
‘n Voorskou van KragDag 2021
Die KragDagdatum vanjaar is 14, 15 en 16 Oktober. Dan lei alle paaie na die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria. Op hierdie datum en hierdie plek word die twaalfde KragDag-ekspo dan aangebied. In ‘n uitstal-area wat ongeveer 6 hektaar beslaan kry tussen 450 en 500 uitstallers die geleentheid om hulle produkte aan – na verwagting – duisende besoekers ten toon te stel.
Die KragDag-ekspo is die hoogtepunt op die KragDag-kalender en dien as vertoonvenster vir energie- en ander selfstandigheidsoplossings. Voeg daarby ‘n Karnaval-atmosfeer, die bewuste bevordering van Entrepreneurskap by kinders en volwassenes, ’n Opvoedkunde sub-ekspo en sedert 2019, in samewerking met TLU SA, ook ’n volwaardige Landbou-ekspo. Tesame met die “Doen Jou Eie Ding” filosofie kan jy ‘n uitstalling verwag wat enige besoeker langer as drie dae sal kan besighou!
Met hope vermaak, geleentheid om die innerlike te versterk asook leersame en inspirerende aanbiedings en paneelbesprekings in die Raadsaal sal elke lid van die gesin iets hê om na uit te sien.
Kyk gerus na die onderhoud wat Johan van der Merwe van Boermedia met HP Steyn, Bestuurshoof van KragDag gevoer het oor wat jy hierdie jaar by KragDag kan verwag en maak ‘n bewuste afspraak in jou dagboek.