Nedbank loods eerste Sonkragbanktak

Nedbank het Suid-Afrika se eerste sonkragbanktak, volgens eie aanspraak, in Mncwasa, ongeveer 60km van Mthatha in die Oos-Kaap bekend gestel.

In wat vertel word om in die finansiële-sektormark ‘n eerste te wees, is die Nedbank sonkragaangedrewe banktak daarop gerig om gerieflike bankdiensoplossings aan ‘n gemeenskap te lewer deur gebruik te maak van ‘n mobiele diensverskaffer genaamd Solar Turtle en wat deur lede van die Mncwasa gemeenskap besit word.

Meer as 69% van die Mncwasa gemeenskap is nie ekonomies aktief nie en is afhanklik van kinderonderhoudstoelaes. Diegene in die gemeenskap wat wel ‘n werk het is hoofsaaklik onderwysers en klein-entrepreneurs.

Hierdie sonkragbanktak stel die gemeenskapslede instaat om toegang tot finansiële dienste soos digitale bankdienste te hê asook om kontantlose betalings te kan doen deur gebruik te maak van MasterPass – ‘n digitale betalingstoepassing wat deur Nedbank ondersteun word.

Volgens die bank stel die digitale beursie kliënte instaat om vinniger en veiliger aankooptransaksies te doen aangesien die kliënt se inligting in ‘n veilige digitale bergingsfasiliteit gehou word ten einde aanlyn aankope te kan doen.

Die MasterPass toepassing kan van Apple, Android, Blackberry en Windows se toepassingwinkel afgelaai word.

Erkenning:

https://businesstech.co.za/news/banking/199224/nedbank-launches-first-solar-branch/

 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui