Fontana Software Solutions

Slim outomatisering vir jou besigheid, fabriek en huishouding

Fontana Software is gebaseer in Pretoria en het meer as 25 jaar ondervinding in ‘n wye verskeidenheid van bedrywe en toepassings. In die outomatiseringsruimte verskaf ons ons Smart Automation stelsels, wat slim outomatisering, slim toegangsbeheer, en slim elektrisiteitsmetingoplossings insluit.

 

Slim outomatisering

Slim outomatisering is die beste manier om jou huis en besigheid onafhanklik te maak van ander stelses wat vereis dat jy handmatig moet seker maak dat jou sisteme glad werk.

Ons oplossing bied ware intelligente outomatisering en integrasie van sensors en toestelle wat verskeie soorte outomatisering hanteer: vir gemak, gerief, monitering, kragbestuur, watervlakbestuur en nog baie meer.

 

Beheer jou stelsels vanuit enige plek in die wêreld

Die sisteem is webgebaseerd en toeganklik van enige plek in die wêreld; jy hoef bloot die program op jou selfoon of rekenaar oop te maak. Dit is maklik, eenvoudig en aanpasbaar om te implementeer, met volle ondersteuning en kliëntvriendelike diens teen ‘n redelike prys. 

 

Trots Suid Afrikaans

Al Fontana Software se produkte is in Suid Afrika ontwikkel.

Ons slim outomatiseringsvermoëns sluit, onder andere, in:

  • Integrasie met LoRa-stelsels
  • Hekke, deure, en ligte
  • Elektriese kragbestuur met integrasie in ‘n wye reeks omskakelaar-stelsels
  • Integrasie met Geyserwise
  • Geiser waterskadebeskerming
  • Watervloei-meting
  • Reënmeting
  • Gasvlak-monitering
  • Kameras
  • Voertuigopsporing

 

Slim toegangsbeheer:

Dit bied veilige afstandsmonitering en beheer van al die organisasie se omhulsels/kiosks via die web of mobiele toep, met ’n algehele oorsig oor die status en ligging op ‘n kaart van elke omhulsel/kiosk.

Ons gebruik konfigureerbare slim elektro-meganiese slotmeganismes, met verskeie beveiligde opsies vir die oopmaak van ‘n omhulsel, en volledige elektroniese logboeke van toegangsgebeure. Toegangsreëls is ten volle programmeerbaar gebaseer op tydperk, spesifieke gebruikers, area, ens.

 

Slim eletrisiteitsmeters

Die slim manier om elektrisiteitsvloei, kraggebruik en kragkrediete maklik te bestuur. Deur ‘n veilige webtoepassing te gebruik, kan jy al jou kliënte se meters afstandelik monitor en beheer. Sien oorblywende kragkrediete, voeg kragkrediete by, ontdek “krag steel”, pas kraggebruikslimiete toe en sny outomaties krag as gebruik oorskry word. Ideaal vir ladingverspreiding tydens ladingvermindering!

 

Kontabesonderhede:

Cell: 082 321 2772/3

Tel: 012 809 1990

E-pos: info@smart-automation.co.za

Webtuiste: https://www.fontanasoftware.co.za/

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Sone Saunders
  • Sone Saunders

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui