Hoëveld veteraan-trekker- en -enjinklub (HVTEK)

HVTEK is in 1992 gestig en strek oor ‘n gebied vanaf Mpumalanga in die ooste, Limpopo in die noorde tot by die platinumvelde van die Rustenburg gebied in die weste.

Ons VISIE

Om ‘n groep van entoesiatiese lede van ‘n organisasie te wees, geïnspireer om die erfenis van  vervloë tye op ‘n volhoubare wyse te bewaar.

Ons MISSIE

Om platforms en ‘n omgewing daar te stel wat in staat is om ‘n aktiewe bydrae te lewer ten einde ons boerdery-erfenis te bewaar by wyse van innoverende navorsing, ontwikkelingsprogramme asook die aktiewe bewaring tot voordeel van huidige en toekomstige geslagte.


Die Hoëveld Veteraan-trekker- en -Enjinklub is gesetel by die Willem Prinsloo Landboumuseum in die Rayton gebied.  Verskeie aktiwiteite word reg deur die jaar daar aangebied. Dit sluit onder andere in Enjindae, Ploegdae,  die jaarlikse Mampoerfees, ‘n Plaasfees asook verskeie ander sosiale byeenkomste wanneer saamgekom word om toestelle en toerusting van vervloë dae te laat herleef en ‘n tweede kans te gun. Lede kom ook bymekaar om te kyk of hulle nie ‘n ou trekker of ou enjin, wat in baie jare nie geloop het nie, weer aan die gang kan kry nie.

‘n Inisiatief, in vennootskap met ENGEN, waarby jongmense tot ouderdom 30 kan inskryf vir die Enjin Restourasie Uitdaging. Belangstellendes kan met  hvtekchairman@gmail.com skakel vir meer inligting.


Kom besoek HVTEK se stalletjie by die Sakeliga KragDag Ekspo vanaf 8 – 10 Augustus 2019 om te sien hoe ‘n ou trekker of enjin ‘n nuwe lewe gekry het.

2.50 avg. rating (63% score) - 2 votes
Hoëveld Veteraan Trekker en Enjin Klub (HVTEK)
  • Hoëveld Veteraan Trekker en Enjin Klub (HVTEK)

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui