Libertariese beskouing, belasting en die vestiging van infrastruktuur?
Op 9 Augustus 2018 het Adv Peter O’Halloran in die KragDag Raadsaal ‘n aanbieding gedoen met die tema Libertariese beskouing, watter invloed het dit op belasting en die vestiging van infrastruktuur? In sy aanbieding het hy die volgende onderwerpe hanteer:
- Wie en wat is ‘n Libertariër?
- Wat is ‘n Libertariese Utopia en word hierdie visie gemeenskaplik deur alle Suid-Afrikaners gedeel?
- Redes waarom gemeen word dat die Libertariese beskouing die beste filosofie is.
- Wat sou die invloed op Suid-Afrika wees indien ‘n Libertariese beskouing wêreldwyd aanvaar word?
- Soos sake tans staan … kan ons in Suid-Afrika, ons ideale uitleef en bereik?
- Hoe afhanklik is ons van die oppergesag van die reg … en wat is dit presies?
- Indien die oppergesag van die reg bedreig sou word, watter praktiese stappe kan ons neem ten einde onsself te beskerm?
- Belasting-minimalisering.
- Diversifiserings-strategieë – in Afrika en ook internasionaal.
In sy aanbieding, wat in die video hieronder vertoon word, ontleed hy ook die punte hierbo aan die hand van verskillende grondwethofuitsprake.
Peter is ‘n Libertariër wat sy filosofie uitleef. Hy het die oortuiging dat die owerheid en groot besighede neig om individue en individualiteit te versmoor. Hy is ‘n onafhanklike belastingregspraktisyn en praktiseer in Suid-Afrika en Botswana, hoofsaaklik teen belasting-owerhede. Peter was reeds suksesvol in belastingsake in die hooggeregshof sowel as in die Botswana-appélhof.
Peter praat graag oor sy filosofie en hoe Libertariërs kan aanpas in die huidige bedeling.
Gesels saam:
Ons ontvang graag jou kommentaar op hierdie artikel (Gaan na Leave a Comment hieronder). Gebruik ook gerus ons GespreksForum om ‘n gesprek aan die gang te sit deur jou vrae, wenke en insette met die KragDag gemeenskap te deel.
——————————————
Help ons asseblief om hoë gehalte artikels te verseker deur hieronder aan te dui hoeveel sterre jy vir hierdie artikel sou toeken.