‘n Blik op privaatmaatskappye en familiebesighede in die entrepreneursruimte

Eienaars van privaatmaatskappye toon sterk groeivertroue in die volgende 12 tot 36 maande, maar `n tekort aan tegnologiese en digitale vaardighede kan gesonde groei kniehalter. Dit is van die bevindings van PwC se 21ste Annual Global CEO Survey, wat 722 privaatmaatskappyeienaars betrek het.

Vyf-en-tagtig persent van hierdie maatskappyleiers is positief oor hul groeivooruitsigte vir die volgende 12 maande, en 89% is positief oor die driejaar-vooruitsig. Meer as ’n derde (39%) van privaatmaatskappyleiers sê egter kuberbedreigings is hul grootste uitdaging, gevolg deur die tekort aan kernvaardighede om daardie bedreigings hok te slaan.

HUB’s (Hoof uitvoerende beamptes) van privaatmaatskappye staar nuwe uitdagings en geleenthede in die gesig

‘In ’n toenemend komplekse wêreld wat al meer risiko’s inhou, het HUB’s van privaatmaatskappye die voordeel dat hulle op `n meer behendige, aanpasbare en pragmatiese wyse as talle van hul teëvoeters by openbare maatskappye kan optree. Kuberbedreigings, wêreldwye markonsekerheid en `n tekort aan digitale talent bly egter steeds kernkwessies vir HUB’s van privaatmaatskappye,’ sê Gert Allen, PwC Afrika se Leier van Privaatmaatskappydienste.

‘Die digitale wêreld verander vinnig en kernvaardighede is hoog in aanvraag. Privaatmaatskappye moet dit oorweeg om meer formele, sistematiese metodes en meganismes te ontwikkel wat dít weerspieël wat die maatskappy nastreef – en, ewe belangrik, dít wat die maatskappy nie duld nie. Hulle moet vinnig optree voordat die mededinging om vaardighede verder toeneem,’ sê hy voorts.

Hulle benodig ‘n betroubare besigheids-adviseur wat hul besigheid verstaan

‘Heelwat van ons kliënte is privaatmaatskappye en hul eienaars. Hierdie marksegment is vir ons baie belangrik, en ons het met die verloop van tyd ervare, hoogs betroubare besigheids-adviseurs ontwikkel wat vertroud is met privaatmaatskappye se spesifieke uitdagings in hul strewe na volgehoue groei en winsgewendheid.’

Daar is ook bewys dat die familiebesigheidsmodel ’n drywer  van groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie is. Hierdie besighede is uiters innoverend en produktief – noodsaaklike bestanddele wat tot die groei van die Suid-Afrikaanse ekonomie bydra. Die  uniekheid van die familiebesigheidsmodel word oënskynlik deur die volgende kernfaktore ondersteun: langtermynbestuur en -belegging; meer buigsame besluitnemingsprosesse; ondernemingsgees; groter toewyding tot werkskepping en die gemeenskap; en ’n meer persoonlike benadering tot besigheid, gebaseer op vertroue.

Die uitdagings is uniek — en so ook die oplossings

Luidens PwC se tweejaarlikse Family Business Survey vir 2016/2017 skiet familiebesighede nog tekort wat opvolgingsbeplanning betref. Te veel familiebesighede beskou opvolging steeds as ’n eenmalige gebeurtenis eerder as ’n langtermynproses. Om ’n doeltreffende eienaar te wees, beteken om te verseker dat die familie se waardes bly voortbestaan – die beginsels en prioriteite wat uniek is  aan die besigheid se karakter en kontinuïteit. ’n Robuuste opvolgplan moet so lank as moontlik voor die oomblik van oorhandiging geïmplementeer word. Noudat mense geneig is om eers later met `n gesin te begin, word dit selfs belangriker, aangesien die volgende generasie nog nie gereed sal wees vir oorhandiging wanneer die huidige eienaars wil aftree nie.

PwC besef die suksesvolste familiebesighede handhaaf ’n goeie balans tussen professionele bestuur, professionele eienaarskap en ’n gesonde familielewe. Ons verstaan die subtiele verskille eie aan familiebesighede, en ons het die middele, ondervinding en fokus om familiebesighede te help om die positiewe kragte in hul ondernemings te optimaliseer, terwyl enige moontlike konflik voorsien en tot die minimum beperk word.

Ons help skep volhoubare waarde

Ongeag hul grootte, industrie en mark, PwC se besigheids-adviseurs lewer bystand aan familiebesighede wêreldwyd. Van strategie en korporatiewe bestuur tot die besigheidsoorgangproses, en van private welvaart tot die aktivering van waardes – ons het die middele, mense en teenwoordigheid om hierdie ondernemings te help om volhoubare waarde te bou.

PwC verstaan dat privaatmaatskappye se behoeftes van dié van openbare maatskappye verskil. Ouditvereistes, belanghebbers en eienaarskapstrukture is slegs ’n paar van daardie verskille, en ons Privaatmaatskappydienste-praktyk is ontwerp om in daardie behoeftes te voorsien.

Kontak:

https://www.pwc.co.za/private-companies

Herman Eksteen: Direkteur, Privaatmaatskappy Dienste

Telefoonnr.: +27 (0) 11 287 0117


Kom luister gratis na Herman Eksteen se aanbieding tydens Sakeliga KragDag 2018 op Saterdag 11 Augustus tussen 11:00 en 12:00 in die Raadsaal op die KragDagterrein. Die titel van die aanbieding is: “ ‘n Blik op privaatmaatskappye en familiebesighede in die entrepreneursruimte “

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Herman Eksteen
  • Herman Eksteen
  • Herman se professionele ondervinding in die oudit van plaaslike en internasionale maatskappye strek oor meer as 20 jaar. Herman diens ‘n aantal familiebesighede in Suid- Afrika. Herman is ook PwC se besigheidsleier in Gauteng. Herman is ‘n gekwalifiseerde Suid-Afrikaanse Geoktrooieerde Rekenmeester.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui