vrou en sy dogter op `n kleinhoewe, waar hulle elektrisiteit heeltemal van die netwerk ontkoppel is, waar hulle al hulle water uit `n boorgat kry, waar heelwat van hulle kos uit hulle eie tuin kom, en waar hulle vir langer as 7 jaar alreeds tuisonderrig doen.

    Hy maak heeltyd planne om dinge goedkoper en makliker te doen, van sonoonde tot elektrisiteitslose verwarmers.

    Hy weet ook wat die uitdagings is ten opsigte van sekuriteit op plase.

    Hy ken die waarde van goeie buurmanskap en inskakeling by die groter gemeenskap - ter wille van sekuriteit, samewerking en tot voordeel van die besigheidsgemeenskap waar hy `n rol speel.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui