Suid-Afrika se eie ‘rescue 911’

Verbeel die volgende:

Mia is in haar voertuig vasgekeer ná ‘n massiewe botsing op die N1. Sy voel benoud en bang en die bloed uit ’n kopwond brand haar oë. Haar foon is skoonveld. ’n Weldoener wat die ongeluk gesien het, snel haar te hulp en sien haar CrisisOnCall-bandjie op haar pols. Hy bel die nommer en ‘n vriendelike stem antwoord en ontbied dadelik die naaste ambulans na die toneel.

Mia is intussen bewusteloos. Gelukkig kan die die CrisisOnCall-belsentrum die paramedici op die toneel van noodsaaklike mediese inligting, insluitend haar mediesefondsbesonderhede, bloedsoort en allergieë voorsien. 

Vir meer as ’n dekade het die CrisisOnCall-identifikasie-polsbandjie bewys dat dit die doeltreffendste manier is om lede in ‘n krisis te identifiseer. Dit voldoen ook aan die vereistes van paramedici.

Ons paaie is ’n nagmerrie:

Mia se storie is nie uniek nie. Motorongelukke in Suid-Afrika is niks nuuts nie, inteendeel ’n onlangse studie het gevind dat Suid-Afrika se paaie van die gevaarlikste ter wêreld is. Volgens die Automobile Association of South Africa, is ongeveer 12 436 mense in 2022 weens motorongelukke oorlede. Die meeste van hierdie gevalle kan aan dronkbestuur en selfoongebruik toegeskryf word. 

Oplossing was nodig:

CrisisOnCall is in 2002 geopen toe nadat die verval van staatsnooddienste krisisafmetings begin aanneem het. CrisisOnCall se navorsing onder nooddienste het getoon dat paramedici se grootste struikelblok tydens ’n mediese noodgeval ná ‘n ongeluk is om toegang tot ’n pasiënt se mediese geskiedenis te kry. ’n Gebrek aan inligting veroorsaak dikwels dat mense in die verkeerde hospitale beland.”

“Ons het besef mense kan nie meer op die staat staatmaak in noodgevalle nie en het besluit ons om ons eie ding te begin met mense wat ons kan vertrou. Ons het verskriklike stories gehoor van mense met private mediese fonds wat in nagmerrie situasies in staatshospitale beland. Daarby is die reaksietye van die staat tot 45 minute en dan is dit dikwels al te laat. CrisisOnCall tree op in die belang van alle Suid-Afrikaners,” sê Ruan Vermaak, bemarking- en kommunikasiebestuurder by CrisisOnCall.

Professionele belsentrum:

“Vir CrisisOnCall se inbelsentrum is jou lewe die grootste prioriteit. Ons agente is passievol en opgelei om die regte inligting, op die regte tyd in krisissituasies oor te dra. Dit sluit basiese noodhulpadvies voordat hulp opdaag in.” 

Vir ‘n paramedikus is dit baie belangrik om kerninligting oor elke pasiënt byderhand te hê sodat hulle so vinnig as moontlik kan help. Hierdie inligting sluit die pasiënt se mediese toestande, allergieë en watter medikasie hulle gebruik in. Dit gebeur té dikwels dat mediese praktisyns op ongelukstonele opdaag waar daar niemand is wat met hierdie lewensnoodsaaklike inligting kan help nie. Dít is wanneer ‘n produk soos die CrisisOnCall ID-armband ’n sleutelrol speel.

Kontakbesonderhede:

Tel: 0861 57 47 47

E-pos: hello@crisisoncall.co.za

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Elrina de Bruin
  • Elrina de Bruin

One Comment

  • Is CricisOnCall ook in Namibia beskikbaar. Ek sal graag wil aansluit.
    Groete. Elsie Cloete.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui