
Wat lê voor vir Suid-Afrika se ekonomie?
Januarie 19, 2026
Dawie Roodt (Uitvoerende Direkteur by Efficient Group) en Russell Lamberti (Uitvoerende Direkteur by Sakeliga) beoordeel of Suid-Afrika se onlangse ekonomiese verbetering werklik en volhoubaar is, of of die land steeds op ’n problematiese strukturele koers na ’n fiskale krisis beweeg.
Die twee bespreek Suid-Afrika se kwesbaarheid vir Amerikaanse sanksies, skuldvlakke wat verder strek as die amptelike regeringsyfers, ANC-ideologie wat hervormings stuit, moontlike fiskale krisisscenario’s, risiko’s rondom grondonteiening, en die strukturele uitdagings waarmee die Suid-Afrikaanse ekonomie te kampe het.
Hierdie gesprek bied insig in Suid-Afrika se huidige ekonomiese stand van sake en skets die konteks vir die jaar wat voorlê.
