
So wil die staat gemeenskappe ontwapen
Oktober 27, 2025
Terwyl misdaadvlakke eskaleer en gemeenskappe hulself al hoe meer moet organiseer om oorlewing en veiligheid te verseker, word wetgewing en regulasies ingestel wat juis dié gemeenskapsinisiatiewe aan bande lê. In hierdie bespreking in die Kopskuifatteljee tydens KragDag 2025 wys Ian Cameron en dr. Llewelyn Curlewis hoe die nuwe PSIRA-regulasies en die onbillike toepassing van Artikel 102 in die Wet op Beheer van Vuurwapens gemeenskappe effektief ontwapen – en dit in die middel van ’n misdaadoorlog.