Gaan my patent my skatryk maak? Ses dinge om na op te let.
Ek sien dikwels mense wat met so ‘n tikkie meerder-waardigheid verwys na een of ander uitvindsel of produk wat hulle skatryk gaan maak. Hulle kort egter geld vir die patent of soek ‘n verwysing na ‘n patente prokureur of is dalk al ‘n ent in die pad af daarmee. Dis dan wat ek hulle die volgende vrae vra:
- Weet jy wat dit gaan kos om dit te patenteer?
- Weet jy jy moet dit in verskillende lande doen?
- Weet jy dat jou patent nie juis ‘n afskrikmiddel vir mense is wat dit wil naboots nie?
- Besef jy dat ‘n patent net iets werd is as jy dit gaan verdedig?
1. Wat is ‘n patent?
Dit is die eksklusiewe reg tot die uitvindsel, ontwerp of produk vir 20 jaar in ‘n bepaalde gebied.
Dit het waarde. Soms.
2. Vereistes
Nuut
Dis ‘n redelike grys area wat ‘nuut’ is maar in die algemeen moet ‘n kenner op die gebied van die produk dit as nie-algemene kennis beskou. Dit moet dus onbekend aan die mark wees. Daarom is dit belangrik om jou planne of uitvindsel stil te hou totdat jy die patent geregistreer het.
Vindingryk
Die vraag is of ‘n kundige onder dieselfde omstandighede tot dieselfde gevolgtrekking gekom het.
Nuttigheidswaarde
Dit moet van waarde wees vir iemand, maar mens hoef nie kommersieel te bewys dat dit suksesvol nie.
3. Kostes
Dit is baie duur en aanvanklik registreer mens ‘n voorlopige patent (12 maande) en daarna die finale patent. Min mense weet dat jy dit moet doen vir elke land waar jy jou reg wil beskerm.
Om ‘n volledige patent in 70+ lande te registreer kos miljoene.
4. Plig om te verdedig
Gestel jou patent word sonder jou toestemming gebruik of vervaardig sou jy self jou regte moet beskerm. Daar is nie so iets soos patente polisie nie. Baie uitvinders vind dat Sjina hom nou nie juis veel steur aan patente nie en dis ‘n nagmerrie om daar te probeer litigeer.
Soos dit maar gaan kan ‘n besigheid met diep sakke jou finansieel ruïneer terwyl jy jou patent probeer beskerm.
In sommige gevalle word ‘n kleinigheid van jou ontwerp gewysig en dan ag die howe dit nie dieselfde as jou patent nie.
Boonop weet prokureurs nie wat presies alles al gepatenteer is nie en sertifiseer hulle dat na die beste van hulle wete en navorsing is jou idee die eerste is. Dalk word jy ontnugter deur ‘n patent uit 1880.
Dan is patente nog openbare inligting ook en almal kan gaan lees tot watter briljantheid jy in staat is, net om daarop te verbeter, sonder om jou regte aan te tas.
5. Wat patenteer mens?
My voorstel sal iets wees in die mediese wetenskap, IT of tegnologie veld waar daar ‘n sprong gemaak word van bestaande werkswyses na die van die uitvinding.
As mens dit deel wil maak van die intellektuele eiendom van ‘n besigheid vir die verkoop daarvan sou dit baie sin maak.
6. Markaandeel
Patente per se het, myns insiens, eintlik geen waarde nie want die waarde lê daarin as dit verkoop of geld maak. In baie gevalle is daar patente wat stof vergader (ja, ek het ook ‘n paar) want om dit in die mark te kry, is die grootste uitdaging.
Dis nie die slimste een wat geld maak nie, dis die een wat markaandeel vat.
Om my eie vraag te antwoord: Die persoon wat weet hoe om te bemark en hoe om sy produk te verkoop, maak meer geld as die een wat ‘n patent wil verkoop.
Hi Lucas, Thanks for the very interesting information about patents.
Any suggestions on which attorney I can use to register my Provisional Patent in the Pretoria/Centurion area ?
Would have loved to take out a world wide patent but unfortunately that would not be at all possible.
Always thought that I will just be able to sell my patent ?
But like you mentioned money is only made by marketing and selling the items ?
So ja when a person has a product that will be of a great benefit to a certain sector of most country’s, and if its not possible to have the product manufactured and distributed for sale even in ones own country it is very disappointing ?
Regards,
Leo
Hi Leo,
I don’t want to promote any specific patent attorney but they are all equally good – the fees may vary, Do a quick Google search and you will find the top 5 quite easily.
Good luck with your product.