‘n Oorskou van energie en elektrisiteit in die toekoms vir Suid Afrika – ‘n KragDag Raadsaal voorskou

Kom luister gratis na hierdie aanbieding tydens Sakeliga KragDag 2018 op Vrydag 10 Augustus tussen 10:00 en 11:00 in die Raadsaal op die KragDagterrein.

Aanbieder:

Prof Willie Cronje is die aanbieder. Hy beklee tans ‘n leerstoel by Wits Universiteit. (Alstom Chair for Clean Energy Systems Technology) Willie het ‘n B. Ing Elektries by Randse Afrikaanse Universiteit verwerf in 1985. Daarna, in 1988, ook by RAU verwerf hy ‘n M.Ing in Elektriese ingenieurswese. Na sy nasionale diensplig en kort periode by WNNR word hy ‘n personeellid by RAU in 1990. Hy verwerf ‘n D.Ing in 1993 en doen daarna vir een jaar in 1994/95 post-doktorale studies by Paderborn Universiteit in Duitsland. Sedert 2004 is Willie Cronje by Wits professor vir elektriese masjiene en fokus tans op energiestelsels wat tot 100% op hernubare energie staatmaak. Hy het ‘n spesiefieke belangstelling in alleenstaande energiestelsels vir dele van Afrika waar geen/min infrastruktuur beskikbaar is.

Opsomming:

‘n Kykie na die energie-situasie op internasionale nasionale en persoonlike vlak word gegee. Hoe koppel dit alles met finansies? Wat is die Internasionale geopolitiese invloed op hierdie gebied? Wat is die plaaslike verwikkelinge in Suid Afrika bv. die rol van Eskom en die Departement van Energie. Wat is die mega-tendense wat hierin  ‘n rol speel? Hoe moet jy jouself posisioneer t.o.v. hierdie verwikkelinge?


 

3.00 avg. rating (64% score) - 5 votes

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui