Inyati Drilling and Mining

Suid-Afrika ervaar gereeld droogtes en watertekorte, veral in sekere streke. ‘n Boorgat bied ‘n betroubare en onafhanklike bron van water, wat verminderde afhanklikheid aan munisipale watervoorsiening en Suid-Afrika se onvoorspelbare reënval, beteken.

Inyati Drilling and Mining is industrieleiers in geotegniese, omgewings-, myneksplorasie en waterhulpbronboorwerk, bekend vir ons uitnemendheid. Met ‘n sterk klem op ons kliënte se behoeftes en ‘n span bekwame, professionele persone, bied ons kundige leiding oor die beste booropsies.

Ons kernwaardes is kwaliteit, volhoubaarheid en innovasie. Ons visie is dat elke gemeenskap in Suid-Afrika toegang het tot skoon, en betroubare grondwater deur ons uitstekende boorwerk. 

 

Ons missie: 

Ons verskaf bertroubare, koste-effektiewe en volhoubare oplossings vir boorgate in huishoudings, landboubesighede en industriële terreine om aan elkeen se waterbehoeftes te voldoen. 

By Inyati gebruik ons die nuutste tegnologie. Ons spog met ‘n bekwame span en die hoogste veiligheids- en omgewingsvereistes om die beste boordienste te lewer. Ons doelwit is om ons mense van skoon en volop grondwater te voorsien, wat hul lewens sal verbeter, landbou-uitsette ’n hupstoot sal gee en omgewingsbewaring sal bevorder.

 

Waarom is ‘n boorgat nodig?

Kostebesparing: Afhangende van die area, kan ‘n boorgat water goedkoper wees dan munisipale verskaffers. Dit is veral waar in landelike gebiede waar munisipale dienste dikwels beperk of duur is.

Landbougebruik: Talle boere in Suid-Afrika maak staat op boorgate vir die besproeiing van hulle gewasse, veral tydens droë seisoene wanneer oppervlakwater skaars mag wees. Dit verbeter landbouproduktiwiteit en veerkragtigheid teenoor klimaatsvariasies.

Residensiële Gebruik: Boorgate kan huishoudings voorsien van ‘n konstante waterbron vir drinkwater, kookwater en sanitasie, veral tydens waterbeperkings of watertekorte.

Omgewingsverantwoordelikheid: Die gebruik van grondwater uit boorgate verminder die impak op die plaaslike ekosisteme in vergelyking met die onttrekking van oppervlakwater.

Noodvoorbereiding: In krisistye, soos ernstige droogtes of infrastruktuurprobleme, kan ‘n boorgat ‘n kritieke reddingskoord bied vir gemeenskappe om toegang tot water te kry wanneer ander bronne nie beskikbaar is nie.

 

Inyati Drilling and Mining bied die volgende dienste:

    • Boorgatboorwerk
    • Diamantkernboorwerk
    • Simmetriese boorwerk
    • Geofisiese opnames
    • Odex-boorwerk
    • Omgekeerde sirkulasie boorwerk
    • Boorgat spoel- en skoonmaak werk
  • Produksieboorwerk

Kontakbesonderhede:

Cell: 012 940 0507

 

E-pos: marketing@inyatigroup.co.za

Webtuiste: https://www.inyatigroup.co.za/

 

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
Sone Saunders
  • Sone Saunders

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui