MCE Electric: ‘n Voorloper in die Elektriese Verspreidingsbedryf

MCE Electric is ‘n prominente speler in die elektriese verspreidingsbedryf vir meer as twee dekades lank. Ons voorsien die meeste van die elektriese groothandelaars reg oor Suid Afrika, sowel as in ander Afrika-lande. Ons het drie takke – die hoofkantoor in Johannesburg, ‘n tak in Pretoria (Silvertondale) en ‘n tak in Durban (Riverhorse Valley).

Ons bied ‘n verskeidenheid van oplossings onder ons handelsmerke:

  • Onder die Onesto-handelsmerk bied ons volhoubare energie met ons hibriede wisselrigter, netwerk-vrye wisselrigters, en UPS’S.
  • Met ‘n fokus op energiedoeltreffendheid, lewer ons die innoverende beligtingsoplossings van die O-Lite-handelsmerk, wat geskik is vir beide residensiële en kommersiële toepassings.
  • Ons SolarPal-handelsmerk fokus op sonpanele, sonkragpompe, en sonkrag battery laaiers.

By MCE Electric is uitsonderlike kliëntediens ons hoeksteen. Ons toegewyde span verstaan ​​jou unieke vereistes en lewer persoonlike oplossings wat jou verwagtinge oortref. Ons prioritiseer die bou van langtermyn-vennootskappe en wil jou betroubare bondgenoot wees in al jou elektriese produkte. Ons bly op hoogte van die vorderings in die industrie en verseker dat ons produk aanbiedinge altyd aan die voorpunt van tegnologie en betroubaarheid is. Ons nooi jou uit om die MCE Electric-verskil te ervaar, of jy nou ‘n elektriese kontrakteur, installeerder of eindgebruiker is.

Fokus Produk

Die wisselrigter wat ons binnekort te koop sal aanbied, is een van ons nuwe hibriede wisselrigters.  Ons noem dit The Red Beast.  Natuurlik sal ons dit ook op KragDag hê, dat mense dit kan sien.

Dit is ‘n 6 kW hibriede wisselrigter, met die volgende eienskappe:

  • 220 V Enkel fase skynbare sinus wisselrigter
  • Maksimum PV-krag van 9 kW of 9000W
  • MPPT-spanning van 230 tot 480 VDC
  • Twee MPPT’s
  • Maksimum laai- en ontlaaistroom van 120A
  • RS485- of CAN-konneksie vir die BMS om die batterye te monitor
  • Dit is ook toegerus met ‘AC & DC Surge Protection Class 3’
  • Al die nodige beskerming soos oor- en onder spanning, oorlading, oorverhitting, en kortsluiting
  • Outomatiese herstel
  • Verdere konfigurasie en opgraderings via die wolk
  • Wifi-dongel om die Onesto Solar App te monitor of die Onesto Web
  • IP 65-gradering
  • 5 Jaar waarborg, mits dit op die wolk geregistreer is
  • Koppel dit met ‘n maksimum van 10 wisselrigters in parallel

Verdere produkte wat MCE beskikbaar het om huis eienaars en boere te help tydens beurtkrag.

MCE bied ‘n verskeidenheid van solar produkte aan om mense tydens hierdie beurtkrag-krisis te help:

Solar straatligte: Van 30 W tot 400 W
Solar sprei ligte: Van 25 W tot 400 W
Solar sprei ligte met ‘n ingeboude kamera, wat op jou wifi en selfoon-toep laai.

Verder het ons ‘n reeks wisselrigters wat met gel of litium-batterye werk, waaronder 2.5 kW netwerk-vry, 3 kW netwerk-vry, 6 kW hibriede, en later die jaar die nuwe 10 kW hibriede drie fase wisselrigter.

Ons bied ook ‘n solar CCTV litium battery paket aan, wat ‘n battery, son paneel, en ‘n kamera insluit om jou perseel te monitor.

Daarnaas het ons ‘n nuwe 50 watt mono paneel battery laaier beskikbaar wat op hek motors of elektriese heining gebruik kan word om jou batterye in stand te hou en seker te maak dat dit nie leegloop nie.

Laastens het ons ook ‘n reeks solar pompe beskikbaar, insluitend boorgat pompe, sentrifugale pompe, oppervlak pompe, en swembad pompe wat net gelykstroom is, of wisselselstroom en gelykstroom is.

Waar kan mens meer inligting kry oor al julle produkte en kontakbesonderhede kry?

Vir meer inligting oor al ons produkte en kontakbesonderhede kan jy ons webwerf besoek by www.mce.co.za. Ons is ook aktief op Facebook onder die naam “MCE Electric SA,” waar ons nuwe produkte en produkte video’s deel. Ons is ook te vind op Instagram onder “MCE Electric SA.”

Moenie huiwer om ons webwerf en sosiale media bladsye dop te hou vir al die nuwe veranderinge en produkte wat binnekort sal verskyn nie.

As jy by KragDag is, kom gesels gerus met ons by ons stalletjie aan die binnekant. Kom sien al die nuwe produkte wat ons sal uitstal en ontmoet die MCE-span.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Francois du Toit
  • Francois du Toit
  • Entrepreneurskap, selfstandigheid, veiligheid, innovasie, tuisonderrig, finansies, natuurbewaring, gesinslewe, christenskap, eko-toerisme...

    Hierdie is onderwerpe waaroor Francois graag gesels en skryf.

    Hy woon saam met sy vrou en sy dogter op `n kleinhoewe, waar hulle elektrisiteit heeltemal van die netwerk ontkoppel is, waar hulle al hulle water uit `n boorgat kry, waar heelwat van hulle kos uit hulle eie tuin kom, en waar hulle vir langer as 7 jaar alreeds tuisonderrig doen.

    Hy maak heeltyd planne om dinge goedkoper en makliker te doen, van sonoonde tot elektrisiteitslose verwarmers.

    Hy weet ook wat die uitdagings is ten opsigte van sekuriteit op plase.

    Hy ken die waarde van goeie buurmanskap en inskakeling by die groter gemeenskap - ter wille van sekuriteit, samewerking en tot voordeel van die besigheidsgemeenskap waar hy `n rol speel.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui