Wat is Opvolgbeplanning – En Waarom is Dit Krities?

Wanneer ons oor opvolgbeplanning praat, begin ons by die kernbegrip: opvolging. Opvolging is, eenvoudig gestel, die oordrag van leierskap van een generasie na die volgende. Dit is die proses waardeur die bestuur of eienaarskap van ‘n entiteit – soos ‘n familieonderneming, boerdery of besigheid – oorgedra word aan ‘n nuwe leier.

In baie gevalle sien ons opvolging binne families: van oupa en ouma na hul seun en/of dogter, of selfs waar ‘n geslag oorgeslaan word, na ’n kleinkind toe. Maar opvolging is nie beperk tot familie nie. Indien jou kinders nie belangstel in die entiteit nie, kan jy dit dalk oordra aan ‘n neef, niggie, of selfs ‘n eksterne koper wat die visie en waardes van die onderneming deel.

Wat is Opvolgbeplanning?

Opvolgbeplanning is die bewuste beplanning van leierskaps oordrag en die dokumentering van die proses. Dit is ‘n strategiese plan wat verseker dat die oorgang glad, gestruktureerd en volhoubaar plaasvind. Maar wat moet jy dokumenteer?

Kritieke Elemente van ‘n Opvolgbeplanningsdokument

  1. Jou nalatenskap
    1. Wat is die kernwaardes en visie waarvoor jy onthou wil word?
    2. Hoe het jy die besigheid gevorm en gelei?
    3. Hoe sien jy jou besigheid in die toekoms?
    4. Wat maak die besigheid uniek en volhoubaar?
  2. Jou funksies en verantwoordelikhede
    1. Watter rolle vervul jy tans wat krities is vir die daaglikse en langtermyn bestuur?
    2. Watter suksesfaktore moet oorgedra word?
  3. Identifisering van ‘n opvolger
    1. Is daar reeds iemand geïdentifiseer?
    2. Watter opleiding of ervaring benodig daardie persoon?
    3. Het die persoon die nodige leierseienskappe om die onderneming te kan bestuur?
  4. Ondersteuningsnetwerk
    1. Wie in die besigheid gaan die opvolger ondersteun?
    2. Watter kritieke funksies moet behou word?
  5. Struktuur en boedelbeplanning
    1. Hoe word aandele besit?
    2. Stem jou testament en besigheidstruktuur ooreen?
    3. Wat is die impak van boedelbelasting op die voortbestaan van die entiteit?
  6. Toekomsvisie en innovasie
    1. Hoe sien jy en jou opvolger die toekoms van die besigheid?
    2. Is daar ‘n strewe om die entiteit te laat groei?
  7. Wat van jou as uittredende leier?
    1. Gaan jy geleidelik uittree?
    2. Wil jy aftree en ‘n stokperdjie volg?
    3. Kan jy dit finansieel bekostig?

Die Doel van Opvolgbeplanning

Die doel is om ‘n duidelike en uitvoerbare plan saam te stel wat die oordrag van jou harde werk na die volgende generasie verseker. Dit sluit in:

  • Dokumentering van bogenoemde punte
  • Toewysing van take aan verantwoordelike persone
  • ‘n Tydlyn vir die oordrag
  • ’n Noodplan vir ’n nood situasie

Hierdie proses verseker dat die entiteit nie net oorleef nie, maar floreer onder nuwe leierskap.

****

Blitskursus: Opvolgbeplanning

Datum: 31 Oktober 2025

Plek: komma Koffiewinkel, KragDag Terrein
Koste: R750 per persoon
Kliek hier om jou plek te bespreek.

 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui