Die eetbare tuin – ‘n KragDag Raadsaal voorskou

Kom luister gratis na hierdie aanbieding tydens Sakeliga KragDag 2018 op Vrydag 10 Augustus tussen 11:00 en 12:00 in die Raadsaal op die KragDagterrein.

Aanbieder:

Dr Francois Durand is die aanbieder. Hy is tans Senior Lektor by die Universiteit van Johannesburg in die Dierkunde Department en verwerf ‘n BSc in Plant & Dierkunde en ‘n BSc (Hons) in Dierkunde onderskeidelik in 1983 en 1984. Verder verwerf hy in 1990 ‘n PhD in Paleontologie aan die Universiteit van die Witwatersrand. Dr Francois doen hierna in 1993 ‘n Nagraadse Diploma in Museumkunde aan die Universiteit van Pretoria. Dr Francois is nie net ‘n akademikus van formaat nie. Hy is ook ‘n kunstenaar waar hy illustrasies gedoen het in boeke en tydskrifte soos o.a. MacRae, C. (1999) Life etched in stone; in Archimedes; op Eerstedagkoeverte en vir ‘n reeks seëls oor die hominien-fossiele van Suid-Afrika (2006) asook vir goue munte met die Rise of the Dinosaurs as tema vir die Suid-Afrikaanse Munt se Natura reeks en wat ook later die jaar uitgereik sal word. Ander belangstellings handel oor volhoubaarheid wat insluit kostuine, alternatiewe energie, metaalwerk en leerwerk.

Opsomming:

‘n Mens raak maklik ongeërg oor dinge – veral as jy ‘n huis, ‘n werk, kos en water het.  Maar wanneer enigeen van daardie hulpbronne verdwyn of stadig wegkwyn skrik mens wakker, maar dan is dit dalk te laat – soos enigeen wat Kaap toe verhuis het kan bevestig.  Naas water is die belangrikste prioriteit om kos op die tafel te sit.  As mens so geseënd is om ‘n lappie grond te besit of te beheer, is dit ‘n uitstekende plan om dit in ‘n groentetuin te omskep.  Die voordele daarvan is voor die hand liggend – jy produseer jou eie gesonde gifvrye kos, dit word ‘n gesinsaktiwiteit, julle kry oefening in en jy bespaar op die koop toe sommer baie geld en dit is omgewingsvriendelik. Lees gerus sy artikel oor dieselfde onderwerp.


 

5.00 avg. rating (94% score) - 1 vote

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui