
Die Stem van Rede: Ontwikkel Jou Denkvaardighede met Logika
Logika is die studie van die standaarde vir rasionele denke en geldige argumente. Hierdie dissipline het ongelukkig grootliks in onbruik verval. Daar bestaan egter nog geleenthede om jouself en jou kinders toe te rus om die intellektuele uitdagings van ons tyd die hoof te bied. Die Stem van Rede is ’n unieke 12-sessie logikakursus, ontwerp vir enigiemand wat hul denkvaardighede wil ontwikkel.
In Die Stem van Rede verken ons beide formele en informele logika. Ons ondersoek die filosofiese en teologiese grondslag van rasionele denke, pak die logiese struktuur van geldige argumente uit, en bespreek die mees algemene denkfoute wat rasionele diskoers ondermyn.
Oor die 12 sessies behandel ons die volgende temas:
- Die Filosofie van Logika
- Die Bybelse Mandaat vir Logiese Denke
- Die Drie Handelinge van die Verstand
- Drogredenasies en Denkfoute
- Die Kuns van Definiëring
- Kategoriese Logika
- Proposisionele Logika
- Modale Logika
Die kursus is toeganklik vir beginners wat vir die eerste keer met logika kennis maak, maar tog omvattend genoeg om ervare denkers te prikkel. Deur interaktiewe besprekings, praktiese oefeninge en relevante voorbeelde maak Die Stem van Rede die abstrakte wêreld van logika prakties en toepaslik vir ons alledaagse lewe. Die kursus word deur die Diamantvallei-gemeente aangebied.
Die volgende les vind plaas op Vrydagaand 4 April 2025.
Alhoewel die kursus reeds afgeskop het kan jy opvang deur die eerste les hier te besigtig:
Vir meer inligting, kontak Danie Malan by 067 252 1681.
Is dit moontlik om die kursus te volg met die videos soos die eerste video? Ek is bereid om die inskrywings fooie te betaal, maar kan nie die in persoon klasse bywoon nie. Ek het baie waarde gevind in die eerste les.
Is dit nog moontlik on vir die kursus in te skryf? Ek is bereid om die eerste twee sessies in te haal.