
Jou toekoms begin by ’n doelbewuste keuse
Jeugwerkloosheid in Suid-Afrika bly ’n ernstige uitdaging. Volgens amptelike statistiek staan werkloosheid onder jongmense tussen 15 en 34 jaar tans op ongeveer 46%. Dit beteken byna elke tweede jongmens sukkel om werk te kry.
Wanneer ’n mens na kwalifikasies kyk, word die prentjie nog duideliker.
Werkloosheid is die hoogste onder persone sonder matriek (51%), gevolg deur dié met slegs matriek (47.6%). Onder persone met enige vorm van tersiëre kwalifikasie of ambag daal die syfer na 37%. Dit is steeds hoog — maar beduidend laer.
Die boodskap is duidelik: verdere studie maak saak.
Die Afrikaanse Protestantse Akademie bied geakkrediteerde graadprogramme aan wat studente doelgerig toerus vir ’n veranderende werksmark: BA, BSocSci, BDiv asook NGOS. Hierdie programme plaas jou nie in ’n eng “kitspakket” nie. Inteendeel, ’n BA of BSocSci rus jou toe met kritiese en analitiese denkvaardighede wat nie verouder nie. In ’n era waar Kunsmatige Intelligensie (KI) toenemend ’n rol speel, is die vermoë om te dink, te onderskei, te interpreteer en tegnologie verantwoordelik te bestuur, ’n blywende bate.
Dit kan aanloklik lyk om ’n baie spesifieke beroep te volg, soos byvoorbeeld rekenmeester of ingenieur. Daar is beslis plek vir sulke roepings. Maar breë grondslaggrade bied veelsydigheid, aanpasbaarheid en ruimte vir verdere spesialisasie. Indien ’n student later sou besluit op ’n ander rigting, bied ’n BA ’n sterk basis vir verdere heropleiding of nagraadse studie.
Indien jy ’n roeping tot bediening of teologiese verdieping ervaar, kan jy die BDiv-graad by ons studeer. Dié graad instilleer dieselfde kernvaardighede van kritiese denke, etiese leiding en diepgaande begrip van mense en gemeenskappe. Dit rus ook studente toe met Bybelse kennis, geestelike volwassenheid en sterk leierskapsvaardighede om met oortuiging en integriteit te dien.
Al drie ons graadprogramme — BA, BSocSci en BDiv — kwalifiseer studente ook om NGOS te doen en verder te spesialiseer volgens hul spesifieke belangstellings en roeping.
Vir ons is Afrikaanse moedertaalonderrig ’n kernwaarde. Ons glo dit help om ’n onderbroke ketting van akademiese uitnemendheid voort te sit — sodat studente in hul hartstaal kan leer, dink en lei.
Ons 2de inname vir NGOS open op 4 Mei. In ’n uitdagende ekonomiese klimaat is die keuse om verder te studeer nie net ’n opsie nie — dit is ’n strategiese besluit vir jou toekoms.
Bou jou toekoms. Leef jou roeping.
