Stiebel Eltron South Africa

Word meer selfversorgend in jou huis met ons bobaas-hittepomp

Kies hernubare energie en kry jou huishoudelike water warm met ‘n hittepomp. ‘n Hittepomp is ‘n vinnige, doeltreffende en toekomsbestande verwarmingsoplossing.  Ons hittepomp se puik geïsoleerde silinder behaal uitstekende uitsetwaardes. Vir jou beteken dit warm water vir ʼn bad of ‘n stort wanneer jy dit ook al nodig het,  met lae energieverbruik.

Stiebel Eltron se nuutste reeks warmwaterhittepompe, die WWK 304 ZA, het ‘n nuwe standaard vir hittepompe in die suidelike Afrika-mark gestel. Die hittepomp is spesiaal ontwikkel vir die omgewingstemperature wat in suidelike Afrika voorkom. Die pomp spog met ‘n unieke en opvallende ontwerp en daar is boonop verskeie nuwe innovasies wat by die gesofistikeerde ontwerp ingesluit is.

‘n Gebruiksvriendelike elektroniese skerm help om die toestel te gebruik. Die skerm verwys na ‘n gemengde temperatuur van 40°C. ‘n Tenk wat tot meer as 60°C verhit word, kan meer as 500 liter teen 40°C verskaf!

Wat as jy die hittepomp aan jou sonkragstelsel wil koppel? Niks kan eenvoudiger wees nie. Die pomp is SG (Smart Grid)-gereed om te implementeer met die koppeling van die STIEBEL ELTRON WWK 304 ZA-warmwaterhittepomp wat voorsiening maak vir ‘n hoër water temperatuur en meer warm water. Die sonkrag-PV-omskakelaar kan aan die WWK gekoppel word, wat ‘n hoër sekondêre watertemperatuur stelpunt aktiveer wanneer die son skyn.

 

Probleemvry deur die seisoene

Alhoewel dit meestal warm is in Suid-Afrika, is daar dae wat temperature in sommige gebiede tot onder vriespunt daal. ’n Stiebel Eltron warmwaterhittepomp kan gebruik maak van die omgewingshitte in die lug selfs in temperature so laag as -5°C sonder die gebruik van die element.

Die hittepomp het ‘n aktiewe ontvries-funksie wat enige ysvorming wat by laer lug temperature voorkom, kan beheer. Die aktiewe ontvriesfunksie sal enige ys wat by die verdamper voorkom, verwyder en keer dan terug na warm water verhitting.

 

Die belangrikste kenmerke in ʼn oogopslag:

  • Kompakte reeks spesiaal ontwikkel vir buite-installasie;
  • Hoë beskikbare hoeveelheid gemengde water en higiëniese warm water temperature >61°C slegs met die gebruik van die kompressor;
  • Gekategoriseer in die hoogste moontlike energiedoeltreffendheidsklas vir waterverwarmers;
  • Permanente hoë doeltreffendheid en veiligheid oor die hele dienslewe van die toestel, as gevolg van veerbelaaide gebonde hitteruiler;
  • Verlaagde bedryfskoste via intelligente aansluiting om die verbruik van fotovoltaïese energie op die perseel te verhoog;
  • Hoogs betroubaar en kostebesparend as gevolg van die stroom-anode geïntegreerde standaard.

 

Kontakbesonderhede:

Tel: 010 001 8547

Webtuiste: https://www.stiebel-eltron.co.za/en/home.html

 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Sone Saunders
  • Sone Saunders

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui