Bekendstelling van die Krea8-inisiatief
In die volgende onderhoud wat Johan van der Merwe met Herman Steynberg en Shannon Michelle voer, stel hulle die Krea8-inisiatief bekend. Suid-Afrika is ‘n land met soveel potensiaal, vele geleenthede en ‘n magdom hulpbronne. Hoe kan hierdie seëninge aangewend word om mense se lewens te verbeter? Dit word bewerkstellig deur mense se kreatiwiteit in te span. Met kreatiwiteit kan die land se hulpbronne aangewend word om produkte te vervaardig en besighede te skep. Krea8 is ‘n platform vir kreatiewe mense om hulle idees te deel en mekaar te help om daardie idees vlerke te gee.
Op hierdie manier kan mense vry gemaak word en gehelp word om hulle eie identiteit te kan uitleef. Dit het die gevolg dat mense, eerder om werk te soek, ‘n ingesteldheid sal ontwikkel om werk te skep.
Maak kontak met Krea8 en word so deel van hulle netwerk. Hulle sal by Sakeliga KragDag ‘n stalletjie hê – maak gerus ‘n draai en deel jou idee daar. Wees deel van die “doen jou eie ding” -gemeenskap!
Please contact me. 0678851908
I have á patent I would like to present. This opportunity can create work for others
Goeie Middag,
Dit klink wonderlik, kan ons as vrouens wat tuis ons Naaldwerk uitleef, die Self klere maak, gebreide en gehekelde Produkte bemark.
Dankie Waardeer
Is daar enige email addres wat ons kan gebruik om met julle te kommunikeer? Het n paar kreatiewe idees wat ek dink sal kan werk en ook werk verskaf en die persoon wat fondse het maar nie idees nie, ons mekaar kan help.