
Die Junior Entrepreneurs Kompetisie van KragDag 2020
Waag met toegeruste VERTROUE … wel vanjaar is daar geen tekort aan waagmoed as dit by ons KRAGkids Junior Entrepreneurs van 2020 kom nie!!
Die junior entrepreneurs by KragDag het oor die jare ‘n hoogtepunt vir baie van die KragDag besoekers geword. Die KRAGkidz Junior Entrepreneurskompetisie bied ’n informele platform waar kinders hulle entrepreneuriese vernuf kan toets en ook hulle sakgeld kan aanvul. By KragDag 2019 het junior entrepreneurs die geleentheid gekry om hulle idees en produkte aan 21 400 mense bekend te stel.
In samewerking met Fergus Ferguson van FergusMor ActionCoach, Helpende Hand & Pretoria FM bied die kompetisie Junior Entrepreneurs die geleentheid om nou al hul besigheidsidees aan die rol te kry, selfstandig te word en te bou aan hul toekoms.
KRAGkidz is ‘n groep kreatiewe entrepreneurs van verskillende ouderdomme met verskillende produkte en dienste. Wil jy graag deel word van die KRAGkidz?
Deelname Afdelings
Wil jy graag deel word van die KRAGkids Junior Entrepreneurs van 2020? Jy kan in een van die volgende afdelings deelneem, nie net om te wen nie, maar veral vir die kennis wat jy gaan opdoen:
- Doelgerig:
Vir die bestaande of voornemende entrepreneurs (ouderdom 13 tot 21 jaar) wat ernstig is om ‘n sukses van hulle entrepreneuriese loopbaan te maak en gretig is en die vermoë het om met die nodige mentorskapleiding hulle hiervoor voor te berei.
Bywoning van die besigheidsontwikkeling mentorskapprogram sal nie net beperk wees tot die wenners nie, maar ook toeganklik wees vir ander toppresteerders.
Pryse:
- 1ste Prys: R 10 000
- 2de Prys: R 5 000
- ’n Besigheidsontwikkeling mentorskapprogram
- Voete Natmaak:
‘n Ligter weergawe van die Doelgerig-pakket, hoofsaaklik gerig op jonger junior entrepreneurs (ongeveer tot 13 jaar).
Pryse:
- 1ste Prys: R 4 000
- 2de Prys: R 2 000
Vir jong entrepreneurs tot die ouderdom van 8 jaar is die invul van die Mini- Besigheidsvraelys opsioneel, maar dit is verpligtend as jy in aanmerking vir die pryse wil kom.
Belangrike datums
- 14 November 2020 – Toeligtingsessie aan die deelnemers van die entrepreneurskompetisie. Die sessie sal via Zoom plaasvind om 11:00. Fergus gaan die Besigheidsvraelyste saam die entrepreneurs deur werk.
- 20 November 2020 – Sluitingsdatum vir kompetisie (Alle Besigheidsvraelyste moet ingehandig wees en die beoordeling begin.)
- 3 – 5 Desember 2020 – Bedryf jou besigheid by Sakeliga KragDag 2020 😀😎
Beoordeling
Beoordelaars bestaan uit suksesvolle sakemanne en entrepreneurs onder leiding van Fergus Ferguson.
Laaste gedagte … Wie nie waag nie, sal nie wen nie!
Moenie die geleentheid wat die KragDag Junior Entrepreneurs kompetisie jou kan bied, deur jou vingers laat glip nie! Sien jou by Sakeliga KragDag 2020, dis beslis die een ekspo wat jy nie wil misloop nie!
Skryf HIER in!