Ekonomiese veranderinge en tendense – hoe om onafhanklik te wees – ‘n KragDag Raadsaal-voorskou

Kom luister gratis na hierdie aanbieding tydens Sakeliga KragDag 2018 op Saterdag 11 Augustus tussen 10:00 en 11:00 in die Raadsaal op die KragDagterrein.

Aanbieder:

Dawie Roodt ʼn stigterslid, Direkteur en die Hoofekonoom van die Efficient Groep.

Dawie is ʼn bekende Suid-Afrikaanse ekonoom met sowat 30 jaar ervaring. Hy spesialiseer in monetêre en fiskale beleid en is aktief betrokke by die bestuur van kliënte bateportefeuljes. Dawie is die mees aangehaalde Suid-Afrikaanse ekonoom. Hy het ‘n Meestersgraad (cum laude) in Ekonomie verwerf en is al vir 14 jaar die ankeraanbieder van die televisie-program Ontbytsake.

Dawie is ‘n aanbieder van meer as 800 televisie- en 1500 radioprogramme, was ekonomiese redakteur van ’n finansiële tydskrif, tans rubriekskrywer vir ‘n aantal publikasies, voormalige lid van die Besigheidseenheid van Suid-Afrika (BUSA), die Nasionale Ontwikkelingen Arbeidraad (NEDLAC) en van die Instituut van Direkteure van Suid-Afrika (IODSA).

Sy belangstellings en sport sluit in: Amateur igtioloog(viskundige), neem deel aan ‘n verskeidenheid sportsoorte (diepseeduik, kleiduifskiet, hardloop en swem) en maak sy fliekdebuut in die film “Babelas”.

Dawie is is getroud met Marina, ’n veearts en hul oudste dogter Danielle is tans besig met haar PhD in Genetika. Kristoff, hul seun studeer Regte aan die Universiteit van Pretoria en Daria en Yulia, hul tweelingdogters, is vyf jaar oud.

Opsomming:

‘n Kort inleiding oor politieke/ideologiese veranderings internasionaal en plaaslik word gegee. Vervolgens word ‘n ontleding gee van ekonomiese tendense waarna geëindig word met “kripto” geldeenhede en hoe tegnologie dit makliker gaan maak om onafhanklik te wees.


 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes

2 Comments

  • Aan wie dit mag gaan;

    Is daar ‘n moontlikheid dat ek Dawie Roodt se bespreking van 11 Augustus kan kry. Was ongelukkig buite die landsgrense en kon dit nie bywoon nie.

    Met dank

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui