
Lex Libertas: ’n Nuwe krag vir selfregering en plaaslike outonomie in Suid-Afrika
Lex Libertas het in ’n kort tydperk gevestig geraak as een van Suid-Afrika se mees dinamiese nuwe ideesentra en voorspraakgroepe. Die organisasie fokus op ’n kernvraagstuk wat toenemend in die openbare debat figureer: hoe herstel ons selfregering, plaaslike besluitneming en gemeenskapsgerigte bestuur in ’n land waar sentralisering al hoe meer dienslewering en veiligheid kelder?
As deel van hierdie werk het Lex Libertas reeds verskeie navorsingsverslae gepubliseer, veldtogte geloods en gesprekke met belangrike rolspelers gevoer. Hulle benadering is praktykgerig, oplossingsgebaseer en geskoei op uitvoerbare strategieë wat plaaslikes gemeenskappe meer mag en beskerming kan gee.
’n Belangrike mylpaal is die publikasie van die organisasie se formele aksieplan vir die desentralisering van die politieke stelsel in Suid-Afrika. Hierdie plan stel ’n realistiese padkaart voor waardeur kritieke funksies, soos veiligheid en sekere bestuursmandate, nader aan gemeenskappe gebring kan word. Belangstellendes kan die volledige dokument hier lees.
In ’n verduidelikende video bespreek Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, die noodsaaklikheid van hierdie hervormings, asook die praktiese stappe om dit te implementeer:
Om hierdie werk volhoubaar te doen, stel Lex Libertas tans ’n korttermyn doelwit om 4000 finansiële bydraers te werf. Die organisasie glo dat ’n sterk ondersteunersbasis die hefboom is wat nodig is om beleidsdruk te verhoog, veldtogte uit te rol en gemeenskappe in staat te stel om hul eie toekoms te vorm.
Meer inligting oor die werk van Lex Libertas en hoe om betrokke te raak, is beskikbaar op hul webblad.
