
Dry Ice International
Die partytjie is haarfyn beplan, daar is resepte uitgeruil en die bestanddele is lankal aangekoop vir die groot geleentheid. Die yskas kreun van die kos. Maar, o wee! Toe jy die vrieskas oopmaak om die vleis vir die feesmaal uit te haal, tref dit jou. Vrot vleis! Alles is ontvries en het sleg geword. Die feestelikhede is daarmee heen en ’n groot skoonmaakpoging jou voorland.
Het hierdie al met jou gebeur? Het jou vrieskas of yskas dalk ná maandeinde onklaar geraak sodat jy inderhaas plan moes sien met jou bevrore goedere? Droë ys is die beste oplossing vir verkoeling tydens jou verkoelingskrisis!
’n Aanwins vir rekreasie of ontspanningsdoeleindes.
Wanneer die beskikbaarheid van elektrisiteit beperk is, soos wanneer jy kampeer of oor lang afstande moet reis, is Droë ys die ideale oplossing om kos en vleis koud of gevries te hou.
’n Uitstekende oplossing vir jagters
Droë ys kan gebruik word om karkasse koel te hou gedurende die terugtog huis toe, na afloop van ’n jagekspedisie in die bosveld. Die ultra-lae temperatuur van -79°C verseker dat die vleis deeglik verkoel word en vars bly. Die teenwoordigheid van koolstofdioksied voorkom boonop voedselbesmetting.
Droë ys is beslis voordelig op die plaas.
Dieremishandeling is ’n onderwerp wat dikwels plaaslik aandag geniet. Dry Ice International het ‘n innoverende Droë ys-brandmerkmetode ontwikkel – die pynfaktor by beeste word omseil en ‘n skoon en netjiese brandmerk word gelaat, sonder die risiko vir infeksie of oop wonde op die dier. Droë ys kan boonop ook suksesvol aangewend word vir verstopte boorgate om die volle sterkte vloei van water te herstel.
Droë ys kan spesiale effekte skep tydens sosiale geleenthede
Droë ys bied ’n verskeidenheid van toepassings, wat ’n unieke atmosfeer by funksies of spesiale geleenthede skep en gaste aan die gons sal hê. Bedien sprokiesdrankies met ‘n stukkie droë ys en omskep ‘n eenvoudige drankie in ’n spesiale ervaring. Verander die dansvloer in ’n wonderwêreld, wat mense sal laat dink hulle dans in die wolke.
Dry Ice International is “cooler than ice”.
Dry Ice International se voedselgraad Droë ys word met wêreldgehalte toerusting vervaardig, wat hoë kwaliteit Droë ys aan kliënte lewer om die behoud van bederfbare produkte te verseker.
Dry Ice International verskaf ook ’n wye reeks polistireenhouers wat toepaslik is om Droë ys te berg en vervoer. Meer inligting op die Dry Ice International webtuiste.
Droë ys is landswyd geredelik beskikbaar met uitgebreide aflewering in enige dorp.
Dry Ice International bied sedert 1994 innoverende Droë ys-tegnologie en toeganklike oplossings aan die Suid-Afrikaanse publiek. Die onderneming is alombekend vir toegewyde nasionale kliëntediens, kreatiwiteit, innovasie en hoogs gekwalifiseerde personeel.
Besoek gerus die webwerf by www.dryice.co.za vir meer inligting, of om jou naaste handelaar op te spoor.
Kontak ons op: 012 810 0500